Saturday 2 September 2023

'n Lentebesoek van ons eie engele


Vandag is daar 'n onderhoud in Netwerk24 met Annie Olivier. Sy was 'n voormalige joernalis, onder andere by Beeld en deesdae is sy 'n uitgewershoof by Jonathan Ball. 

Een van die vrae wat sy in die onderhoud moes antwoord was wie haar helde in die ware lewe is.
Gewone mense wat op 'n mikrovlak 'n verskil maak - in ouetehuise en kinderhuise, dié wat gereeld vir 'n goeie doel skenk, dié wat hul huis- en tuinwerkers regverdig vergoed. Elke mens wat help waar hulle kan.

En Annie Olivier se antwoord het my onmiddellik aan Ons Huis se Angels laat dink. Op mikrovlak het hulle vandag 'n verskil aan die inwoners se bestaan gaan maak. Dis die tweede dag van die amptelike lentemaand en daarom was dit gepas dat die Angels besluit het om vrugte en jogurt deel van hul kuiertjie te maak.

Vandag was dus so half 'n verlengde lentedag.

Talana, Millie, Percy, Betsie en Christa



Cherine, Millie, Percy, Betsie en Christa

No comments:

Post a Comment