Tuesday 1 March 2022

Dinsdag-denke: Omskep

'n Jong dame het 'n pragtige sysakdoekie van haar vriend gekry. Eendag het die inkpot per ongeluk
omgeval en van die inkspatsels het op die sakdoekie te lande gekom en dit lelik gevlek. Sy was bitter
hartseer en het haarself verwyt, omdat sy deur haar eie nalatigheid die mooi gekenk so bederf het.

Haar vriend wat 'n kunstenaar was, het op daardie oomblik ingekom en toe sy met 'n droewige gesig
die sakdoekie aan hom toon, het hy net geglimlag en dit by haar geneem. In sy studeerkamer het hy aan die werk gespring en met die fynste kwassies 'n pragtige patroon op die sakdoekie geskilder
wat die inkkolle heeltemal onsigbaar gemaak het. Daarna het hy die sakdoekie aan haar teruggegee.
"O, maar dit is nie my sakdoekie nie." het sy gesê. "Ja dit is," was sy antwoord. Al wat ek gedoen het,
was om die lelike vlekke in 'n sierlike ontwerp te omskep!"

Is dit nie wonderlik nie?

Dit is wat God met ons sondevlekke en mislukkings doen wanneer ons met ware berou en skulderkentenis na Hom toe kom en onsself onvoorwaardelik aan Hom oorgee. Hy maak iets mooi en wonderlik van ons lewens.

As u nog nie u lewe vir Jesus gegee het nie, wil u nie nou u lewe vir Hom gee dat Hy iets kosbaars
daarvan kan maak nie? Almal is kosbaar in Sy oë.

~ Oorgeneem ~

[Lees nog Dinsdag-denke HIER]

No comments:

Post a Comment