Showing posts with label Hoop. Show all posts
Showing posts with label Hoop. Show all posts

Friday, 4 September 2026

Gedig: Die Goue Herfs

Die storms van die jeug het lankal bedaar,
nou rus die silwer sagkens in die haar.
Elke diep plooi is ’n padkaart van die tyd,
geteken deur liefde, deur verlies en deur stryd.

Die hande wat eens moes bou en moes beitel,
rus nou gevou, van die wêreld se hasejag vrygeskel.
Hulle dra die wysheid van jare se loop,
stille getuies van geloof en van hoop.

Die oë kyk sag na die horison se gloed,
met die wete dat elke seisoen was goed.
Nie meer gejaag deur die klok of die dag,
maar gevul met ’n diep, onwrikbare krag.

Dit is die herfs, die mooiste gety,
waar die vrug van die lewe ryp in jou bly.
’n Lewe vol spore, ’n pad klaar geloop,
Geseënd met herinnering, vrede en hoop.

[Internet - aangestuur]

Wednesday, 17 December 2025

Hartsake oor 'n koppie tee: Oud is goed

• Oud is gemaklik.
• Oud is veilig.
• Oud is goed.
• Oud is bekend: * ou liedjies
               * ou flieks
               * en die beste van alles 
                 - ou vriende!

Ou vriend, kyk na jouself, wees goed vir jouself en 
waardeer al die ou bekende goed wat jou omring!

Wednesday, 3 December 2025

Hartsake oor 'n koppie tee: Vir elke dag ...

Praat die kleinmoediges moed in.
Help die swakkes en
wees geduldig met elkeen wat jou pad kruis. 

Wednesday, 15 October 2025

Hartsake oor 'n koppie tee: 'n Draai in ons lewenspad

Soms wanneer 'n mens hoop verloor,
dink jy dit is die
einde.

GOD glimlag
dan in SY Genade
en sê: Kalmeer my geliefde,
dis slegs 'n draai
in die pad en nie
die einde van die pad nie.

Wednesday, 1 October 2025

Hartsake oor 'n koppie tee: As jy ...

As jy eerlikheid plant, sal jy vertroue oes.
As jy integriteit plant, sal jy karakter oes.
As jy opregtheid plant, sal jy goeie dinge oes.
As jy respek plant, sal jy vriende oes.
As jy goedheid plant, sal jy tevredenheid oes.
As jy vriendelikheid plant, sal jy glimlagte oes.
As jy geduld plant, sal jy kalmte oes.
As jy goeie dade plant, sal jy hoop oes.
As jy dankbaarheid plant, sal jy innerlike geluk oes.
As jy nederigheid plant, sal jy grootheid oes
As jy volharding plant, sal jy bevrediging oes.
As jy oordenking plant, sal jy perspektief oes.
As jy sweet plant, sal jy sukses oes.
As jy vergifnis plant, sal jy versoening oes.
As jy jou hart plant, sal jy liefde oes.
As jy geloof, hoop en liefde plant, sal jy die mooi van die lewe oes.

Wednesday, 24 September 2025

Hartsake oor 'n koppie tee: Die engel van die Here trek 'n laer rondom dié wat Hom vrees: Psalm 34:8

Wanneer jy ...
* vertroosting soek, bel Joh. 14 
* gesondig het, bel Psalm 51
* bekommerd is, bel Mat 6: 19 – 34
* in gevaar is, bel Psalm 91
* ons geloofs oë bietjie blind is, bel Heb. 11
* alleen en beangs is, bel Psalm 23
* verbitterd en sinies is, bel 1 Kor. 13
* voel dat almal teen jou is bel Rom 8: 31
* rus en vrede soek, bel Mat 11: 25 - 30
* voel dat die vlees oor jou heers, bel Rom 8: 1 - 30
* die huis verlaat om te gaan werk of te reis, bel Psalm 121
* voel dat jou gebede beperk en selfsugtig is, bel Psalm 6
* bemoediging soek vir ’n taak, bel Josh 1
* dink aan beleggings en opbrengs, bel Mark 10
* depressief is, bel Psalm 27
* vind dat die wêreld klein word en jy groot, bel Psalm 19
Alle lyne is oop: 24 uur, 7 dae van die week 

Saturday, 14 October 2023

‘n Flentertjie in die wind

'n Papiertjie lê in die pad. 
Hy is geskeur, gefrommel, jy sien dit, maar stap verby. 
Die windjie waai en hy word saamgevoer. 
Iewers sal hy sy eindbestemming kry. 
Dalk op 'n ashoop, dalk in water. 
Voel jy vandag so nutteloos, of die wind jou maar moet meesleur? 
Is jou kragte klaar? 
Hoeveel keer sê ons: "Laat die winde maar waai, hul sal weer gaan lê!" 
Dis die storm voor die stilte. 
Vandag praat ons oor jou. 
Dalk is jy vandag die 'papier'. 
Daardie stukkie opgefrommelde papier kan jy optel, maar nooit weer sal hy dieselfde wees. 
Jy kan hom stryk, jy kan las, jy kan plak. 
Jy weet dit wat hy was, sal nooit weer wees. 
Maar vandag wil ek vir jou sê: "Jy kan daardie 'papier' wees. 
Jesus kan en sal jou weer perfek maak soos wat Hy alleen kan. 
Die krisisse wat jy deurgaan, die pyn, die seer, vertrou op God. 
'n Papier sal waai en eendag sal hy tot keer kom. 
Waar ookal. 
So kan jy voel ... jy het geen plek. 
Nee, jy het! Weet dit! 
God sal jou bereik. 
Jy val, jy staan op en reeds is jy 'n entjie vorentoe. 
Waar ookal, jy is 'n Koningskind. 
Hy red weer! 
Sy liefde is joune, neem dit. 
Gryp dit vas! 
Dis daar vir my en jou. 
Moenie dat omstandighede jou neerdruk. 
Lig op jou kop en weet jy is SY KIND." 

GEBED: 
Heer, dankie vir U genade. 
Dankie dat U die winde om my stil.
Dankie dat U herstelwerk perfek is. 
Amen

Jesus het jou so vreeslik baie lief.
Hy is daar vir jou. 
Hy wil jou met Sy liefde omvou.
Skrywer onbekend.

[Dankie, Rosetta, dat jy hierdie met die lesers deel.]

Sunday, 17 September 2023

Sonskyn en reënboë verdof

Daar is tye in ons lewe wanneer die son nie meer so helder skyn - 
wanneer die reënboog verdof
onder jou denke se stof 
wanneer alles binne jou stil gaan staan
jy is uit jou lewenswentelbaan - 
jy moet besluit of jy so voort wil gaan
dis net 'n lewe van elke dag net bestaan.
Prediker beskryf dit so goed - 
dis nie heuning vir 'n seer gemoed
tog is dit alles waar
in GOD se Woord word dit vir ons uitgeklaar
dan kom die wete ...
die besef - dis nie in jou hande
jy lê jou lewe voor  GOD op die altaar
dis net HY wat 'n offer vir jou kan bied -
mag jou geloof in HOM nooit tekort skiet
dit is net ...
geloof 
hoop 
en 
liefde
wat ons hierdeur kan dra
ons moet in  gebed bly bid
glo en vra ... 

Friday, 1 September 2023

Lentedagversekering: Die Here is ...

my Padwyser as ek verdwaal,
my Leidsman wanneer ek antwoorde soek,
my Trooster as my hart wil breek,
my Vriend as mense en vriende my verlaat,
my Hemelse Geneesheer wanneer ek siek is,
my Krag as ek steiltes moet klim,
my Kragbron as my kragte begin kwyn,
my Moed as ek hoop begin verloor en bekommerd raak,
my Lig as dinge donker om my raak,
en my Vreugde as ongeluk my wil oorweldig,
my Anker as die vloed my mee wil sleur.

Sunday, 29 August 2021

Helder Tranewyn

Hierdie is ’n anderste storie van hoop. 


Dit kos lees, dink, weer lees en weer dink.


Dinti de Beer, my suster se skoondogter, het deur dieptes van groot hartseer gegaan. Vroegoggend is sy wakker gemaak met die tyding dat haar eggenoot vroeër die nag in ’n motorongeluk oorlede is. Na jare se nag van hartseer het die son weer opgekom en het die Here vir haar weer ’n gelukkige en bestendige huwelik gegee. Sy verwoord dit op ’n besondere manier in haar gedig Wyn.


Met die lees en herlees gaan jy vind dat iets daarvan resoneer in jou hart. Jou gedagtes gaan jou terug lei na soortgelyke ervaringe op jou lewenspad.


Geseënd is jy as jy ook kan sê: “U't die lag in my weer laat tuiskom ...”

 

Wyn

29/6/21

 

'n duisend dae en nagte

het ek my trane uitgetel

gebottel en gepars

in die kelders van my hel

nou is elkeen opgeskryf 

in U boek

tussen die watervlekke

van my sin na alles soek

 

en vandag

toe die son op my hand kom skyn

toe weet ek dit:

ek het gekry wat ek 

gevra het 'n duisend dae terug

 

vandag toe die veerlig wig van vrede

my hart gelyk kom maak

toe weet ek dit:

ek het gekry wat ek 

gevra het 'n duisend nagte terug

 

U't die lag in my weer laat tuiskom

die uitsien en die hoop 

kan kom verouder in my kelder

wat mos was word verfyn

gebottel uit die pyn

 

helder tranewyn 

[Ds. Chris Erasmus, afgetrede VGK-predikant]

Monday, 21 June 2021

Sunday, 6 June 2021

As jou blare afval ...

Dit raak winter en ons sien daagliks hoe kaal die bome begin raak. Alles wat eers groen was se blare begin verkleur na geel, ander rooi en dan sien jy hoe die grond daarmee ingekleur word. Dan een oggend as jy opstaan is alles dood en kaal. Ons dink dalk dit is kaal en dood, maar eintlik gaan alles net in 'n rusperiode. Dieselfde gras wat doodgeryp het, of die boom, sal oor 'n paar maande nuwe blare begin uitstoot. Die gras sal weer groei. Bome sal begin vrugte dra en die wêreld sal van vaal na groen verander. Die wegkruip in jou huis, sal plek maak vir uitgaan en in jou tuin gaan wandel. Of die wat gelukkig is, sal langs die strand gaan stap. Die donker tye wat verby gaan en plek maak vir opgewondheid en lag.

Jou lewe kan dalk nou in somer wees, maar ongelukkig kan koue enige tyd intree. 

Tye wat sy tol op jou lewe eis. Dalk is dit tye van hartseer, of tye van alleen wees. Ons almal is nie altyd so gelukkig om net somer te hê nie. Alles raak dalk vaal en al wat jy sien is die dooie takke en dor lande. Jy wil jou kop onder die komberse wegsteek en in jou kamer bly. Tog is hierdie nie die einde nie. Jy is in 'n rusperiode. 

Jy voel dalk dit sal nooit beter raak nie. Ons bid tog wanneer dit swaar gaan of wanneer dit nie reën nie. Dalk wag ons 6 maande of 7 jaar, God slaap nie. God sal die reën en groei bring, solank ons aan Hom vashou. Vertrou op Hom, Hy sal jou krag gee. Hy sal jou versterk. Eer en vertrou Hom.

Jes. 40: 29-31
"Hy gee die vermoeides krag, Hy versterk dié wat nie meer kan nie. Selfs jongmanne word moeg en raak afgemat, selfs manne in hulle fleur struikel en val, maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie."

Psalm 50: 15
"Roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp en jy sal My eer.”
Jacques Barnard 15/05/2021

[Gaan besoek gerus hierdie FB vir inspirasie.]

Thursday, 7 January 2021

Christene, kinders van God ...

Ons is nooit dankbaar vir wat ons het nie, ons bestel altyd meer van die Here.
Maar ons sê selde dankie.
"Dankie, dat my kersie nog steeds kan brand met U lig.
Dankie dat U my rots is."

As ons bid, wil ons hê die Here moet dadelik antwoord.
Maar ons, as sy kinders, weet nie hoe om dankie te sê nie.
Die rede? Omdat my kersie nog steeds met Sy lig brand.  

Wat is die kans om mense wat hooploos is, te help?
Of is jy net die wind se krag wat alles moeiliker maak?

Doen 'n bietjie introspeksie, vra jouself ... is ek regtig 'n goeie kind van God? 

[Isaac Akinwotu - Pretoria]

Saturday, 22 August 2020

Inspirasie: 'n Gunstige tyd vir John Wayne

Die ouer fliekvlooigarde sal vir John Wayne onthou. Hy was ʼn geliefde akteur en filmmaker in die dae van die Western flieks. Vir drie dekades was hy onder die top 10 “boxoffice draws” in Amerika.

Hy is in 1979 oorlede.

ʼn Storie wat drie weke voor sy dood gebeur het, het onlangs my pad gekruis ...

Robert Schuller was een van Amerika se bekendste Televisie-Evangeliste. Hy het in een van sy programme vertel van sy tienerdogter wat in ʼn motorfietsongeluk was en dat die dokters sê hulle sal haar een been moet afsit.

John Wayne het dit gehoor en stuur vir haar ʼn boodskap:

“Dear Cindy, sorry to hear of your accident. Hope you will be all fine soon”. John Wayne.

Sy het die boodskap gekry en dadelik vir hom ʼn boodskap geskryf:

“Liewe mnr. Wayne, ek het jou boodskap gekry. Dankie.
Ek hou baie van jou. Ek sal okey wees want Jesus sal my help.
Mnr. Wayne, ken jy vir Jesus? Ek hoop regtig dat jy Jesus ken.
Ek kan nie dink dat die hemel volmaak sal wees sonder John Wayne nie.
As jy nie vir Jesus ken nie, hoop ek dat jy nou jou hart vir Jesus sal gee.
Sien jou in die hemel.” Cindy.


Sy het die briefie in ‘n koevert gesit, toegeplak en voorop geskryf "John Wayne"

Op daardie oomblik kom iemand haar besoek. “Wat doen jy?” vra hy. “Ek het ‘n brief aan John 
Wayne geskryf, maar weet nie hoe om dit by hom te kry nie,” sê sy. “Toevallig sien ek hom vanaand by ‘n dinee,” sê hy. “Gee dit vir my, ek sal dit vir hom gee.”

Daar was twaalf vriende wat die aand saam om die dinee tafel gesit en gesels en skerts het.

Gelukkig voel die vriend die briefie in sy baadjiesak en sê: ”Haai Duke, (John se bynaam) ek was vandag by Schuller se dogter. Sy het vir jou ʼn briefie geskryf. Hier is dit!” 

Terwyl almal aangaan met hulle vrolike gesels, maak John die koevert oop en lees die brief. Hy het stil geword en begin huil.

Een van die vriende sien dit en vra verbaas: “Duke, wat makeer? Is daar fout?”

“Ek wil vir julle hierdie brief lees,” sê hy en lees dit. Hy begin weer te huil.

Hy wys na die vriend wat die brief gebring het en sê: “You go and tell that Little girl that right now,
in this restaurant, right here, John Wayne gives his heart to Jesus Christ and I will see her in heaven.”

Drie weke daarna is hy oorlede.

Dis ʼn merkaardige storie van begin tot die einde.

Wat vir my veral merkwaardig is, is dat die Here ʼn tiener gebruik het in Sy Koninkrykswerk.

Uit: Ds Chris Eramus ‘STORIES VAN HOOP’ Die Here gebruik tieners. Verw ACR

[Klik HIER vir nog inspirasiestories]

Monday, 29 June 2020

Boodskappe van hoop

Gaan luister gerus HIER na 'n na
'n besielende boodskap vanoor die land.

Sunday, 28 June 2020

Sondag: Covid-19-erediens

Ds. Ensie Enslin
Vandag het ons weer die voorreg om na ds. Ensie Enslin te luister. Hierdie oggenderediens bring hy ten spyte van die Covid-19-inperking. Raak rustig, terwyl jy deel in die diens.

Tema: God gee uitkoms - ons hoop is op Hom gevestig.
(Biddag vir alkoholverslaafdes)

Skrifgedeeltes:
2 Korinthiërs 1:1-11(kerngedeelte)
Klaaagliedere 3:14-18 en 21-24

Dutoitspan-seënwense.

Kerkdiens 28 Junie 2020 (Druk op die woord kerkdiens om die boodskap van ds. Enslin te aktiveer  - dit maak oop in OneDrive: Klik dan op die driehoek.)

Saturday, 30 May 2020