Showing posts with label Openbaring. Show all posts
Showing posts with label Openbaring. Show all posts

Sunday, 28 June 2026

Oomblik van stilte: Op. 22:20-21

Hy wat dit getuig, sê: Ja, Ek kom gou. Amen, ja kom, Here Jesus!
Die genade van ons Here Jesus sy met julle almal! Amen.


Die heel laaste twee verse in die Bybel.
Jesus sê Hy kom gou. Sê jy ook, ja kom gou?
Is jy gereed? Nie uit jou eie kragte nie, maar deur die genade van Jesus Christus.
In vers 12 sê Jesus: Hy kom om elkeen te vergeld vir sy werke.
So, is ons gered uit genade of deur werke?
Joh. 15 verduidelik as ons nie vrugte dra nie, ons verbrand sal word.
Jou vrugte kom vanuit jou geloof in Christus.
Johannes die Doper sê duidelik dat ons vrugte moet dra wat by die bekering pas.
Paulus verduidelik dat net die genade van Jesus ons kan red.

Dankie, Here, dat U my gered het deur u genade. Ek wil U verheerlik deur my werke van geloof, deur u geregtigheid. Dankie, Heilige Gees, dat U my leer en lei elke dag. Christus is my hoop op heerlikheid. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Sunday, 19 January 2025

Oomblik van stilte: Op. 22:16b

Ek is die wortel en die geslag van Dawid, die blink môrester.

Wat 'n pragtige en belangrike woord gee God ons vandag. Jesus verduidelik aan Johannes wie Hy is. Dit verwys ook dan na vers 13, waar Hy sê dat Hy die Alfa en die Omega is, die begin en die einde, die eerste en die laaste. Jesus het sy engel gestuur om te betuig wat sal gebeur in die toekoms (vers 16a).
Hy is die Een wat elke mens sal vergeld hoe sy loon sal wees volgens sy werke (vers 12)
Hy sê ook dat die tyd vir hierdie profesieë om te gebeur, is naby (vers 10-11.
Johannes getuig ook dat die genade van Jesus Christus met ons almal is (vers 21)

Dankie Jesus, my Here en my God, dat U, u engele gestuur het, om aan ons, al hierdie profesieë voor die tyd te verduidelik. Ek hoor u woord en dors daarna en saam met u Gees roep ek uit: Kom! En ek kom vandag om van die water van die lewe te drink, verniet (vers 17). U is die blink môrester. Ek aanbid U God (vers 9). Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]