Showing posts with label Ewige Lewe. Show all posts
Showing posts with label Ewige Lewe. Show all posts
Thursday, 31 October 2024
Gebed van 'n ou spoorwegman ...
'n Ou spoorwegman het op 'n byeenkoms tot bekering gekom en is gevra om te bid. Hy het 'n oomblik geaarsel en toe eerbiedig met 'n bewende maar helder stem gesê:
O Here, noudat ek die vlag gestryk het, bid ek U, neem my voete van die ruwe spoorbaan af en plaas hulle veilig bo-op die trein van redding. Laat wysheid my handlamp wees en die Bybel my hooflig. Laat die trein gekoppel wees met die sterk skakel van liefde. En ... Hemelse Vader, hou alle wissels gesluit wat na sylyne uitdraai en veral dié wat lei na 'n doodloopstraat.
O Here, as dit U wil is, laat elke sinjaal langs die lyn die witlig van hoop vertoon, sodat ek die lewensreis kan aflê sonder om stil te hou. En Here, laat die tien gebooie my rooster wees. En wanneer ek die reis afgelê het en in die groot donker stasie van die dood ingetrek het, mag die Superintendent van die Heelal sê: "Mooi so, goeie en getroue dienaar, kom teken die betaalstaat en ontvang jou loon van ewige geluksaligheid."
(Uit: Senior Bulletin - "Oom" van Vryheid)
Sunday, 15 September 2024
Oomblik van stilte: Hos. 12:7
En jy, tot jou God moet jy terugkeer, beoefen liefde en reg; en hoop gedurigdeur op jou God.
Laat die wêreld los al is dit baie moeilik en fokus op God en wees lief vir mense. Daar is vir jou net een God. Die God wat alles gemaak het vir Hom alleen moet jy lewe. Christus het vir jou die ware lewe gegee (1 Kor. 8:6)
Die een wat sy lewe ter wille van Jesus verloor sal dit vind maar hy wat sy lewe wil behou sal dit verloor (Matt. 10:39)
Dankie Here, vir die goeie gawe van die ewige lewe. Ek is so dankbaar dat U vir my die ewige lewe gegee het toe ek nog dood in my sondes was. Ek het deur die doop as teken, saam met U gesterf en weer in 'n nuwe lewe opgestaan. Leer my ook die skepping wat U so lief het, ook lief te hê. U is my Redder, my Geneesheer en my Vredevors. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel.]
Labels:
Ewige Lewe,
Hosea,
Oomblik van stilte,
Pieter Swanepoel
Subscribe to:
Posts (Atom)