Thursday 31 October 2019

Ons Huis: Onthou jy nog?

Wie het met hierdie in die medisynekas groot geword?

Mens, het ek daai goed gehaat. Wie kan 'olino olie' onthou? Ek was 'n asmaleier as kind. Oumense, het caster olie en olino olie gemeng en dan vir jou ingegee om die slym op die bors 'los te maak'. Belowe jou, jy kook 'n kat uit 'n sak uit oor en dis nie al nie ... Jou maag is niks lekker vir 'n paar dae nie. Jy was behoorlik gestraf omdat jy siek is. Marietjie Bonthuys

"Isn't it too funny that it was manufactured by 'Jolly Drugs Ltd'... nothing jolly about this little bottle!Adél de la Rosa

"Ek het al klaar beter gevoel as ek net die bottel gesien het ..." Nico du Plessis

"The start of school holidays, this was a tradition, mixed with orange juice. Later years my mom gave us California syrup of figs. Mom knew we liked cough syrup so she would tell us we coughed a lot the previous night and had to have some cough mixture, one we had taken the medicine she'd tell not to cough unless we were sitting on the toilet." Stan Venish

"Dis die beste medisyne om iemand wat skool wou bank,te laat opstaan. Ons destydse koshuisvader op Tulbagh, mnr. Pine Pienaar, het menigte 'siek' skolier blitsvinnig laat 'gesond word' wanneer hy met die bottel kasterolie en 'n opskeplepel voor die bed gestaan het." Gielie Lambrechts

"Kon dit nooit inhou nie, altyd gebraak na my ma dit vir my gegee het, dan kry ek nog pakslae - ek het dit nooit vir my kinders gegee nie, maar slegs gebruik op lappe en op hul polse en op hul voete en polse vasgemaak - gehelp om hul koors te breek as hul siek was." Penny Bothma
Kyk ook hier vir nog foto's.



No comments:

Post a Comment