Vandag skuif ons die teetafel na 'n stukkie veld in die Noord-Kaap en nooi graag die ongelooflike persone wat só hard agter die skerms werk om ons ouetehuis staande hou, vir 'n waarderings-koppie-tee.
Die administratiewe personeel is die stille helde en heldinne wat die balle in die lug hou. En daarvoor kan ons nie genoeg dankbaarheid betuig nie.
Groot waardering vir julle harde, eerbare en omgeewerk. Ons is baie dankbaar vir die groot rol wat elke administratiewe beampte op 'n daaglikse basis speel en om te help om van hierdie ouetehuis 'n suksesvolle instansie te kan maak.