Wednesday 31 August 2022

Woensdag-wysheid

Ons het nie nodig om 'n "naam" aan 'n dag te koppel
om iets goed vir iemand te doen nie.
Laat jou lig ELKE DAG skyn!

Sunday 28 August 2022

Aartappelskyfies

’n Klein seuntjie wil bitter graag die Hemelse Vader ontmoet. 

Hy besef dat dit sal tyd neem om te reis na waar die Here woon! Dus pak hy in sy tas ’n pakkie aartappelskyfies en ’n 6-pak vrugtesap en toe begin hy met sy reis. Ongeveer drie blokke van sy huis af ontmoet hy ’n ouerige man. Die man het in die speelpark gesit en stilweg na die duiwe gestaar wat op die grond rondloop. Die seun gaan langs die oom sit en maak sy tas oop. Hy was van plan om van sy vrugtesap te drink, toe hy opmerk dat die ou man honger voorkom. Hy bied toe vir die oom van die skyfies aan. Dankbaar neem die ou man dit, terwyl ’n vriendelike sagte glimlag oor die ou man se gesig versprei, soos hy na die seuntjie kyk. Die ou man se glimlag was verskriklik mooi dat die seuntjie dit weer wou sien, en hy bied vir die oom ’n blikkie vrugtesap aan. Weer eens glimlag die ou man teenoor die seuntjie. 

Die mannetjie was verheugd! Die hele middag sit die twee daar eet en glimlag teenoor mekaar – sonder om ’n woord te sê. Toe dit skemer word, besef die seuntjie hoe moeg hy was en hy staan op om te loop. 
Skaars het hy ’n paar treë gegee, of hy swaai om. Hy hardloop na die ou man terug en gee hom ’n drukkie. Hy kyk op na die ou man en gee hom die grootste glimlag ooit ... Toe die seuntjie na ’n kort tydjie die voordeur van hul huis oopmaak, was sy moeder verbaas om die vrolike gesiggie te sien. Sy vra hom: “Wat het jy vandag gedoen wat jou so gelukkig maak?”

Hy reageer spontaan: “Ek het middagete met God gehad.” Nog voordat sy moeder kon reageer, voeg hy by: “Weet jy wat, Ma? Hy besit die mooiste glimlag wat ek nog gesien het!” 

Intussen het die ou man, ook oorweldig van geluk by sy huis aangekom. Sy seun was verstom oor die blik van tevredenheid op sy Pa se gesig. Hy vra: “Pa wat het jy vandag gedoen wat jou so gelukkig maak?”

Die ou man antwoord: "Ek het aartappelskyfies saam met die Here in die park geëet.” Voordat sy seun kon reageer, voeg hy by: "Weet jy, hy is veel jonger as wat ek verwag het!”

Te dikwels onderskat ons die krag van ’n aanraking, ’n glimlag, ’n vriendelike woord, ’n geopende oor, ’n eerlike kompliment of die kleinste omgeedaad, almal het die vermoë om die lewe te verander. Mense kom in ons lewens vir ’n rede, ’n seisoen, of lewenslank! Omhels almal gelykwaardig!! Geniet middagete met God ...  bring skyfies. 

Lighten up ... it ain't all that bad!

I hate it when I see an old person and then realize we went to high school together.

I used to be able to do cartwheels. Now I trip over putting on my underwear.

I told my wife she should embrace her mistakes ... so she hugged me. 

My wife says I only have 2 faults. I don't listen and something else ...

I thought growing old would take longer.

I came, I saw, I forgot what I was doing. Retraced my steps, got lost on the way back, now I have no idea what's going on.

The officer said, "You drinking?" I said, "You buying?" We just laughed and laughed  ... I need bail money.

Day 12 without chocolate. Lost hearing in my left eye. 

Scientists say the universe is made up of protons, neutrons and electrons. They forgot to mention morons.

The adult version of "head, shoulders, knees and toes" is "wallet, glasses, keys and phone."

A dog accepts you as the boss ... a cat wants to see your resumé.

Oops ... did I roll my eyes out loud?

Life is too short to waste time matching socks.

WiFi went down for five minutes, so I had to talk to my family. They seem like nice people.

I won't be impressed with technology until I can download food.

Some people call me crazy. I prefer ‘happy with a twist’.

My doctor asked if anyone in my family suffers from mental illness. I said, "No, we all seem to enjoy it."

I really don't mind getting old, but my body is having a major fit.

Camping: where you spend a small fortune to live like a homeless person.

Project Manager. Because Miracle Worker isn't an official job title.

I told my wife I wanted to be cremated. She made me an appointment for Tuesday.

The world's best antidepressant has 4 legs, a wagging tail and comes with unconditional love.

Love is how excited your dog gets when you come home.

If you're happy and you still know it, it's your meds.

Laughter is still the best Medicine!

I've reached the age where my train of thought often leaves the station without me.

Wednesday 24 August 2022

Woensdag-wysheid

"Bepaal u prioriteite en fokus daarop." - Eileen McDargh
 

Tuesday 23 August 2022

Laat u wil geskied ...

John Newton, die skrywer van die lied “Amazing grace”, het lank sy eie pad gestap. Sy eie wil was die kompas vir sy lewe. Hy was betrokke by slawehandel en later die kaptein van ’n skip wat slawe vervoer het. Vroeër in sy lewe was hy self ’n slaaf in Wes-Afrika en is erg mishandel deur ’n slawehandelaar se vrou, prinses Peye van die Sherbo-stam. In 1748 is hy bevry.

As kaptein van ’n slaweskip was hulle eenkeer op terug na Engeland toe die skip naby Donegal in Ierland in ’n geweldige storm beland. Daar was ’n gat in die skip en water het die skip begin binnestroom. Die skip sou duidelik sink. Newton het na God geroep en die gat in die boot is toegedruk deur vrag wat onverklaarbaar geskuif het. Só het hulle veiligheid bereik.

Dit was die begin van Newton se pad na bekering. Hy het sy lewe lank 10 Maart 1748 as sy bekeringsdag gevier. Dit was egter nie die einde van sy pad nie, maar die begin van ’n lang proses van verandering in sy lewe.

Soos baie van ons bly in die werk wat ons doen wanneer ons tot bekering kom, het Newton nie opgehou om slawe te vervoer nie, maar sy gesindheid teenoor die slawe het verander. Verskeie gebeure in sy lewe het sy geloof verdiep, soos toe hy in Wes-Afrika baie siek was, maar uiteindelik gesond geword het.

Dit was eers 34 jaar ná sy bekering, nadat hy ’n geruime tyd predikant in die Anglikaanse Kerk was, dat Newton openlik begin praat het oor sy betrokkenheid by die slawehandel. In ’n boek Thoughts Upon the Slave Trade wat aan elke parlementslid gestuur is, het hy geskryf oor sy hartseer omdat sy belydenis te laat is. Hy was ’n instrument van iets wat sy hart nou bedroef.

Terwyl die oortuiging dat slawerny verkeerd is in hom gegroei het, het Newton ander mense na die Here gelei. Sy lewe is ’n getuienis van iemand wat op die Here vertrou het, maar jare lank bly worstel het om rigting en totale oorgawe aan God te vind. Later in sy lewe skryf hy: “Wat U wil, wanneer U dit wil, en hoe U dit wil. Ek wil liewer hierdie drie sinne uit my hart in my moedertaal sê as wat ek al die ander tale in Europa bemeester.”

Dit behoort ook ons diepste begeerte te wees wanneer ons in ons gebrokenheid bid: “Laat u koninkryk kom; laat u wil geskied.”

Monday 22 August 2022

Normaal kan in 'n oogwink verander na abnormaal


'n Opgeleide leeugedagteleser besef dat hierdie twee leeus by Swinburne nie regtig weet wat hulle van die skielike sneeu in Augustusmaand moet dink nie. Op die foto's kan duidelik gesien word dat hulle diep dink en hulle opsies oorweeg. Hulle besef egter dat hulle katvoet moet beweeg. Hulle verstaan ook nie die weerpatrone nie. Wat hulle egter wel deeglik besef is dat die mens ook hiervoor verantwoordelik is. 

Sunday 21 August 2022

My bure ...


Hierdie stukkie oor vrede met die bure van dr. Johan Pienaar het op my tafel geland. Ek deel dit graag met die lesers - dit gee 'n mens regtig iets om oor na te dink.  

Klik HIER op die NG KERK ADELAIDE se webwerf.

World Senior Citizen's Day 2022

 

Wednesday 17 August 2022

Woensdag-wysheid

'Ek wil eerder optimisties en dwaas wees as pessimisties en reg.' - Skrywer onbekend
 

Tuesday 16 August 2022

Dinsdag-denke: Lewenslesse langs die pad

1) 'n Gebed is nie soos 'n "SPAARWIEL" wat 'n mens slegs gebruik wanneer jy in die moeilikheid is nie; dit is jou "STUURWIEL" wat jou deur jou lewe lei en jou stuur op die regte pad..

2) Het jy al gedink hoekom het 'n voertuig so groot WINDSKERM en slegs 'n klein TRUSPIEËLTJIE? Omdat jou VERLEDE nie so belangrik is as jou TOEKOMS nie. So Kyk vorentoe en beweeg aan.

3) Vriendskap is soos 'n BOEK. Dit neem 'n paar sekondes om 'n boek te verbrand, Maar dit neem jare om dit te skryf.

4) Alle dinge in die lewe is TYDELIK. Wanneer dit goed gaan, geniet dit. Dit gaan nie vir ewig aanhou nie. Wanneer dit SLEG gaan, moenie bekommer nie want dit sal ook nie vir ewig aanhou nie.

5) Ou vriende is soos GOUD! Nuwe vriende is soos DIAMANTE ! Wanneer jy 'n diamant kry, moenie die goud vergeet nie! Diamante het altyd goud nodig om in te set.

[Geleen]

Wednesday 10 August 2022

Woensdag-wysheid

"Elke edele werk is aanvanklik onmoontlik." - Thomas Carlyle
 

Monday 8 August 2022

Vandag se internetgebed vir jou

Herinner my daaraan, o groot Geneser,
dat pyn en siekte,
mislukking en teleurstelling en stres
nié u straf vir ons foute is nie.
Plaas my voete in sulke tye op die stewige rots
van u belofte dat U altyd by my sal wees,
selfs al gaan ek deur donker dieptes.
En, Here, leer my die moeilike les
dat elke donker uur ’n besondere geleentheid kan wees
om u liefde en genade nóg nader te leer ken.
René O Bideaux

[Uit: Die groot gebedeboek, Piet Naudé, 2014] 

Wednesday 3 August 2022

Woensdag-wysheid

'Sommige dae moet jy net jou eie sonskyn skep.' - Unknown
 

Tuesday 2 August 2022

Trane


Vandag het ek die Here gevra om al my trane weg te vat, want trane bring net seer.
Toe sê Hy: "Nee my kind, wens liewers Ek gee jou meer"
"Ek sal jou trane gee as jy gelukkig is,
jy sal trane hê as jy jou geliefdes mis ...
Ek sal jou trane gee as Ek jou baba vir die eerste keer in jou arms lê,
en Ek sal jou trane gee as jy 'n gebed van dankbaarheid opsê ...
Ek sal jou trane gee as jy vir jou kind se oulike sêgoed lag,
en hy jou 'n drukkie gee met sy lyfie so sag ...
Ek sal jou trane gee as jy by 'n siekbed staan,
en die dokter vir jou sê dat alles weer beter sal gaan ...
Ek sal jou trane gee as jy jou verlore hondjie terugkry,
nadat jy gedink het hy is dalk êrens omgery ...
Ek sal jou trane gee as jy voel jou lewe is verby,
en jy skielik weer van êrens nuwe hoop vir die lewe kry ...
Ek sal jou trane gee as jy van iets hartseer hoor,
of as jy jou hart op jou eerste liefde verloor ...
Ek sal jou trane gee as jy lees van ander se hartseer en smart,
Want dan, My kind, weet ek jy het nog 'n hart ...
Ek sal jou trane gee as jy hartseer is,
Want, my liewe kind, ek sal die storms weer blus ...
Ek sal 'n kruis op jou pad sit, al is dit nie jy wat daarvoor vra,
Want, My liewe Kind,
ek sal nooit dat jy hom alleen dra!
Geseënde sonskyn dag vir jou.

[Geleen]

Dinsdag-denke: Middagete saam met God

‘n Klein seuntjie wou graag vir God ontmoet. Hy het geweet dit sal ‘n lang reis wees na God se blyplek en daarom het hy in sy tassie ‘n groot pak aartappelskyfies en ses koeldranke ingepak voordat hy die reis aangepak het.

Nadat hy so drie straatblokke van die huis af weg is, ontmoet hy ‘n ou dame in die parkie. Sy was besig om net te staar na die duiwe. Die seuntjie het langs haar op die bankie gaan sit en sy tassie oopgemaak. Hy wou net ‘n sluk van sy koeldrank vat, toe hy sien dat die ou dame bra honger lyk. Hy offer toe vir haar van sy aartappelskyfies. Sy het dit baie dankbaar aanvaar en vir hom geglimlag.

Haar glimlag was so mooi vir die seun dat hy dit graag weer sou wou sien en toe offer hy vir haar een van sy koeldranke. Weereens glimlag sy vir hom. Die seun was verheug oor haar glimlag. So het hulle die hele middag gesit, skyfies geëet, koeldrank gedrink en geglimlag, sonder om ‘n woord vir mekaar te sê.

Toe dit begin skemer raak besef die seun dat hy baie moeg is en staan op om terug te gaan na sy huis, na ‘n paar tree draai hy om en hardloop vinnig terug na die ou dame en gee haar ‘n drukkie. Sy gee vir hom haar grootste glimlag ooit.

Die seun se ma was verras met die uitdrukking van blydskap op haar seun se gesig toe hy die huis binnekom. Sy vra toe vir hom, “Wat het jy vandag gedoen wat jou so gelukkig laat lyk?” Hy antwoord, “Ek het middagete saam met God gehad.” Maar voordat sy ma kon reageer, voeg hy by, “ Weet ma wat? Sy het die mooiste glimlag wat ek nog ooit gesien het.”

Intussen het die ou dame, oorstelp van blydskap, ook by haar huis aangekom. Haar seun was verras oor die uitdrukking van vrede wat op sy ma se gesig te bespeur was. Hy vra, “Moeder, wat het jy vandag gedoen wat jou so bly gemaak het?” Sy antwoord, “Ek het aartappelskyfies geëet en koeldrank gedrink saam met God in die parkie.” Maar voordat hy kon reageer voeg sy by, “Jy weet, hy is baie jonger as wat ek verwag het.”

Te veel kere onderskat ons die krag van ‘n aanraking, ‘n glimlag, ‘n gawe woordjie, ‘n oor wat luister, ‘n opregte kompliment of die kleinste gebaar van omgee wat alles die potensiaal het om ‘n lewe om te keer. Mense kom in ons lewe vir ‘n rede, ‘n seisoen of ‘n leeftyd! Koester hulle almal met dieselfde entoesiasme!

Geniet ‘n middagete saam met God ...