Showing posts with label Oefening. Show all posts
Showing posts with label Oefening. Show all posts

Wednesday, 29 November 2023

Ons moet net leer om om ons te kyk

(Ter illustrasie)
Vroeg vanoggend gaan ek gou stap om my kop skoon te kry. Dit gaan 'n besige dag wees. Vanoggend sien ek selfs die voëltjies raak wat ek nog nooit voorheen op my gereelde staproete opgemerk het nie, miskien is dit omdat ek vanoggend meer fokus op die natuurskoon om my as op die teerpad voor my. Ek wil mos my kop skoon kry.

Teen my gebruiklike aard om net op die teerpad in die woonbuurt te stap, besluit ek om langs 'n stuk veld verby te stap en wat 'n mooi gesig ... na die onlangse reën staan daar 'n plaat van die pragtigste geel blomme. Ek weet nie watter soort blomme, of liewer onkruid dit is nie, maar dit is die mooiste geel. Dis asof ek vandag eers besef dat daar 'n Namakwaland om die draai is, as ek net my oë vroeër oopgemaak het. Maar my vroeë oggendstappie het meer om die kilo's (afstand en gewig) gegaan as oor die natuur. 

Niemand het dit daar geplant nie. Dit groei wild en dit is daar vir almal om te geniet en te waardeer.

En skielik besef ek net weer dat ek 'n lewende God dien.

'n God wat vir elke dag se mooi sorg ... ongeag die seisoen. Al sien ons dit nie altyd raak nie. Dit is daar om in te asem en te geniet.

Ons moet net leer om om ons te kyk.

Friday, 12 May 2023

Fiksheidswenke uit die Bybel

Sangoefening:
Met dankbaarheid in jul harte moet julle Psalms en lofsange en ander geestelike liedere tot eer van God sing. (Kol 3:16)

Hand- & Knie-oefening:
Versterk daarom die slap hande en die lam knieë en loop die reguit pad. (Heb 12:12)

Hartoefening;
Skep vir my ‘n rein hart, o God, vernuwe my gees. (Ps 51:12)

Nekoefening: 
Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou. Kyk nie angstig rond nie, want ek is jou God. (Jes 41:10)

Ontspanningsoefening: 
Werp al julle bekommersnisse op Hom, want Hy sorg vir alles. (1 Pet 5:7)

Sielsoefening:
Soos ‘n wildsbok smag na waterstrome, so smag my siel na U, o God. (Ps 42:2)

Gebedsoefening:
Ek strek my uit in gebed na U toe. (Ps 143:6)

[Klik HIER om na verlede Vrydag se oefeninge te kyk - dankie, Elmari, dat jy hierdie met ons deel!]

Friday, 5 May 2023

Fiksheidswenke uit die Bybel

Strekoefening:
Vergeet die dinge wat agter is en strek jou na wat voor is. (Fil. 3:14)

Asemhalingoefening:
Laat alles wat asemhaal die Here prys.(Ps. 150:6)

Breinoefeninge:
Watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees, daarop moet julle julle gedagtes rig. (Fil. 4:8)
Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is. (Kol. 3:2)

Oogoefeninge:
Die oog gevestig op Jesus, die begin en voleinder van die geloof. (Heb. 12:2)
Dáár is die Lewende God wat die sonde van die wêreld wegneem. (Joh. 1:29)

Gesigoefening:
Wees altyd bly in die Here, ek herhaal, wees bly! (Fil. 4:4)

Ooroefeninge:
Elke mens moet maar gewillig wees om te luister, nie te gou te praat nie en om nie te gou kwaad te word nie. (Jak. 1:9)
Elkeen wat kan hoor, moet luister na wat die Gees vir die gemeente sê. (Openb. 2:7)

Tongoefening:
Elkeen wat hom openlik vir My uitspreek, vir hom sal die Seun van die mens Hom ook openlik uitspreek voor die engele van die Here. (Luk. 12:8)

Gebedsoefening:
Ek strek my uit in gebed na U toe. (Ps. 143:6)

[Onthou om volgende Vrydag na die res van die oefeninge te kyk - dankie, Elmari, dat jy hierdie met ons deel!]

Monday, 21 January 2019

Oefening van die brein

Benewens die feit dat jy jou liggaam gesond en sterk moet hou, moet jy ook jou brein aktief hou. 

Soos jy ouer word, kan dit langer neem om dinge te onthou as toe jy jonger was. Deur jou brein te oefen en uit te daag, kan jy skerp bly en geheueprobleme en kognitiewe agteruitgang voorkom. Om blokkiesraaisels op te los en woordspeletjies te speel, kan help, ook om 'n nuwe vaardigheid te leer en daaglikse take te takel. Jy kan 'n rekenaarklas neem, eksperimenteer met verskillende resepte wanneer jy kook, 'n ander roete na die kruidenierswinkel neem of jou tande met jou nie-dominante hand borsel.

Raadpleeg u dokter voordat u 'n nuwe oefenroetine begin om te verseker dat u beplande behandeling veilig is vir u fisiese toestand. Begin altyd stadig oefen, en as jou fiksheid verbeter, verhoog die duur en intensiteit stadig. Begin jou oefensessies met 'n vyf- tot 10-minute-opwarming om jou bloed te laat vloei en jou liggaam voor te berei vir die werk wat kom. Vind aktiwiteite wat jy geniet, sodat jy meer geneig is om by jou roetine te hou. Jou plaaslike gemeenskapsentrum bied verskeie klasse, soos joga en tai chi, aan. Dit kan help om jou buigsaamheid te bevorder terwyl jy die geselskap van ander gesondheidsbewuste volwassenes geniet.

Verkry deur Scoop.it van: www.livestrong.com

[https://af.elpasobackclinic.com/well-en-fiksheid-vir-die-bejaardes/]

Tuesday, 10 July 2018

Verbeter jou breinaktiwiteite ...

‘n Bekende Mediese Fonds het ‘n klompie tegnieke bekend gemaak wat jy kan toepas as jy jou breinaktiwiteite wil verbeter. Hulle gee die volgende wenke:

• Verminder jou stresvlakke
• Doen fisiese oefeninge – jou brein baat ook daarby
• Breek weg uit ʼn roetine
• Stel meer eise aan jou brein (soos blokkiesraaisels of breinknopers)
• Doen iets nuuts
• Kry genoeg slaap
• Lees boeke om jou aan nuwe idees bloot te stel
• Lag meer dikwels
• Luister na musiek
• Skryf dinge neer om dit in jou brein in te prent

Jy kan gerus maar weer hierdie wenke stadig deurlees. Dit werk!

Ook Petrus het gedink dat dit nodig is dat ons ons brein wakker moet hou. Hy het gesê:
"Wees daarom verstandelik wakker en nugter, en vestig julle hoop volkome op die genade wat julle deel sal word by die wederkoms van Jesus Christus" (1 Pet 1:13).

Tuesday, 3 July 2018

Monday, 9 April 2018

Riglyne vir seniors wat oefening wil doen...

Ons deel die riglyne wat op die OTMT-webwerf is met u. Geniet die oefeninge!

* Kry eers goedkeuring by jou dokter indien jy wil begin oefen.
* Geskikte tipe oefening sluit byvoorbeeld in: Stap, swem, dans, tuinmaak, houtwerk doen en vloere vee.
* Dis belangrik om gereeld te oefen, minstens 3 keer per week - verkieslik meer indien moontlik.
* Lae-impak oefening is die veiligste, veral vir diegene wat aan rumatriek of ortopediese toestande ly.
* Lae-impak oefening sluit byvoorbeeld in: Ry op 'n oefenfiets, stap en swem.
* Hiperbelangrik: Begin oefensessies altyd met lang opwarmingsoefeninge.
* Na die opwarmingsoefeninge, doen oefeninge van 'n lae intensiteit, wat geleidelik meer intens raak.
* Wees veilig terwyl jy oefen: Hou vas aan 'n stoel of tafel
* Doen die oefeninge op die vloer as jy geneig is tot lighoofdigheid.
* Doen die oefeninge saam met 'n vriend/vriendin - dis veiliger en baie aangenamer.
* Eindig 'n oefensessie met strekoefeninge om die spiere soepel te hou.
* Weet wanneer om te stop.
* Indien jy in 'n aftreeoord bly, begin 'n oefengroepie wat op 'n gereelde basis bymekaarkom.
* Roep hier die hulp van 'n fisioterapeut, instruktrise of 'n biokinetikus in.
* Onthou, indien dit nie moontlik is vir fisiese oefening nie, is daar nog altyd breinoefening. Oor twee weke word daar gekyk na breinoefening. 
[Gaan loer gerus by die OTMT-webwerf vir verdere inligting]

Monday, 2 April 2018

Hoekom moet senior persone oefen?

Gedink jy's te oud vir oefening?
Gedink jy kan nou rustig sit en ontspan?
Dink weer!
Navorsing wys dat oefening baie voordele inhou, selfs tot op 'n baie hoë ouderdom. (Maar as jy besluit om te begin oefen, raadpleeg eers die dokter - dit is baie baie belangrik.)
Deesdae is 70 jaar die nuwe 60.
Tot 70% van senior persone bo die ouderdom van 60 is deesdae nog fisies aktief en doen nog 'n voltydse werk.
(Hier in Ons Huis is mev. Meeta Reid 'n dankbare 105 jaar oud en nog aan die gang. Gaan loer ook na hierdie PAGE vir nog foto's)   
Senior persone met 'n passie, werk nog tot die jonge ouderdom van 80 jaar. (Gaan maak gerus 'n draai hier om te sien wat senior persone nog doen)
Die ou idee dat 'n mens te oud of te swak word om te oefen, word deesdae nie meer gehuldig nie.
Daar is baie gesondheidsvoordele in fisiese oefening soos:
* Werk die risiko van hartsiektes teë
* Help om depressie te beheer
* Verbeter die gemoedstoestand
* Gee energie
* Help om spierkrag te behou
* Werk beenverlies teë
* Verminder die uitwerking van ouderdomsverwante veranderings in die liggaam
* Verminder die risiko van val
* Verminder die risiko van verswakking
* Help om balans te herstel en te handhaaf
* Verbeter soepelheid
* Verbeter koördinasie
* Dra by tot die verlaging van cholesterol, bloeddruk en liggaamsgewig.

In kort, jy is 'n beter mens, fisies en emosioneel, as jy jou oefening getrou elke dag doen.

Monday, 26 March 2018

Hoekom ouer mense nog steeds oefening moet doen...

Ons het 'n bietjie gaan kuier by "Ava's Journey" en op hierdie interessante verhaal afgekom wat duidelik illustreer hoekom oefening belangrik is, selfs in ons pensioendae is ons nie veronderstel om op ons louere te rus nie!!!   

Gesondheid is ‘n normale toestand wat ons van God gekry het. 'n Mens word daarmee gebore, wel sowat 98% mense.  Dit is dus nie jou reg om dit te kry nie, maar wel om dit te behou. 

"Jy is so jonk soos jou ruggraat."  Joseph Pilates.

Joseph Pilatus  het tydens die Eerste Wêreldoorlog geleef en was teen die tyd dat die oorlog uitbreek, ‘n groot sportman met baie medaljes in sy kas. Hy is gevange geneem, maar het nie in sak en as gesit nie, hy het begin om sy medegevangenis en veral die beseerdes te help om te herstel en fiks te word. Tydens die tyd het die groot grieppandemie ook wêreldwyd uitgebreek. Die verstommendste bevindings wat die mediese wêreld toe gemaak het, is dat terwyl ongeveer 50 miljoen mense gesterf het, was daar nie ‘n enkele sterfgeval in Pilatus se kamp nie.  Die rede volgens medici – hul fiksheid.

Oefening help ook vir soepelheid en ‘n goeie postuur en ‘n goeie postuur het baie voordele. Dit is die perfekte wyse om rugpyn te verhoed. Jou ruggraat, die 33 benerige segmente wat werwels genoem word, is die liggaam se fondament. Dis die werwelkolom wat jou instaat stel om  regop te staan. Dit beskerm ook die rugmurg en spiere en ligamente word daar aan jou rug verbind en dien as lasdraer, maar dit laat soepelheid van beweging toe, sodat jy nie stokstyf’ soos ‘n zombie loop nie.

Die geheim van ‘n goeie postuur, lê  in soepel spiere.  Maagspiere is baie belangrik, want dit neem baie druk weg van die rugspiere.  So hoe minder jou spiere gebruik word, hoe korter en stywer raak hulle. Hoe meer jy sit hoe moeiliker staan jy later op en hoe moeiliker beweeg jy.

Onthou die mens is nie geskape om die grootste deel van die dag te sit of te lê nie, maar om die grootste deel van die dag te beweeg. Die oermense het gejag en van plek tot plek getrek en beweeg. Die moderne mens is op presies dieselfde manier geskape so ons moet ook meer beweeg. Kyk maar na die Japanese wat van die gesondste mense op aarde is, hulle beweeg baie, selfs die ou-ou mense, So ook die Russe wat veral in die berge woonagtig is.