Ons Huis: Moedersdag


Terug na HOME PAGE

Wat is 'n ouma?
Oumas is tannies wat nie kinners het nie
en daarom het sy anner mense se kinners lief.
‘n Ouma hoef niks te doen nie,
sy moet net daar wees.
As ‘n mens saam met ‘n
ouma gaan stap, staan sy by
mooi goed soos parastoele en
goggas stil sodat jy kan kyk.
Oumas sê nooit jy moet gou maak nie.
Oumas is gewoonlik vet maar nie te vet
om ‘n kind se skoene vas te maak nie.
Oumas dra ‘n bril en snaakse onderklere
en kan hulle tanne en tandvleise uithaal.
Oumas hoef nie slim te wees nie,
hulle moet net weet hoekom bakly
katte en honne en hoekom het hoenners
vere en kan nie vlieg nie
en oumas moet ook weet wat is
husse met lang ore.
Almal moet tog probeer om ‘n ouma te hê
want hulle is grootmense wat altyd tyd
het om met kinners te speel.
Wat is 'n Ma?
(Deur die oë van 'n kind)
Maas is baja mooi. Hille kleer hille gesigte in. Maas lees vir mens stories. Maas kan goet sien, as jy klaar gebat het sien hille dis nog vyl agter jou ore. As jy stout is sien hulle deer 'n mier en vra wat jy alweer doen. Hill maak groente vir kos en ons kry lekker poeding as ons allis opeet.

Maas moet baje slim wees, want ons jivrouens gee vir ons hyswerk dan doen ons maas dit. Maas vat kinners skool toe en soen hille voor anner kinners en tannies. Maas is altyd laat en sê kinners moet gou maak.

As jy siek is, pas Maas jou op. Maas het baje gelt vir tamatiesous, pienatbater, seep en tannepasta, koffie en pap maar net biekie gelt vir swiets. Maas sê altyt hille is vet as hille ou kleere aantrek, niewe kleere pas net reg en dan is hille maar.

Maas is baje virsigtig. Hille sê altyt pasop vir karre en slyt al die dere. Hille is bang vir krieke en jaag die hond van die bet af.

Maas is baje vliks. Hille praat lank op die foon, lees boek en kyk dys of de laaivs op tiewie en dan maak hille vinig kos voorlat Paas kom.

Maas gaan eendag hemil toe want hille bit baje en ken alis van Liewe Hiesis. Ek is baje lief vir Maas.


Klik HIER vir Die hande van ‘n mamma ...

Saluut, ouma Sannie!
Jy was ongeneeslik fluks. Tot my ongeneeslike irritasie, veral toe ek ‘n tiener was wat net wou lees en droom. Ek sien jou weer in Sutherland se koue verbystoom met opgeskuifde moue. Ek kla ek kry koud. “Jy moet net werk, my kind!” Jou werksetiek was so onvernietigbaar dat ek in my lewe nooit, ooit vir ‘n oomblik sal kan lui wees sonder dat my gewete my bloots ry nie. Jy was ongeneeslik onselfsugtig. Ek wens ek kon net naastenby so wees. Ek werk al jare lank hard daaraan om hierdie erfenis opsy te skuif. Ek kan nou al selfs my persoonlike behoeftes voor dié van my gesin stel. Soms. Vir ‘n klein rukkie.

Jy was die nederigste mens wat ek ooit geken het. Toe jy oud en swak was en ek dit verskriklik gevind het om jou in die stort te moet help, het jy met daai twee diepbruin oë na my toe opgekyk en ek het geen vernedering of seergemaakte trots daarin gesien het. Net vertroue. En dit het ‘n vreugde geword om jou te help.

Saluut, ouma Sannie! Ek kan nie glo dis al ses jaar nie. En ja, ek dink nog steeds soms wat ek in daardie laaste tyd anders sou doen as weer die kans kon kry. En is steeds nederig dankbaar dat ek die een kon wees wat jou laaste nag met jou kon deel, wat jou hand tot die einde kon houvas en nou jou eenvoudige trouring met trots en liefde kan dra.

NS. En nee, ek het haar nooit, ooit gejy en gejou nie.

NS. En ja, ek sit met ‘n glas wyn en tjank dat dit klap. Ek hoop my lesers ook – dis goed vir die gees.

[Hierdie stukkie pos het anoniem op my tafel geland. Ek weet nie wie dit geskryf het nie en ook nie wie die besondere ouma Sannie was nie. Maar ek deel dit graag met almal wat al hierdie paadjie geloop het.]


Dankie, Elsa Minne

Mamma
U was altyd daar op my lewenspad
Gereed met ‘n glimlag, ‘n drukkie, bystand of raad
Dankie Mamma vir die betekenis wat u aan my lewe gee.







Gelukkige Moedersdag

Die Here het ma’s gemaak. Terwyl Adam diep geslaap het, het die Here aan die werk gespring. Een van die engele het by Hom kom staan en gesê: Here, U doen darem baie moeite met hierdie een! Die Here het vir die engel gesê: Het jy die spesifikasies op hierdie model gesien? Sy moet heeltemal wasbaar wees, maar nie van plastiek nie. Sy moet 180 bewegende parte hê, almal vervangbaar. Sy moet op swart koffie en oorskietkos kan funksioneer. Sy moet ‘n skoot hê waarop lekker gesit kan word, maar verdwyn as sy opstaan. Sy moet ‘n soen hê wat alles kan genees, van ‘n gebreekte been tot ‘n gebreekte hart na ‘n stukkende romanse. En ses pare hande.

Die engel het sy kop geskud en gesê: ses pare hande! Kan nie wees nie!

“Dit is nie die hande wat my besig hou nie, dis die drie pare oë wat ‘n ma moet hê. Een paar moet deur toe deure kan kyk as sy vra: Wat maak julle daar binne- as sy alreeds weet. Een paar agter in haar kop om te sien wat sy nie moet nie, maar nodig het om te weet. En ‘n paar voor om te sien as ‘n kind groot foute maak, om nog steeds te kan sê: Ek verstaan, en ek het jou nog steeds lief! Sonder om ‘n woord te sê. Ek het nou alreeds een gemaak wat so naby aan My is- sy kan haarself heelmaak. Sy kan ‘n gesin kos gee met een kilogram maalvleis, en ‘n driejarige in ‘n bad kry. Sy kan dink, redeneer en kompromieë maak. Die engel voel so oor die ma se wang. Verbaas sê sy: Maar sy lek! Dalk het U te veel in hierdie model probeer inbou- alles kan nie binne bly nie! Die Here sê: sy lek nie- dit is ‘n traan! “Waarvoor is dit daar”, vra die engel. Die Here antwoord: “Dit is vir blydskap, hartseer, teleurstelling,­ pyn, eensaamheid en trots.” “Here, U is wonderlik!”- sê die engel in verwondering.

Maar die Here sê: “EK het dit nie daar gesit nie!”

No comments:

Post a Comment