Tuesday 26 September 2023

Dinsdag-denke: Die Here het nie beurtkrag nie

Vanoggend kyk ek na die son “daar” waar die strale vrolik van vensterbank na vensterbank huppel, en skielik tref dit my soos wat die donker die land elke aand tref ...

“Die Here het nie beurtkrag nie.”

Die Here het nie nodig om te wonder of Hy vanoggend of môreoggend die son gaan wakker kry nie!

Hy het nie nodig om stukkies van die son se strale af te sny, sodat daar genoeg son oor is vir die dag van môre en oormôre nie.

Hy het nie nodig om ‘n rooster op te stel en vir die son te sê: Vandag mag jy hier skyn, maar nie daar nie.

Jy hoef nooit te wonder of Sy Lig vandag jou pad gaan verlig nie!

Jy hoef nie kerse en lampe saam te dra net vir “ingeval” nie.

Die son se strale is ‘n teken van Sy getrouheid! Kyk daarna en onthou, Hy IS dieselfde God

Gister

Vandag

Môre

Altyd!

Hy hou jou vandag weer styf teen Hom vas.

Sy genade en liefde is elke oggend nuut en genoeg.

Hy is totaal in beheer van Sy skepping!

God se kinders hoef nie beurte te maak om Sy lig, liefde en genade te ontvang nie!

God se kinders hoef nie bakhand te bedel en te wonder oor vandag nie, want die Here het nie beurtkrag nie!

Goedheid en guns, want Sy liefde en genade is elke oggend nuut!!

[Klik HIER vir nog wonderlike stories]

No comments:

Post a Comment