Showing posts with label Dankfees. Show all posts
Showing posts with label Dankfees. Show all posts

Saturday, 22 July 2023

Dankfees: 29 Julie 2023

Kom besoek gerus die beroemde Disneyland teen 'n baie bekostigbare prys. Die wisselkoers is uitstekend en geen paspoorte en toustanery is nodig nie ... 'n Een maal in 'n leeftyd geleentheid vir alle kinders. Een van die vele celebs vir die dag is Mickey Mouse wat spesiaal vir die kinders gaan kom sing en dans - hierdie is die hoogtepunt van 'n baie spesiale kuier!

Gee vroulief die naweek af en kom koop 'n heerlike ete saam met poeding om die gesin te bederf. Bring jou vriende en bure saam. 

Waar: Dutoitspan-gemeente, Dyerplek, Beaconsfiel, Kimberley
Wanneer: Saterdag, 29 Julie 2023

SIEN JOU DAAR!!

Thursday, 13 July 2023

Basaar: 29 Julie 2023 - omkring die datum

29 Julie is om die draai en so ook Dutoitspan Kerk se jaarlikse basaar. Kom kuier gerus vir ons. Vanjaar is die basaar op die kerkterrein self. Daar is vir elke smaak iets by die basaar: kuns, boeke, 'n groot verskeidenheid eetgoed, vermaak vir die kinders en heerlike geselskap van al die Dutoitspanners! 
Kontak gerus die kerkkantoor vir verdere inligting by 053 842 1100.