Showing posts with label Skilder. Show all posts
Showing posts with label Skilder. Show all posts

Tuesday, 3 October 2023

Dinsdag-denke: Die beskadigde skildery

Eendag was ’n baie bekende skilder besig om die laaste afrondings te doen aan sy skildery. Die skildery was voorwaar ’n pragstuk en sou uitgestal word by die koning se jaarlikse banket in die paleis.

Die skilder was so vasgevang in sy skilderwerk dat hy onbewustelik ’n paar treë agteruit getree het om die 2 x 4 meter grootte skildery te betrag. Hy het nie teruggekyk terwyl hy terugtree nie en elke nou en dan gee hy nog ’n paar ekstra tree terug om ’n geheelprentjie van die skildery te kry. Hy het so bly terugloop totdat sleg een treetjie weg was van die rand van die kant van die hoë gebou waarop hy geskilder het.

’n Man het gesien wat die skilder besig was om te doen en was op die punt om vir hom te skreeu dat hy moet pasop, maar besef baie gou dat die skilder dalk kan skrik en na benede stort. Die man hardloop na die skildery en gryp die skilder se verfpalet en kwas en begin wild strepe oor die skildery te verf. Die skildery was geruïneer.

Toe die skilder sien wat die man besig was om te doen, raak hy baie kwaad en storm op die man af om hom aan te rand en weg te kry van sy pragtige skildery. Die ander omstanders gryp die skilder vas en draai hom om sodat hy kan sien waar hy gestaan het en hoe naby hy daaraan was om van die gebou af te val.

Somtyds is ons beplanning so pragtig uitgewerk en ons het die toekomsdoek beskilder met die mooiste verwagtinge en uitgewerkte planne dat ons selfs kan glo dat daar niks mee verkeerd kan gaan nie. Dan skielik kom God en vernietig die pragtige skildery wat ons vir onsself uitgewerk het en met veel moeite geskilder het.

Die rede ... Hy is die een wat kan sien watter gevaar lê daar vir ons voor.

Soms is ons woedend en verwyt die Almagtige vir dit wat Hy aan ons skildery gedoen het. Maar een ding moet ons in gedagte hou: Die Here voorsien slegs die beste vir ons, Sy kinders, en sal enigiets doen, selfs ons skildery bederf, om te keer dat ons oor die afgrond van verderf sal stort.

Tuesday, 9 January 2018

Twee geslagte was al inwoners...

Ronell en Alda Pienaar wat ook graag hoede van
Miem Jacobs gedra het.
Baie dekades terug was mnr. en mev. Van der Bank inwoners van Ons Huis. Hulle was van Douglas, waar mnr. Van der Bank 'n plaasbestuurder was. Hulle een dogter, Miem Jacobs, was baie jare later ook 'n inwoner van Ons Huis.

Miem Jacobs het al die jare in Freemanplek 3A gebly en almal in Kimberley het die kort, klein kunstige vroutjie geken. Sy was kreatief en die kunstalent het sommer in sulke dik strome deur haar are geloop. Sy kon in verskeie mediums werk. Dit was net deel van wie sy was.

Sy het in die sestiger en sewentiger jare o.a. hoede gemaak. In daardie jare het almal hoede kerk toe gedra, biduur toe en na spesiale geleenthede. Sy het nie net hoede vir belangrike geleenthede gemaak nie, sy het ook hoede gemaak wat by jou persoonlikheid en jou hartsbegeertes pas.

Dit was nie ongewoon vir mense om met hulle rok of pakkie by haar aan te kom en dan moes sy 'n unieke hoed ontwerp om die uitrusting af te rond nie. Mense wat nie van winkelhoede gehou het nie, kon verseker wees dat dit wat jy gekry het, is dit wat jy graag wou hê. 

Sy het ook gereeld kursusse in hoedemakery aangebied, wat baie gewild was.

[Inligting: Mnr. Schalk Pienaar - kassier van gemeente vanaf 1961 - 2016]