(Ter illustrasie) |
Teen my gebruiklike aard om net op die teerpad in die woonbuurt te stap, besluit ek om langs 'n stuk veld verby te stap en wat 'n mooi gesig ... na die onlangse reën staan daar 'n plaat van die pragtigste geel blomme. Ek weet nie watter soort blomme, of liewer onkruid dit is nie, maar dit is die mooiste geel. Dis asof ek vandag eers besef dat daar 'n Namakwaland om die draai is, as ek net my oë vroeër oopgemaak het. Maar my vroeë oggendstappie het meer om die kilo's (afstand en gewig) gegaan as oor die natuur.
Niemand het dit daar geplant nie. Dit groei wild en dit is daar vir almal om te geniet en te waardeer.
En skielik besef ek net weer dat ek 'n lewende God dien.
'n God wat vir elke dag se mooi sorg ... ongeag die seisoen. Al sien ons dit nie altyd raak nie. Dit is daar om in te asem en te geniet.
Ons moet net leer om om ons te kyk.
No comments:
Post a Comment