Wednesday 24 April 2019

Monday 22 April 2019

Gebed van 'n ou spoorwegman ...

'n Ou spoorwegman het op 'n byeenkoms tot bekering gekom en is gevra om te bid. Hy het 'n oomblik geaarsel en toe eerbiedig met 'n bewende maar helder stem gesê:

O Here, nou dat ek die vlag gestryk het, bid ek U, neem my voete van die ruwe spoorbaan af en plaas hulle veilig bo-op die trein van redding. Laat wysheid my handlamp wees en die Bybel my hooflig. Laat die trein gekoppel wees met die sterk skakel van liefde. En - Hemelse Vader, hou alle wissels gesluit wat na sylyne uitdraai en veral dié wat lei na 'n doodloopstraat.

O Here, as dit U wil is, laat elke sinjaal langs die lyn die witlig van hoop vertoon, sodat ek die lewensreis kan aflê sonder om stil te hou. En Here, laat die tien gebooie my rooster wees. En wanneer ek die reis afgelê het en in die groot donker stasie van die dood ingetrek het, mag die Superintendent van die Heelal sê: Mooi so, goeie en getroue dienaar, kom teken die betaalstaat en ontvang jou loon van ewige geluksaligheid."

(Uit: Senior Bulletin - "Oom" van Vryheid)

Saturday 20 April 2019

Omgeeblomme ...

Herfs wat met sy knypluggie vroegsoggens aan ons deur kom
klop, en sy eiesoortige mooi in die tuin strooi, is dit belangrik
dat ons nog steeds blomme in ons hart saamdra om ons deur
die winter te dra. 

Friday 19 April 2019

Acaciapark se Paasfeesuitreik ...

Die bestuur en inwoners van Acaciapark
het Ons Huis se inwoners kom bederf met paaseiers.
Die heerlike soetigheid herinner ons aan ons dae
van kindwees en ouerwees. Ons wens is dat elkeen
'n geseënde Paasnaweek sal hê.
























Nog foto's hier.

Geseënde Paasfees ...



Rejoice in your wrinkles ...

Thursday 18 April 2019

Ons Huis se omgeebreiers ...

Almal het bruikbare talente en elke oggend sit die breigilde van Ons Huis en omskep bolle wol in welkome warm winterstruie. Die blínk in die ontvangertjies se oë, is die medikasie vir rumatiekvingers om die breinaalde klikkend te laat praat.

Hierdie weldoeners van ACVV Ons Huis in Kimberley het op 8 April 2019 hierdie truie aan die minderbevoorregte kinders van ACVV ya Tshepo Creche in Leratopark oorhandig.

 



Wednesday 17 April 2019

Tuesday 16 April 2019

Monday 15 April 2019

Rooifontein-uitstappie ...



Die uitstappie Rooifontein toe, bly maar een van die
hoogtepunte op Ons Huis se kalender. Woensdag, 27 Maart,
het ons gesorg dat ons op ons plek is, toe die bussie se wiele
draai! Dankie vir 'n heerlike uitstappie!

Sunday 14 April 2019

Saturday 6 April 2019

Thursday 4 April 2019

Tuesday 2 April 2019

Monday 1 April 2019

Doktersvoorskrifte

Deesdae met ons oë wat nie meer aldag so skerp sien nie en dokters wat so onleesbaar skryf, groei my bewondering by die dag vir die aptekers wat weet wat daar staan, want ek kan nie lees wat daar staan nie.