In die tuine en tuinpaadjies van Ons Huis wandel die viervoetiges en lê dikwels uitgestrek in die roosbedding, besig om hulle te verlekker in die warm sonstrale van die winterson.
Skraap een van die gemeenskaplike vriendjies nader en gee hom sommer 'n ekstra drukkie, net omdat hy met sy katpootjies liefde van mens tot mens uitdeel.
Showing posts with label Katte. Show all posts
Showing posts with label Katte. Show all posts
Tuesday, 4 June 2019
Monday, 25 March 2019
Die "katterige inwoners" van Ons Huis ...
"Katterige inwoners" is 'n wêreldwye verskynsel. Hulle boek hulself by skoolkoshuise, fabrieke, hospitale en selfs ouetehuise in, ongeag of hulle enige vorms ingevul het, of hulle oud genoeg is vir die aftreeoorde en of hulle aan enige ander vereistes voldoen. Hulle wurm hulle in en alhoewel jy dit nie weet nie, kan `n kat 'n direkte impak op jou lewe hê, met baie spesifieke voordele.
Katte is nie moeilik om te versorg in teenstelling met ander diere nie. Verder is hierdie diere is baie intelligent. Katte kan op emosionele, sosiale en fisieke vlak ‘n baie belangrike ondersteunende rol speel in die lewens van hul menslike eienaars.
Katte bied vriendskap aan die eensames, onvoorwaardelike aanvaarding aan dié wat verwerp voel, en oefening en ontspanning aan die wat ‘n behoefte daaraan het.
Gaan lees meer van katte by hierdie webwerf en ook hier.

Subscribe to:
Posts (Atom)