Monday 25 September 2023

Vandag se internetgebed vir jou

Dankie, Vader dat ons vanoggend kan weet U is ons toevlug en ons sterkte, dat U ons hulp is in benoudhede en dat U in 'n hoë mate beproef is juis sodat ons kan weet U is ons krag en sterkte. Ek het U nodig Here Jesus, die Rots by wie ek kan skuil. Dankie vir U Heilige Gees wat nou deur ons kan waai sodat ons U nabyheid kan ervaar dat ons, ons kleed van geregtigheid kan aantrek en weet dat met U ons in oorwinning staan. Dankie dat ek U ken, dat ek U Naam oor my lippe mag fluister en na U kan uitroep. Ons het so baie om voor dankbaar te wees, vir hierdie genadedag, vir al die seëninge uit U Hand. Amen

No comments:

Post a Comment