Thursday 31 March 2022

Our Body Fears When …


This is the urgent call of fear from your body. Please pay attention!!!

Stomach fears “When you skip breakfast.”

Kidney fears “When you don’t even drink 10 glasses of water in 24 hours.”

Gallbladder fears “When you don’t sleep till 10 PM and won’t wake up even after sunrise.”

Small intestine fears “When you eat cold and stale food.”

Large intestines are scared “When you eat oily spicy non-vegetarian food.”

Lungs fear “When you breathe in cigarette and bidi smoke, dirt and polluted environments.”

A liver is scared “When you heavily eat street food, junk, and fast food.”

Heart fears “When you eat high salt and cholesterol food.”

The pancreas is scared “When you overeat sweets in the greed of taste and available for free.”

Eyes fear “When you work in the light of the screen of the mobile and computer in the dark.”

AND

Brain fears “When you overthink about the negative situations and become tensed.”

Please listen to your body and take care of your organs. 
This is the only place you have to live. 
They are not available in any market for a replacement. 
Which are available they are very expensive and may not be adjusted to your body. 
So keep your body organs healthy and eat natural, drink natural.

[Dankie, Elsa, wat hierdie onder ons aandag gebring het.]

[Vir verdere leeswerk, klik HIER.]

Wednesday 30 March 2022

Woensdag-wysheid

Die aarde lag in blomme.
 
[E E Cummings]

Sunday 27 March 2022

WATERDRUPPEL vir die WEEK = Oorlewingswaarhede

Liewe Leser

Hierdie is 'n klein gedeeltetjie om te lees, aan te herkou, weer te lees, te oordink en die waarheid agter elke woord te ontdek! Besoek gerus die FB van hierdie gelowige woordkunstenaar.

Besoek Divine Life Bediening HIER

ooOOOoo

Groete en Vrede!!!

Somertyd hier in die vergeetkant van die land is waar die lang, warm sonskynure en kort sweterige nagte beskrywend van 'n tipiese dag is. Dis ook die enigste tyd wanneer die warmste hemellig van meet af aan alles wat leef en beef sonder ophou uitdaag. Heel vergete sal 'n paar maande gelede se ylerig wintersonnetjie en bibberende suidewindjie wees.

Somertyd in die Kalahari skep ook geleenthede om knus toegewikkel te wees in 'n atmosfeer van warmte en snoesigheid. 'n Atmosfeer waar ons as mensegoed kan wegraak in Sy warmte en Sy snoesigheid. Daar waar stilte en afhanklikheid nuwe betekenis kry. En sodra jy met die Skepper se onverklaarbare warm vrede toegevou word en jy jou afhanklikheid in stilte aan Hom kan verklaar, deel Hy graag kosbare oorlewingswaarhede en kleinnodes.

Waarhede en kleinnodes soos:

  • Mensegoed se harte is nes Kalahari-blomme - hulle verdor in 'n storm van veroordeling maar blom in die sagtheid van jou genade.
  • 'n Woestynlewe vereis dat jou integriteit altyd duideliker moet wees as jou buitekant beeld.
  • Met 'n binneste-binne vol vertroue en 'n hart vol geloof, sal alle sandpaaie na Soetwaterfontein lei - Sy Soetwaterfontein wat nooit opdroog nie.
  • Waarheid wat uit 'n opregte hart vol liefde stroom, proe soos soet reënwater uit 'n tenk.
  • Om goed te doen is altyd beter as om reg te wees.
  • Al is dit hoe edel om die seer in jou binneste-binne te ignoreer, sal jou beste probeer nooit die seer kan wegvat of verander nie.
  • Dit is slegs My liefde wat die son in jou gebroke hart laat opkom ... nie tyd nie.
  • Die eerste lesse om te leer in 'n alleenwees woestynlewe is die waarde van 'n hart wat verstaan en 'n hand om vas te hou.
  • Onder elke mens se harde en ongenaakbare droë woestynbeeld, skuil daar iemand wat na opregte waardering en ware liefde smag.
  • Mag daardie dwarsduin voor jou oë nooit die horison wat Ek vir jou getrek het buite sig plaas nie.
  • Elke mensegoed wat vensters van jou hart raaksien, verdien om met 'n opregte glimlag gegroet te word ... al verswelg menigte stofstorms jou.
  • Jou woestynlewe mag moeilik wees, maar saam met My is jy sterker.
  • Al wat Hy van jou vra is om jou winter aan Sy son te hang.

Nou ja, los tog maar asseblief mooi spore in ander se harte en onthou ... in Sy koeltewind vind dit wat jy soek en kry jy dit waarvoor jy vra.

Sandkorrel baie seëninge

[Dankie, Valeri Killian, dat jy ons lesers aan Divine Life Bediening bekend gestel het. Ek glo baie is nou gereelde besoekers en lesers van die WATERDRUPPEL vir die WEEK]

Grandmas ...


Happiness ...


Saturday 26 March 2022

Saterdaggenotjies: So ietsie om ons dag op te kikker

When my grandson Billy and I entered our vacation cabin, we kept the lights off until we were inside to keep from attracting pesky insects. Still, a few fireflies followed us in. Noticing them before I did, Billy whispered, "It's no use Grandpa. Now the mosquitoes are coming after us with flashlights..."

Wednesday 23 March 2022

Tuesday 22 March 2022

Interessante statistiek

 
Dit bly altyd heerlik om te sien wie ons lesers is en vandag het ons 'n hele paar besoeke (106) uit ons eie land gekry en 90 besoeke uit België. Dit was 'n verrassing. En dan stel die Amerikaners nogal belang in ons doen en late hier aan die suidpunt van Afrika. 

Dankie vir elke leser wat 'n draai hier maak - ons hoop dat as julle 'n kansie kry om so deur ons blog te blaai, julle op pitkos sal afkom. 

Die lewe is ongelooflik ...

[Dankie, Valerie, dat jy hierdie stukkie waarheid met ons almal deel.] 
 

Dinsdag-denke: TOE IS DIT WINTER ...

Ek het dit eers vinnig gelees, tot ek by die derde sin gekom het ... Ek het opgehou en weer voor begin lees, maar dié keer stadiger - dit laat jou regtig stop en dink ...

Jy weet ... tyd het n manier om vinnig te loop en jou onverhoeds te betrap sonder dat jy aan die verbygaande jare dink. Dit voel soos gister dat ek jonk was. Tog, op n manier, voel dit soos n leeftyd gelede en ek wonder waar al die jare heen is. Ek weet dat ek almal geleef het, ek kry terugflitse van hoe dit tóé was, en ook van al my hoop en drome.

Maar hier is dit ... die winter van my lewe, en ek is verras ... hoe het ek so gou hier gekom? Waar is die jare heen, en wat het van my jeug geword? Ek onthou so goed hoe ek deur die jare na ouer mense gekyk en gedink het dat ek baie jare agter daardie ouer mense is, ... en dat die winter so ver weg was ... dat ek myself nie kon indink hoe dit moes wees nie.

Maar ... hier is dit ... my vriende word grys, en tree af ... hulle beweeg stadiger ... en ek sien nou ouer mense. Sommige lyk beter en ander slegter as ek ... maar, ek sien die groot verandering. Nie meer dié wat ek onthou wat jonk en lewenslustig was nie ... maar, soos ek, begin hulle ouderdom wys en óns is nou daardie ouer mense wat ek gesien, maar nooit gedink het ek ook sal word nie. Nou vind ek dat net om in die stort te klim, 'n regte prestasie vir die dag is. En 'n middagslapie is nie meer 'n bederfie nie, maar 'n vereiste! Want as ek dit nie uit my eie vrye wil doen nie ... raak ek bloot aan die slaap net daar waar ek sit!

En so betree ek 'n nuwe seisoen van my lewe ... onvoorbereid op al die skete en kwale, en die verlies van krag en die vermoë om te gaan doen wat ek nog altyd wou, maar nooit het nie! Maar ten minste weet ek, hoewel my winter gekom het, en ek nie seker is hoe lank dit sal duur nie ... weet ek dat, wanneer dit hier op aarde verby is, is dit verby ... 'n nuwe avontuur sal begin!

Ja, ek het verwyte, en ek is jammer oor dinge wat ek wens ek nie gedoen het nie, dinge wat ek moes gedoen het, en baie dinge wat ek gedoen het waaroor ek bly is. Dit is alles deel van 'n leeftyd.

So, as jy nog nie in die winter van jou lewe is nie, laat ek jou herinner dat dit vinniger hier sal wees as wat jy dink. So, wat jy ookal graag in jou lewe wil bereik, doen dit asseblief gou! Moenie dinge te lank uitstel nie! Die lewe gaan gou verby. Doen vandag wat jy kan, want jy kan nooit seker wees of hierdie jou winter is of nie! Jy het geen belofte dat jy al die seisoene van jou lewe gaan sien nie, só, leef vir vandag en sê vir jou geliefdes al die dinge wat jy wil hê hulle moet onthou ... en hoop dat hulle jou waardeer en liefhet vir al die dinge wat jy vir hulle in jou leeftyd gedoen het!

Die lewe is 'n geskenk aan jou, en die manier waarop jy jou lewe leef, is 'n geskenk aan dié met wie jy dit deel. 
  • Leef goed! 
  • Leef voluit! 
  • Geniet vandag, élke dag! 
  • Doen iets wat jy geniet! 
  • Wees lief vir ander! 
  • Déél wat jy het, moenie net daarmee "brag" nie.
Goeie gesóndheid is ware rykdom, nie goud en silwer nie.

Vriendskap met familie en vriende is rykdom. As julle om watter rede ookal uitmekaar gedryf het, vergewe en vergeet ... leef vorentoe en nie in die verlede nie, want môre mag dalk nooit aanbreek nie!

Vandag is die oudste wat jy nóg was en tog ook die jongste wat jy ooit sal wees - so, geniet hierdie dag vir solank dit duur!

Jou kinders is goed ... maar jou kleinkinders is volmaak!

Om uit te gaan is goed, maar om by die huis terug te kom is beter!

Jy vergeet name ... maar dis okay want daar is mense wat vergeet dat hulle jou ooit geken het!

Die dinge wat jy altyd graag gedoen het, doen jy nie meer nie, maar jy dink nogal daaraan dat jy nie regtig meer omgee dat jy dit nie meer doen nie ...

Jy slaap beter in n leunstoel voor die lawaaierige TV as in jou bed ...

Jy mis daardie dae toe alles met net 'n AAN- of AF-skakelaar gewerk het ...

Jy is geneig om meer kort woordsinne te gebruik soos "Waar?" "Hoesê?" ...

Noudat jy duur juwele kan bekostig, is dit nie veilig om dit êrens heen te dra nie ...

Jy merk dat alles wat in winkels verkoop word, is "mouloos" ...

Wat altyd sproetjies was, is nou "lewervlekke" ...

Jy het 3 groottes klere in jou hangkas ... 2 waarvan jy nooit sal dra nie ...

Maar OUD is goed in sommige dinge: OU liedjies, OU flieks, en beste van alles ... OU VRIENDE!!!

Mooi bly, my OU VRIEND!

Stuur hierdie aan OU VRIENDE ... dit is nie dit wat jy bymekaarmaak nie, maar dit wat jy uitdeel wat vertel van die soort lewe wat jy geleef het!

[Lees nog Dinsdag-denke HIER]

Saturday 19 March 2022

Saterdaggenotjies: So ietsie om ons dag op te kikker

I didn't know if my granddaughter had learned her colours yet, so I decided to test her. I would point out something and ask what colour it was. She would tell me and was always correct. It was fun for me, so I continued. At last, she headed for the door, saying, "Grandma, I think you should try to figure out some of these colours yourself!"

Wednesday 16 March 2022

Woensdag-wysheid

"'n Lewe van opoffering is die toppunt van kuns en is vol ware vreugde." -Mahatma Gandhi

Monday 14 March 2022

Vandag se internetgebed vir jou

Liewe Heer, waar elkeen vandag mag rondbeweeg 
gee dat ons sal onthou dat ons Koningskinders is. 
Hou ons styf teen U vas 
en seën elkeen met 'n dubbele mate bo verwagting,
sodat ons verbaas sal terugstaan 
en sal sê "waarlik die Here leef" 
AMEN. 

Waar jy jou ookal vandag mag bevind - maak 'n verskil in iemand se lewe. 
Geniet jou dag en leef voluit!

[Geleen]

Saturday 12 March 2022

Saterdaggenotjies: So ietsie om ons dag op te kikker

A little girl was diligently pounding away on her grandfather's word processor. She told him she was writing a story. "What's it about?" he asked. "I don't know," she replied. "I can't read."

Wednesday 9 March 2022

Woensdag-wysheid

“Pyn is tydelik. Om op te hou duur vir ewig. '- Lance Armstrong
 

Tuesday 8 March 2022

Dinsdag-denke: Geloof

Twyfel sien die struikelblok
Geloof sien die weg

Twyfel sien die donkerste nag
Geloof sien die dag

Twyfel is te bang om ‘n treetjie te neem
Geloof sweef op die hoogtes

Twyfel vra, “Wie glo?”
Geloof antwoord, “Ek!”

[Nog Dinsdag-denke HIER

In the blink of an eye ...


Saturday 5 March 2022

Saterdaggenotjies: So ietsie om ons dag op te kikker

My grandson was visiting one day when he asked, "Grandma, do you know how you and God are alike?" I mentally polished my halo and I said, "No, how are we alike?'' "You're both old," he replied.

Wednesday 2 March 2022

Woensdag-wysheid

"Niemand is nutteloos in hierdie wêreld wat die laste van ander verlig nie." - Charles Dickens 

Tuesday 1 March 2022

Dinsdag-denke: Omskep

'n Jong dame het 'n pragtige sysakdoekie van haar vriend gekry. Eendag het die inkpot per ongeluk
omgeval en van die inkspatsels het op die sakdoekie te lande gekom en dit lelik gevlek. Sy was bitter
hartseer en het haarself verwyt, omdat sy deur haar eie nalatigheid die mooi gekenk so bederf het.

Haar vriend wat 'n kunstenaar was, het op daardie oomblik ingekom en toe sy met 'n droewige gesig
die sakdoekie aan hom toon, het hy net geglimlag en dit by haar geneem. In sy studeerkamer het hy aan die werk gespring en met die fynste kwassies 'n pragtige patroon op die sakdoekie geskilder
wat die inkkolle heeltemal onsigbaar gemaak het. Daarna het hy die sakdoekie aan haar teruggegee.
"O, maar dit is nie my sakdoekie nie." het sy gesê. "Ja dit is," was sy antwoord. Al wat ek gedoen het,
was om die lelike vlekke in 'n sierlike ontwerp te omskep!"

Is dit nie wonderlik nie?

Dit is wat God met ons sondevlekke en mislukkings doen wanneer ons met ware berou en skulderkentenis na Hom toe kom en onsself onvoorwaardelik aan Hom oorgee. Hy maak iets mooi en wonderlik van ons lewens.

As u nog nie u lewe vir Jesus gegee het nie, wil u nie nou u lewe vir Hom gee dat Hy iets kosbaars
daarvan kan maak nie? Almal is kosbaar in Sy oë.

~ Oorgeneem ~

[Lees nog Dinsdag-denke HIER]

Thankful for family and friends