450 g witbroodmeel
5 ml all spice (gemengde speserye)
2 ml sout
120 g gemengde droë vrugte (rosyne, sultanas, korente en sitrusskil)
50 g (60 ml) suiker
7 g droë gis
55 ml gesmelte botter/margarien
215 ml louwarm melk
1 eier, geklop
Versiersel (kruisie)
60 ml witbroodmeel
15 ml suiker
15 ml melk
1 groot eier
Metode
- Meng alle droë bestanddele, behalwe die droë vrugte.
- Meng alle nat bestanddele en meng in die meelmengsel in.
- Knie tot sagte deeg (voeg bietjie melk by as te styf is). Knie goed vir omtrent 10 min. tot lekker elasties.
- Maak toe en laat rys tot dubbel die grootte.
- Knie deeg af.
- Knie vrugte in en maak 12 bolletjies.
- Pak bolle langs mekaar op bakplaat en laat weer rys.
- Maak die versiersel aan tot gladde pasta. Skep dit in 'n versiersak of plastieksak waarvan 'n klein hoekie afgesny is. Spuit kruise oor bolletjies.
- Bak by 350 gr C vir 15-20 min.
- Verf 'n bietjie suikerwater oor die bolletjies as uit die oond kom.
Variasie
Laat vrugte en all spice uit en voeg sjokoladesplinters by en vanieljegeursel in all spice se plek.