Showing posts with label Jannie Moolman. Show all posts
Showing posts with label Jannie Moolman. Show all posts

Monday, 10 September 2018

'n Fotoblik op Jannie en Kevin se DUET ...

Die baie bekende Jannie Moolman en Kevin Leo het op 1 September 2018 by Taberna Dei in Kimberley opgetree. Die fondse het vir Ons Huis gegaan. 'n Uit-die-hart-uit-dankie aan elkeen wat die konsert bygewoon het, asook diegene wat verantwoordelik was vir die reëlings. Elkeen van julle het bygedra tot die sukses van dié aand. Gaan loer gerus op die ACVV FB vir nog 144 foto'tjies.





Monday, 3 September 2018

'n Aand om te onthou ...

Kevin Leo en Jannie Moolman het die lente op 'n luisterryke wyse in Kimberley verwelkom. Die fondse is ten bate van Ons Huis.

Diegene wat nie die konsert bygewoon het nie, het werklik iets groots gemis. Hier is die sangers  saam met die voorsitter van ACVV Kimberley se bestuur, mev. Raedun Malherbe.

Gaan besoek die ACVV FB

Sunday, 2 September 2018

Terugvoer na die Duet-optrede

Annatjie Deyzel: "Ek wil net sê dat die mense wat nie hierdie duet gaan kyk het nie, het baie verloor. Dit is musiek uit die boonste rakke. Baie dankie ACVV. Jammer hulle kon nie bietjie langer sing nie."

Inwoner: "Dankie vir al die moeite wat die ACVV doen, om fondse in te samel, ons sien dit raak."

Dankie!

'n Groot DANKIE aan elkeen wat bygedra het tot gisteraand se sukses. Dankie aan elkeen wat 'n kaartjie gekoop het om ons te ondersteun. Ons hoop dit is nie die laaste keer wat ons u sien nie. Ons hier by Ons Huis het u ondersteuning en gebede nodig. Mag die res van die jaar vir elkeen gevul wees met die geur van lentebloeisels. 

Friday, 31 August 2018

Enkele kaartjies nog beskikbaar!!

Kom ontspan en vergeet van alle probleme. 1 September is lente en met 'n DUET in die hart, kan dit ons gemoed verander.
Dis nog nie te laat om die laaste kaartjies op te raap nie. Sien jou daar!!