Wednesday 25 March 2020

Inperking: Ons het julle hulp nodig

Ons het elkeen se hulp nodig om uit te reik na hulle wat o.a. in aftree-oorde is. Hierdie is 'n unieke onvoorsiene situasie en daarom is almal se daadwerklike bydrae nodig. As ons winkel toe gaan om die huis se voorraad aan te vul, dink gerus aan jou bejaarde bure, hulle wat siek is in jou onmiddellike omgewing en die ouetehuise in jou buurt. Laai gerus 'n ekstra bottel Jik, skottelgoedwasseep, handewasseep, toiletpapier en 'n ekstra blikkie kos in. Dit gaan nie 'n groot verskil aan ons maak nie, maar wel aan die ontvanger. 

Minister Ebrahim Patel, minister van ekonomiese ontwikkeling het gevra dat almal in 'n gees van welwillendheid sal saamwerk. Kom ons wys dat ons regtig omgee.


No comments:

Post a Comment