Sunday 17 September 2023

Sonskyn en reënboë verdof

Daar is tye in ons lewe wanneer die son nie meer so helder skyn - 
wanneer die reënboog verdof
onder jou denke se stof 
wanneer alles binne jou stil gaan staan
jy is uit jou lewenswentelbaan - 
jy moet besluit of jy so voort wil gaan
dis net 'n lewe van elke dag net bestaan.
Prediker beskryf dit so goed - 
dis nie heuning vir 'n seer gemoed
tog is dit alles waar
in GOD se Woord word dit vir ons uitgeklaar
dan kom die wete ...
die besef - dis nie in jou hande
jy lê jou lewe voor  GOD op die altaar
dis net HY wat 'n offer vir jou kan bied -
mag jou geloof in HOM nooit tekort skiet
dit is net ...
geloof 
hoop 
en 
liefde
wat ons hierdeur kan dra
ons moet in  gebed bly bid
glo en vra ... 

No comments:

Post a Comment