Thursday 31 October 2019

Ons Huis: Onthou jy nog?

Wie het met hierdie in die medisynekas groot geword?

Mens, het ek daai goed gehaat. Wie kan 'olino olie' onthou? Ek was 'n asmaleier as kind. Oumense, het caster olie en olino olie gemeng en dan vir jou ingegee om die slym op die bors 'los te maak'. Belowe jou, jy kook 'n kat uit 'n sak uit oor en dis nie al nie ... Jou maag is niks lekker vir 'n paar dae nie. Jy was behoorlik gestraf omdat jy siek is. Marietjie Bonthuys

"Isn't it too funny that it was manufactured by 'Jolly Drugs Ltd'... nothing jolly about this little bottle!Adél de la Rosa

"Ek het al klaar beter gevoel as ek net die bottel gesien het ..." Nico du Plessis

"The start of school holidays, this was a tradition, mixed with orange juice. Later years my mom gave us California syrup of figs. Mom knew we liked cough syrup so she would tell us we coughed a lot the previous night and had to have some cough mixture, one we had taken the medicine she'd tell not to cough unless we were sitting on the toilet." Stan Venish

"Dis die beste medisyne om iemand wat skool wou bank,te laat opstaan. Ons destydse koshuisvader op Tulbagh, mnr. Pine Pienaar, het menigte 'siek' skolier blitsvinnig laat 'gesond word' wanneer hy met die bottel kasterolie en 'n opskeplepel voor die bed gestaan het." Gielie Lambrechts

"Kon dit nooit inhou nie, altyd gebraak na my ma dit vir my gegee het, dan kry ek nog pakslae - ek het dit nooit vir my kinders gegee nie, maar slegs gebruik op lappe en op hul polse en op hul voete en polse vasgemaak - gehelp om hul koors te breek as hul siek was." Penny Bothma
Kyk ook hier vir nog foto's.



Wednesday 30 October 2019

Is jy beskikbaar? Hou jy daarvan om uit te reik?

Ons Huis benodig die volgende: 
BESOEKERS en kuiermense so welkom
BOEKE vir die biblioteek
Elektriese skeermesse
Ensure, aanmaakkoeldrank
Handskoene en urinestokkies
Klere vir die klerewinkel
Kuiers oor 'n koppie tee
Lakens en "linen savers"
Pleisters en verbande
Skoonmaakmiddels
Skryfbehoeftes
Snoeperye
Steggies en bemesting vir die tuin 
Tuinmeubels
Toiletware
Tydskrifte
Vrywilligers wat sal kom lees



U kan ook ‘n donasie maak om genoemde items te koop.

Tuesday 29 October 2019

Omgeeharte deel graag omgeesakkies uit ...

Ons  lewe in moeilike tye. Emosioneel, finansieel en spiritueel. Dis 'n mondvol, maar in kort kom dit daarop neer dat ander se probleme en moeilike omstandighede móét vir my saak maak.

Pablo Casals het baie jare terug al gesê: "In omgee lê die lewe se diepste betekenis."

Omgee is sonder ego en dit beweeg altyd uitwaarts. Iemand wat omgee, besef en verstaan ʼn ander se nood en behoefte, en voorsien dan so goed as moontlik in daardie behoefte. Een van hierdie agtergrondwerkers is Francois Crauwcamp. 'n Stille werker wat 'n berg of liewer 'n ton mieliemeel verskuif, sonder dat 'n haan daarna kraai.

So oor die provinsie se grense heen werk hy en daarom die groot dankie. 'n Stewige bord Vrystaatse mieliepap sit net daardie ekstra sonenergie in die rustende ou bene ...

Hier staan Lerato Motshabi, Poppie Riet en Sina de Bruyn in die kombuis van Ons Huis waar een van die stoppunte was.

Dankie Francois dat jy ons nie verbygegaan het nie!




A little thought ...


Monday 28 October 2019

You don't need a reason!

Voel u gereed om as vrywilliger werker u hulp aan te bied? Ons Huis het u hulp dringend nodig!

HOE KAN EK HELP?

Kom gesels en kuier saam met ‘n inwoner.
Kom lees en bid vir die inwoners.
Kom hou huisgodsdiens.
Organiseer/help met/ondersteun fondsinsamelingsfunksies.
Bring gebruikte klere vir ons klerewinkel.
Bring heerlike tuisgebak vir ons teetyd.
Borg ‘n inwoner t.o.v. versorgingstekorte/toiletbenodigdhede.
Lewer kommentaar (voorstelle & kritiek) ter verbetering van die diens aan die inwoners.
(Dit is altyd welkom - dit verseker dat ons die beste diens kan lewer.)
Bid vir Ons Huis se inwoners en personeel.

Saturday 26 October 2019

Friday 25 October 2019

Wednesday 23 October 2019

Sunday 20 October 2019

Saturday 19 October 2019

Wednesday 16 October 2019

Monday 14 October 2019

Sunday 13 October 2019

Saturday 12 October 2019

Friday 11 October 2019

Sunday 6 October 2019

Dankie!!

'n Dankie uit die hart vir elkeen se ongelooflike bydrae en samewerking.

Laughter is timeless ...


Saturday 5 October 2019

Friday 4 October 2019

Onthou ons basaar hierdie naweek ...

Moenie die belangrikste datum op Kimberley se kalender mis nie. Wees daar, bring die bure saam en moenie van Ons Huis se inwoners vergeet nie. Gaan laai gerus 'n basaarpoeding af of 'n inwoner op.

Sien jou DAAAAAR!!!


Speak with kindness ...


Sien jou daar ...

Moenie die belangrikste datum op die ACVV-kalender vergeet nie!! Ons sien julle daar met 'n vol beursie en 'n leë mandjie om al die inkopies te pak!

Bring sommer die bure en die bure se bure saam. Hoe meer siele hoe meer vreugde.

Thursday 3 October 2019

Kom geniet die dag ...

Daar is van alles en nog wat. Daar is iets vir 'n ieder en 'n elk. Kom vergewis uself daarvan.

Vir enige navrae kontak asb vir Cindy Greyling 053 831 5815 / cindy@acvv-kimberley.co.za 

John 13:7