Showing posts with label Geduld. Show all posts
Showing posts with label Geduld. Show all posts

Monday, 9 February 2026

Vandag se internetgebed vir jou: Leer my om te wag sonder om te twyfel ...

Here, leer my om te wag sonder om te twyfel, 
en om aan te hou glo
wanneer niks verander nie. 
Versterk my hart - 
nie net vir die eindpunt nie, 
maar vir die pad daarheen. 
Help my om te sien dat U naby is, 
selfs in die stilte. 
Laat my geduld getuig 
van my vertroue in u tydsberekening. 
Amen  

Wednesday, 21 January 2026

Hartsake oor 'n koppie tee: Hy wil jou suksesvol maak

Wanneer God jou suksesvol wil maak,
sal Hy eers jou gemaksone wegneem,
Hy sal jou geduld toets,
Hy sal jou isoleer,
Hy sal jou geloof uitdaag.
Want voordat Hy jou die lewe gee waarvan jy droom,
bou Hy die weergawe van jou wat dit kan hanteer.

Wednesday, 3 December 2025

Hartsake oor 'n koppie tee: Vir elke dag ...

Praat die kleinmoediges moed in.
Help die swakkes en
wees geduldig met elkeen wat jou pad kruis. 

Wednesday, 1 October 2025

Hartsake oor 'n koppie tee: As jy ...

As jy eerlikheid plant, sal jy vertroue oes.
As jy integriteit plant, sal jy karakter oes.
As jy opregtheid plant, sal jy goeie dinge oes.
As jy respek plant, sal jy vriende oes.
As jy goedheid plant, sal jy tevredenheid oes.
As jy vriendelikheid plant, sal jy glimlagte oes.
As jy geduld plant, sal jy kalmte oes.
As jy goeie dade plant, sal jy hoop oes.
As jy dankbaarheid plant, sal jy innerlike geluk oes.
As jy nederigheid plant, sal jy grootheid oes
As jy volharding plant, sal jy bevrediging oes.
As jy oordenking plant, sal jy perspektief oes.
As jy sweet plant, sal jy sukses oes.
As jy vergifnis plant, sal jy versoening oes.
As jy jou hart plant, sal jy liefde oes.
As jy geloof, hoop en liefde plant, sal jy die mooi van die lewe oes.

Sunday, 30 April 2023

Geloof

Vir ons geloof om te groei het ons geduld nodig.
Geloof is soos 'n spier wat oor 'n lang tyd oefening nodig het om te groei.
Wanneer ons ten volle verstaan dat God ons liefhet en dit aanvaar, dan kan ons geduldig wag en die moeilike omstandighede verduur. 

Friday, 14 September 2018