Showing posts with label Brahm Reyneke. Show all posts
Showing posts with label Brahm Reyneke. Show all posts

Wednesday, 13 January 2021

Prayer Power

When A Preacher Needs To Repent by Jim Cymbala
Click HERE.

 Thank you, Brahm Reynecke, for sharing this with us.


Thursday, 20 August 2020

Die Psalm-reeks ...

Ons is byna aan die einde van die Psalm-reeks!

Ja, die eerlike worsteling met die swaar en seer van die lewe word so intiem gedeel dat dit ‘n mens ‘intrek’ in die trauma van die Psalmis, want ons kan ook assosieer met dieselfde stryd in ons binneste.

Maar elke Psalm het ook ‘n ligstraaltjie!

Hier na die einde ervaar ons die hoogtepunt van die Psalms: lof, eer, dank, aanbidding, vrede en vreugde in God.

Die aangrypende: Die Almagtige Sterke ‘Gentle Giant’-God, buig neer om die fynste kleinste brose mens in sy krisis te help.

Mag die Psalms ‘n nuwe lied in jou hart opwek.


Die duiwel gebruik kraaie ...


Tuesday, 4 August 2020

Psalm 126

Ons ken die gevoel van intense stryd en dan die Deurkoms en Uitkoms, die Verlossing en die Vreugde!

Ons kan dan tereg Ps. 126 se woorde uiter:
“... ons het wel die saad met trane gesaai en toe God ingryp ... dit was vir ons soos ’n droom ... ons het toe gelag en van vreugde gesing!”
 
Kan ons mense ‘oproep’ tot:

  • Lof aan die Here?
  • Eer aan die Here?
  • Aanbidding aan die Here?
  • Dank aan Here?



Can you take the LEAD??

Sunday, 2 August 2020

Staan jou huis?

Alle huise kry storms maar nie alle huise staan na die storms nie!
Mat 7:24  Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met ‘n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het. 
Mat 7:25  En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm, en dit het nie geval nie, want sy fondament was op die rots. 
Mat 7:26  En elkeen wat na hierdie woorde van My luister en dit nie doen nie, sal vergelyk word met ‘n dwase man wat sy huis op die sand gebou het. 
Mat 7:27  En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm en dit het geval, en sy val was groot. 
  • Staan jou huis nou in die storms wat in ons land en wêreld woed??

Saturday, 1 August 2020

Druppels Hoop

Gaan maak gerus 'n draai by die Psalms. Klik HIER.
Rol dan af tot by die aktiewe Psalms: Ps. 1- 127

Tuesday, 28 July 2020

Hulp ...

Alle mense het een of ander tyd hulp buite die mens self nodig, nie waar nie?
Dit is nie 'n vorm van swakheid as hulp gevra word nie. Dit is eerder 'n vorm van swakheid en dwaasheid as hulp op die verkeerde plek of persoon (godheid) gesoek en gevra word!

So, nou is die vraag: Waar en by wie soek ek en jy hulp?

Laastens, dink daaraan, is dit bloot "toevallig" dat Jesus se EERSTE saligspreking dan juis gaan oor hulp en afhanklikheid van God?

"The Beattitudes” (Be-attitudes/wat ons houding-attitude moet wees)
Mat 5:3 Salig is dié wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.
Arm van gees, vertaal in NAV met afhanklik van die Here.

Salomo het hierdie vertroue-afhanklikheid-hulp van die Here verstaan.

Ps.124:8 Ons hulp kom van die Here,wat hemel en aarde gemaak het.

Sunday, 26 July 2020

Druppels Hoop

Druppels Hoop is aktief tot en met Psalm 121.
Besoek ons
HIER. Rol af tot by die verlangde Psalm.

Tuesday, 21 July 2020

Dag 117 van grendeltyd ...

Ek kan net namens myself praat:

1.  Hierdie erge teleurstelling wat die pandemie gebring en veroorsaak het, is vir my EEN GROOT BESTELLING MET GOD!

2.  Nog nooit ooit in my lewe het ek soveel tyd in 117 dae spandeer aan
       * Bybellees
       * Gebed
       * en tyd met my wederhelf nie!

3.  Hierdie krisistyd het MEER tyd met die Here - ‘n kursus met die Here geword!

Die wonder dat Rom 8:28 waar is vir elke kind van God!

Seënwense
Ds. Brahm Reyneke

Sunday, 12 July 2020

'n Volgeling van Jesus Christus ...

Die Volgeling van Jesus Christus word dikwels deur die Heilige Gees in ‘n Woestyn-seisoen of -situasie ingelei en dan ervaar en ondervind die volgeling of die dissipel wat die koste van dissipelskap alles behels.

Vuur louter goud.

Karakterbou word nie "gereinig" of "gevorm" deur water en seep nie, maar deur die vuur van beproewing en lyding wat in die woestyn "gekweek" word!
God is more interested in our Character than our Comfort!

Thursday, 9 July 2020

Hoor ons bid, o Heer! 

Wees barmhartig en genadig oor ons mensdom nou, tydens die COVID-19-grendeltyd.  

Ek bid U o Here: 
  • Beskerm tog ons mense teen die aansteek van die COVID-19-virus. 
  • Diegene wat aangesteek is en positief getoets is, wil U asseblief in genade hulle aanraak en genees.. 
  • Rig U kinders op om U helpende hande te wees vir 
  • Die werkloses en armes 
  • Die hongeres 
  • Die siekes ... 
  • Here, skenk asseblief U Goddelike krag, beskerming en ondersteuning  aan 
  • soveel van ons mense wat honger ly 
  • Ons regering sukkel met hulle eie finansies en kan nie oral almal help nie. 
  • Mense nader aan ons toets nou al positief 
  • Here, wees ons genadig ... 
... In Jesus Naam, Amen.  

Monday, 6 July 2020

Imagine you were born in 1900 ...

When you're 12, you see the news headlines that the great unsinkable ship Titanic, tragically sank.

When you’re 14, World War I begins and ends when you're 18 with 22 million dead.

Soon after a global pandemic, the Spanish Flu, appears, killing 50 million people. And you're alive and 20 years old.

When you're 29 you survive the global economic crisis that started with the collapse of the New York Stock Exchange, causing inflation, unemployment and famine.

When you're 33 years old the Nazis come to power.

When you're 39, World War II begins and ends when you're 45 years old with a death roll of 60 million. In the Holocaust 6 million Jews die.

When you're 52, the Korean War begins.

When you're 64, the Vietnam War begins and ends when you're 75.

A child born in 1985 thinks his grandparents have no idea how difficult life is, but they have survived several wars and catastrophes.

Today we have all the comforts in a new world, amid a new pandemic, but we complain because we need to wear masks. We complain because we must stay confined to our homes where we have food, electricity, running water, WiFi, even Netflix. None of that existed back in the day. But humanity survived those circumstances and never lost their joy of living.

A small change in our perspective can generate miracles. We should be thankful that we are alive. We should do everything we need to do to protect and help one another. Do your best to be kind and offer an helping hand.

Be the miracle.

[Vic DiBitetto]

Die sout van die aarde

Baie baie jare gelede was daar 'n man in Engeland wat 'n paar aartappels gekoop het, dit versigtig geskil het en in dun skyfies gesny het, en toe in olie gebraai het. Hy was so tevrede met die eindproduk dat hy dit in klein pakkies verpak het en dit toe probeer verkoop het.

Maar ten spyte van sy moeite, en sy dappere poging het almal daaraan geproe maar niemand het verdere belangstelling getoon nie. Hy het gedink dit sou 'n blitsverkoper wees, maar helaas was dit n volslae flop.

Hy het weer en weer probeer, maar almal se reaksie was dieselfde. TOTDAT hy eendag 'n baie blink plan gekry het ... Hy het sout oor die gebraaide skyfies gegooi en toe is daar 'n ontploffing. En dis hoe die bros aartappelskyfie-industrie sy begin gehad het.

Die sout het die verskil gemaak.
Ons almal weet dat as ons nie sout oor ons stukkies biltong gooi, of oor daardie gedroogde snoek gooi nie, dan sal dit vinnig vrot word. Die sout maak die verskil tussen smaaklik en vrot.

Toe ek so 'n paar jaar terug 'n heupvervangingsoperasie gehad het, was ek baie verbaas dat die hospitaalpersoneel die wonde met suiwer soutwater gewas het. Nie meer met Savlon of Dettol of wat hulle ookal gebruik nie, maar met suiwer skoon soutwater. Die sout bespoedig genesing en hou die wonde kiemvry.

Nou sê die woord in Matteus 5:13-16

13 "Julle is die sout vir die aarde. Maar as sout verslaan het, hoe kry ’n mens dit weer sout? Dit is niks meer werd nie. Dit word buitekant weggegooi, en die mense vertrap dit."

Ons as Christene moet die soutpotte wees. Ons moet die lewe ekstra geur gee, soos daardie aartappelskyfies. Dit was nie lekker nie, totdat sout daaroor gesprinkel is. Na die sout, was die smaak anders. Daar is mense wie se lewens nie lekker is nie, maar as ons as Christene hulle met sout en liefde bemoedig, dan verander die "smaak" van hulle lewe heeltemal.

Daar is diegene wat wonde opgedoen het op hul lewenspad. Soms is die wonde deur geliefdes of selfs deur ander Christene toegedien, Jy is God se soutpot. Sprinkel die sout van die Woord as geneesmiddel daaroor, en bevorder so dié genesing

Dan is daar ander mense wat in die proses van verrotting is, Jy is God se soutpot, sprinkel die sout van bekering, verlossing en oorwinning in hulle lewens en keer die verrotting om verder te versprei.

Maar moenie dat die soutpot leeg raak nie, want 'n soutpot kan baie mooi wees, maar as dit leeg is dien dit geen doel nie. Gaan elke dag op jou knieë en vra God om jou te vul, en jou te wys waar jy vir Hom tot diens kan wees.

Georgie.a

[Dankie, ds. Brahm Reyneke dat jy hierdie met ons lesers deel.] 

Saturday, 27 June 2020

Psalm-voorlesings

Gaan luister gerus na die voorlesing van die Psalms HIER
Die video van Ps. 84

Tuesday, 16 June 2020

Saturday, 6 June 2020

OK: oudag-kommer


  • Oudag-Kommer 
    • Moenie my eenkant toe stoot noudat ek oud geword het nie.
    • Moenie my verlaat wanneer my kragte afneem nie.
    • O God, noudat ek oud en grys is,
      • moenie my verlaat nie,
      • sodat ek aan die nageslagte u mag bekend kan maak,
      • en aan elkeen wat nog sal kom van u magtige werke kan vertel.

Saturday, 30 May 2020

Is ek eveready?

Lees gerus weer die stukkie HIER .

Is dit regtig nodig om te bid ...

Is dit regtig nodig om te bid as God dan God is en in elke geval maak wat Hy wil?

Maak gebed WERKLIK enige verskil?

Aan die ander kant: “Ek kan nie bid nie … ek is nie altyd lus om te bid nie ... ek het nie die gawe om te bid nie ...”

Luk 11:1  En toe Hy op ‘n sekere plek besig was om te bid, sê een van sy dissipels vir Hom nadat Hy opgehou het: Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy dissipels geleer het. 

Luk 11:2  En Hy sê vir hulle: Wanneer julle bid, sê: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; 
Luk 11:3  gee ons elke dag ons daaglikse brood; 
Luk 11:4  en vergeef ons ons sondes, want ons vergewe ook elkeen wat aan ons skuldig is; en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose …

Thursday, 28 May 2020

Gebed n.a.v. Ps 61


Here, al voel dit of U ver van my is, vra ek vir U, lei my na die rots wat hoër is as ek. Lei my na die rots wat te hoog is vir my ... Here, lei my na ‘n moeilike Nuwe-Vars-Uitdagende taak, sodat ek in afhankliheid van U die onmoontlike moontlik kan maak!  Ek kan nie Here maar ek kan want U kan! Amen