Showing posts with label Druppels van Hoop. Show all posts
Showing posts with label Druppels van Hoop. Show all posts

Sunday, 23 August 2020

Thursday, 20 August 2020

Die Psalm-reeks ...

Ons is byna aan die einde van die Psalm-reeks!

Ja, die eerlike worsteling met die swaar en seer van die lewe word so intiem gedeel dat dit ‘n mens ‘intrek’ in die trauma van die Psalmis, want ons kan ook assosieer met dieselfde stryd in ons binneste.

Maar elke Psalm het ook ‘n ligstraaltjie!

Hier na die einde ervaar ons die hoogtepunt van die Psalms: lof, eer, dank, aanbidding, vrede en vreugde in God.

Die aangrypende: Die Almagtige Sterke ‘Gentle Giant’-God, buig neer om die fynste kleinste brose mens in sy krisis te help.

Mag die Psalms ‘n nuwe lied in jou hart opwek.


Saturday, 1 August 2020

Druppels Hoop

Gaan maak gerus 'n draai by die Psalms. Klik HIER.
Rol dan af tot by die aktiewe Psalms: Ps. 1- 127

Sunday, 26 July 2020

Druppels Hoop

Druppels Hoop is aktief tot en met Psalm 121.
Besoek ons
HIER. Rol af tot by die verlangde Psalm.

Thursday, 25 June 2020

Grendelgenade

Gaan lees HIER oor die hoop wat daar vir ons in hierdie Psalms opgesluit is. Gaan lees Ps. 90 - dit is hoeveel dae ons al in die grendeltyd inbeweeg het. 

Saturday, 30 May 2020

Tuesday, 26 May 2020

Kort en kragtig ...

Lees die res HIER. (Ps. 60)

Besoek gerus ons "PAGE" Druppels van Hoop HIER.

Thursday, 14 May 2020

God se geheime ...


“... op die maat van musiek praat ek met julle oor God se geheime.” (Ps. 49:5, Die Boodskap)

Het dit ook al met jou gebeur dat die Here gedurende die lofprysing of terwyl jy geestelike musiek luister ’n nuwe gedagte in jou hart laat posvat? So asof die Here dán spesiaal met jou praat. Onder die geklank van die musiek het hierdie Psalmskrywer een van God se geheime kom ontbloot. Dié geheim is dat geld niks werd is nie, dat God se guns en genade nie daarmee gekoop kan word nie, dat dit jou nie uit die dood kan red nie, dat alles wat jy bymekaargemaak het agter bly wanneer jy die tydelike met die ewige verwissel. “Wat help dit dat hulle die hele wêreld aan hulle voete het met hulle baie geld? Op die ou end stap hulle met leë hande uit hierdie wêreld uit.” (Ps. 49:17) En soos Pred. 4:8 sê: “Vir wie sloof ek my af en ontsê ek my die aangename dinge?” Ook hier kom dit tot niks. Dit bly 'n harde saak.” Gejaag na meer en meer geld en goed is ’n gejaag na wind. Doen wat jou hand vind om te doen en wees tevrede met wat jy het. As jy kos en klere het, moet jy daarmee tevrede wees sê 1 Tim 6:8. Die geheim is uit! Maak jou skatte in die hemel bymekaar waar mot en roes en diewe dit nie kan bykom nie – dís die tipe belegging wat al ons aandag behoort te geniet. Die opbrengs daarvan is verseker en dis groot! ~ Wilna Botha, 28/11/2017

Webruimte (www.heuning.co.za)

Wednesday, 13 May 2020

Jou daaglikse pil ...

Klik HIER vir die daaglikse PIL

Druppels hoop vir ons elkeen ...

Onthou om elke dag HIER 'n draai te maak en dan hierdie druppels hoop deel van jou alledaagse lewe te maak. [Onthou om af te rol om by die regte dag uit te kom - elke Psalm verteenwoordig 'n dag.]

Wednesday, 6 May 2020

Is ons werklik nog hoopvol?

In ons dag, NOU!
Is daar nog hoop?
Is ons werklik nog Hoopvol?
Of is ons stadig maar seker besig om geleidelik alle hoop te laat vaar?

‘n Bottel water wat lank op ‘n rak stilgestaan het, vertoon mos suiwer-skoon!

Wanneer hierdie bottel egter geskud sou word, dan verander sake! Dan kom die afsaksels los en die vuiligheid wat bo gedrywe het, meng met die afsaksels! En hoe langer en hewiger die skud aangaan, hoe minder skoon vertoon hierdie water ... die ‘skoon’ water vertoon nou vuil!

Soos ‘n skip wat besig is om te sink.
Waar kom die rotte skielik vandaan?
Hulle was nog altyd op die skip.
Eers wanneer die skip begin sink, verskyn hulle op die toneel!

So, die vraag is dus, wat is in ons TE ALLE TYE?

Kan ons ENIGE TYD uithaal en wys?

Lees gerus die aanhangsel HIER.