Monday 4 September 2023

Vandag se internetgebed vir jou: GEBED VAN ‘n OUMENS

Ek verknies my nie oor my gryse hare
Al dra ek dit vir nog baie jare
Ek kla nie oor my dowe oor
Solank ek God se stem in my hart kan hoor

Ek mor nie oor my stadige treë
Solank ek vir God my beste kan gee
Ek verknies my nie oor kwynende lewenskrag
Want God hou oor my hele lewe die wag

Al wat ek vra, genadige Heer,
Ja, ek bid dit keer op keer
Dat ek enduit op die baan sal bly
Totdat die doodsklok vir die laaste rondte lui.

No comments:

Post a Comment