Showing posts with label Hulp. Show all posts
Showing posts with label Hulp. Show all posts

Monday, 11 November 2024

Ons Huis se wenslys

Ons Huis benodig o.a. die volgende:
Elektriese skeermesse
Ensure, aanmaakkoeldrank
Handskoene en urinestokkies
Klere vir die klerewinkel
Kuiers oor 'n koppie tee - veral hier rondom die vakansie en Kerstyd
Lakens en "linen savers"
Pleisters en verbande
Skoonmaakmiddels
Skryfbehoeftes
Snoeperye
Tuinmeubels vir die onderdak stoepe.
Toiletware
Vrywilligers wat sal kom lees

U kan ook ‘n donasie maak om genoemde items te koop. Die inwoners is lief vir kuier en 'n geselsie - kom maak gerus 'n sosiale draai by Ons Huis. 

Thursday, 18 July 2024

Noordkaap Bulletin: "Steek hand uit; maak ander se nood ligter"


Klik op die berig/prent om te kan lees of lees gerus die artikel van Helena Barnard oor Allan Visagie HIER!

Tuesday, 5 March 2024

Dinsdag-denke: Twee kommervrye dae

Daar is twee dae in elke week waaroor ons, ons nie moet bekommer nie, twee dae wat vry gehou moet word van vrees en besorgdheid.

Die een dag is gister met al sy foute en bekommernisse, sy pyne en skete, sy wroeginge en tekortkominge.

Gister is verby en is glad nie meer binne ons beheer nie. Al die geld in die wêreld kan gister nie weer terugbring nie.

Ons kan nie een enkele aksie wat ons gister gedoen het, ongedaan maak nie; ons kan nie ’n enkele woord uitvee wat ons geuiter het nie.

Gister is vir ewige verlore.

Die ander dag waaroor ons ons nie moet bekommer nie is môre, met al sy moontlike probleme en laste, sy belofte van grootheid wat hy mag inhou of sy swak prestasie wat dit mag oplewer. Môre is buite ons onmiddellike beheer.

Môre se son sal opkom, hetsy in volle glorie of agter ’n wolkemasker, maar dit sal opkom. Totdat dit opkom, het ons nog geen aandeel in môre nie, want dit moet nog gebore word.

Dit los ons net met een dag ... vandag.

Enige persoon kan die geveg net voer vir een dag en dit is vandag. Dit is wanneer ons die laste van die twee ander entiteite, gister en môre, byvoeg, wat maak dat ons gebroke en moedeloos raak.

Dit is nie die ondervinding van vandag wat ’n persoon tot raserny dryf nie, dit is die spyt en jammerte van iets wat gister gebeur het en die vrees van wat môre mag bring.

Daarom moet ons leef vir vandag en so leef asof elke dag ons laaste dag is, sodat ons met blydskap verantwoording kan doen oor ons aksies vandag. 

[Dankie, Anoniem]

Thursday, 9 November 2023

Dink hieroor: Swem of sink

Ons deel in die leesvreugde van die lesers van die Tuinroete, Hessequa en die Karoo. Ons klomp hier in die NK geniet Klaas Niemandt se hartstories wat in die Graaff-Reinet Advertiser verskyn. Oom Klaas weet dat mense mekaar nodig het, maar gee mense altyd hulp of is kritiek makliker?

Klik HIER as jy wil weet hoekom swem in die lewe belangrik is.

Tuesday, 28 March 2023

Dinsdag-denke: Om goeie mielies te kweek

Daar was lank gelede ’n boer wat wenmielies gekweek het. Elke jaar het hy sy mielies ingeskryf by die landbouskou en soos klokslag wen hy die blou roset vir die beste mielies in die distrik.

Een jaar het die joernalis van die plaaslike dagblad ’n onderhoud met hom gevoer en iets baie interessants geleer rondom die boer se manier van mielieverbouing. Die verslaggewer het te wete gekom dat die boer sy aanplantingsaad deel met sy bure.

“Hoe kan jy dit bekostig om jou mieliesaad te deel met jou bure, terwyl hulle ook elke jaar inskryf vir die beste mieliekompetisie?” vra die verslaggewer aan die boer.

“Maar, Meneer,” sê die boer “het jy nie geweet? Die wind tel stuifmeel op van die rypwordende mieliekoppe en waai dit van saailand na saailand. Indien my bure minderwaardige gehalte mielies verbou sal kruisbestuiwing stadig maar seker die kwaliteit van my mielies nadelig beïnvloed. Indien ek goeie mielies wil hê, moet ek my bure help sodat hulle ook goeie mielies verbou.”

Die boer was terdeë bewus van die mens se interafhanklikheid van mekaar. Sy mielies kan nie verbeter tensy sy bure se mielies nie ook verbeter nie.

So is dit ook gesteld met ons lewens. Die wat in vrede wil lewe moet ook hul bure help om in vrede te lewe. Die wat gelukkig wil wees moet ook ander om hulle help om geluk te vind, aangesien die welstand van elke een verbind is aan die welstand van almal.

Dit is moontlik om weg te gee en steeds ryker te word! Dit is ook moontlik om te styf vas te hou en alles te verloor. Ja, die vrygewige man sal ryk wees! Deurdat hy aan ander water gee, les hy ook sy eie dors.

Spreuke 11:24-25
Daar is een wat ruim uitdeel en nog meer kry, en een wat terughou meer as wat reg is, maar tot sy gebrek. Die siel wat seën, word versadig; en hy wat laaf, word self ook gelaaf.

[Lees nog stories HIER]

Tuesday, 28 July 2020

Hulp ...

Alle mense het een of ander tyd hulp buite die mens self nodig, nie waar nie?
Dit is nie 'n vorm van swakheid as hulp gevra word nie. Dit is eerder 'n vorm van swakheid en dwaasheid as hulp op die verkeerde plek of persoon (godheid) gesoek en gevra word!

So, nou is die vraag: Waar en by wie soek ek en jy hulp?

Laastens, dink daaraan, is dit bloot "toevallig" dat Jesus se EERSTE saligspreking dan juis gaan oor hulp en afhanklikheid van God?

"The Beattitudes” (Be-attitudes/wat ons houding-attitude moet wees)
Mat 5:3 Salig is dié wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.
Arm van gees, vertaal in NAV met afhanklik van die Here.

Salomo het hierdie vertroue-afhanklikheid-hulp van die Here verstaan.

Ps.124:8 Ons hulp kom van die Here,wat hemel en aarde gemaak het.

Wednesday, 25 March 2020

Inperking: Ons het julle hulp nodig

Ons het elkeen se hulp nodig om uit te reik na hulle wat o.a. in aftree-oorde is. Hierdie is 'n unieke onvoorsiene situasie en daarom is almal se daadwerklike bydrae nodig. As ons winkel toe gaan om die huis se voorraad aan te vul, dink gerus aan jou bejaarde bure, hulle wat siek is in jou onmiddellike omgewing en die ouetehuise in jou buurt. Laai gerus 'n ekstra bottel Jik, skottelgoedwasseep, handewasseep, toiletpapier en 'n ekstra blikkie kos in. Dit gaan nie 'n groot verskil aan ons maak nie, maar wel aan die ontvanger. 

Minister Ebrahim Patel, minister van ekonomiese ontwikkeling het gevra dat almal in 'n gees van welwillendheid sal saamwerk. Kom ons wys dat ons regtig omgee.


Friday, 20 December 2019

Kersfees is 'n tyd om te gee ...

  • Ons Huis benodig die volgende: 

BESOEKERS en kuiermense so welkom
BOEKE vir die biblioteek
BORDSPELETJIES - skaakstelle 
Elektriese skeermesse
Ensure, aanmaakkoeldrank
Handskoene en urinestokkies
Klere vir die klerewinkel
Kuiers oor 'n koppie tee
Lakens en "linen savers"
Pleisters en verbande
Skoonmaakmiddels
Skryfbehoeftes
Snoeperye
Steggies en bemesting vir die tuin 
Tuinmeubels
Toiletware
Tydskrifte
Vrywilligers wat sal kom lees
Verf en verfkwaste - daar is niks soos verf om nuwe lewe aan 'n item te gee nie.

Desembermaand: 
Borg ‘n inwoner se kersete .
Borg ‘n kersgeskenk.
Vrywilligers wat kan help met die opmaak van die eetsale en bediening van die kersete om dit meer huislik in Ons Huis te maak.



U kan ook ‘n donasie maak om genoemde items te koop.

Friday, 29 November 2019

Hulp: In die gees van die naderende Kersfees!

Ons Huis benodig die volgende: 
BESOEKERS en kuiermense so welkom
BOEKE vir die biblioteek
BORDSPELETJIES - skaakstelle 
Elektriese skeermesse
Ensure, aanmaakkoeldrank
Handskoene en urinestokkies
Klere vir die klerewinkel
Kuiers oor 'n koppie tee
Lakens en "linen savers"
Pleisters en verbande
Skoonmaakmiddels
Skryfbehoeftes bv. fotostaatpapier
Snoeperye
Steggies en bemesting vir die tuin 
Tuinmeubels
Toiletware
Tydskrifte
Vrywilligers wat sal kom lees
Verf en verfkwaste - daar is niks soos verf om nuwe lewe aan 'n item te gee nie.

Desembermaand: 
Borg ‘n inwoner se kersete
Borg ‘n kersgeskenk.
EETGOED om teetyd op te kikker
Vrywilligers wat kan help met die opmaak van die eetsale en bediening van die kersete om dit meer huislik in Ons Huis te maak.



U kan ook ‘n donasie maak om genoemde items te koop.

Wednesday, 30 October 2019

Is jy beskikbaar? Hou jy daarvan om uit te reik?

Ons Huis benodig die volgende: 
BESOEKERS en kuiermense so welkom
BOEKE vir die biblioteek
Elektriese skeermesse
Ensure, aanmaakkoeldrank
Handskoene en urinestokkies
Klere vir die klerewinkel
Kuiers oor 'n koppie tee
Lakens en "linen savers"
Pleisters en verbande
Skoonmaakmiddels
Skryfbehoeftes
Snoeperye
Steggies en bemesting vir die tuin 
Tuinmeubels
Toiletware
Tydskrifte
Vrywilligers wat sal kom lees



U kan ook ‘n donasie maak om genoemde items te koop.

Friday, 27 September 2019

Sien die behoeftes van ONS HUIS raak!

Ons Huis benodig die volgende: 
Boeke vir ons biblioteek
Doeke (volwassenes)
Elektriese skeermesse
Ensure, aanmaakkoeldrank
Handskoene
Klere vir die klerewinkel
Kuiers oor 'n koppie tee
Lakens en "linen savers"
Pleisters en verbande
SAAD of steggies vir ons tuin (groente en blomme)
Skoonmaakmiddels
Skryfbehoeftes bv. fotostaatpapier
Snoeperye
Tuinmeubels
TOILETWARE
Tydskrifte
Vrywilligers wat sal kom lees 


U kan ook ‘n donasie maak om genoemde items te koop.

Friday, 30 August 2019

Waar is jy?

Ons Huis benodig die volgende: 
Boeke vir ons biblioteek
Doeke (volwassenes)
Elektriese skeermesse
Ensure, aanmaakkoeldrank
Handskoene en urinestokkies
Klere vir die klerewinkel
Kuiers oor 'n koppie tee
Lakens en "linen savers"
Pleisters en verbande
Skoonmaakmiddels
Skryfbehoeftes bv. fotostaatpapier
Snoeperye
Vrywilligers wat sal kom lees 
Tuinmeubels
Toiletware
Tydskrifte


U kan ook ‘n donasie maak om genoemde items te koop.

Monday, 26 August 2019

Kan jy ONS help?

Ons Huis benodig die volgende: 
Elektriese skeermesse
Ensure, aanmaakkoeldrank
Handskoene en urinestokkies
Klere vir die klerewinkel
Kuiers oor 'n koppie tee
Lakens en "linen savers"
Pleisters en verbande
Skoonmaakmiddels
Skryfbehoeftes
Snoeperye
Vrywilligers wat sal kom lees 
Tuinmeubels
Toiletware

U kan ook ‘n donasie maak om genoemde items te koop.

U kan ook Lentedag spesiaal maak vir die inwoners.

Saturday, 27 July 2019

Die hardloop-engele van Ons Huis ...

Vir elke tekkie teen die teer, 'n groot dankie vir julle onbaatsugtige bydrae. Dit maak 'n reuse verskil. Mag julle nog baie jare geseënd wees om 'n verskil te maak, daar waar dit nodig is. Nog foto's hier.





Friday, 26 July 2019

Slegte ekonomiese tye raak ook Ons Huis!

Ons Huis benodig die volgende: 
Boeke vir ons biblioteek
Drinkgoed - tee, koffie, melk, suiker
Elektriese skeermesse
Ensure, aanmaakkoeldrank
Handskoene en urinestokkies
Klere vir die klerewinkel
Kuiers oor 'n koppie tee
Lakens en "linen savers"
Pleisters en verbande
Skoonmaakmiddels
Skryfbehoeftes
Snoeperye
Vrywilligers wat sal kom lees 
Tuinmeubels
Toiletware

Tydskrifte

U kan ook ‘n donasie maak om genoemde items te koop.

Friday, 28 June 2019

Raak betrokke en reik uit

Ons Huis benodig die volgende: 

Elektriese skeermesse
Ensure-aanmaakkoeldrank
Handskoene en urinestokkies
Klere vir die klerewinkel
KOMBERSE vir die winter
Kuiers oor 'n koppie tee
Lakens en "linen savers"
Pleisters en verbande
Skoonmaakmiddels
Skryfbehoeftes
Snoeperye
Vrywilligers wat sal kom lees 
Tuinmeubels vir die onderdakstoepe.
Toiletware
Wol vir ons wolklublede

U kan ook ‘n donasie maak om genoemde items te koop.

Thursday, 2 May 2019

Wenslys


Ons Huis benodig die volgende: 
Elektriese skeermesse
Ensure, aanmaakkoeldrank
Handskoene en urinestokkies
Klere vir die klerewinkel
Kuiers oor 'n koppie tee
Lakens en "linen savers"
Pleisters en verbande
Skoonmaakmiddels
Skryfbehoeftes
Snoeperye
Vrywilligers wat sal kom lees 
Tuinmeubels vir die onderdak stoepe.
Toiletware

U kan ook ‘n donasie maak om genoemde items te koop.

Wednesday, 24 April 2019