Showing posts with label Tieners. Show all posts
Showing posts with label Tieners. Show all posts

Saturday, 15 February 2025

Saterdaglagmedisyne: Sien is glo!


Daar bo innie Bosveld stap hasie eendag so deur die gras en kom op 'n borrel mampoer af wat in die son gelê het. Hy vat 'n paar slukke, ma'ie witblits skop hom so lat hy net daar uitpaas. Jakkals kom verby, sien vir hasie en die bottel, dog toe hy sal ook so sluk vat voor hy vir hasie eet. Maar die warm mampoer kap hom ook om. 

So lê die twee nou daar toe hiëna verby kom, hy kon sy geluk nie glo nie en drink ook aan die bottel; selle storie, val net daar neer, uitgepaas. Leeu kom toe op die storie af, besluit hy eet nie aan jakkalse en hiëna's nie, en daarby is die haas te klein om eers oor te worrie. Hy vat toe maar 'n paar groot slukke en kort-voor-lank slaan hy ook neer. 

Met die begin hasie roer, sit regop met 'n hewige hoofpyn. Hy skud sy kop, trek sy ore reg en kyk toe so om hom. Toe sien hy hoe lê leeu, jakkals en hiëna uitgepaas om hom. Hy mompel: "Hel, smaak my mos ek raak aggressief as ek gesuip is!"

[Dankie, Johan, een van die senior burgers, vir hierdie bydrae. 

Saturday, 16 November 2024

Saterdaglagmedisyne - tieners


"Iets is nie lekker met my ma se geheue nie," kla Liesbet, 'n tienermeisie, by haar vriendin.
"Ag siestog, vergeet sy alles?" vra die vriendin besorg.
"Nee,"kom dit van Liesbet, "sy vergeet niks nie." 

ooOOoo

Daar's net 3 maniere om huistakies te verrig :
Soos 'n BEJAARDE: stadig.
Soos 'n VOLWASSENE: deeglik.
Soos 'n TIENER: glad nie.

[Dankie, Valerie, vir dag se humor.]