Thursday 27 July 2023

His heavenly album

A mother looked at her watch at home and saw that it was almost time for school to get out.
And because the weather was very heavy and it looked like it was going to rain at any moment, she decided to go to school and pick up her eight-year-old daughter.

On the way to school, a hard rain fell and at school her daughter saw her and started running towards her. Suddenly there was a flash of a lightning beam and for a moment her daughter stood still, looked at the sky above, gave a beautiful smile and then she continued running.

This happened quite a few times, until the little girl reached the car.

Her mother immediately asked her when she got into the car, why did you stop every time lightning strikes, and then you smile to heaven,

I had to stop, says the little girl, didn't mommy see, God was busy taking pictures of me.

As I thought about this story, it slowly dawned on me that if God would really take our pictures, He would surely also need an album to store them. And now comes the question ... If God were to take pictures of us during the day for His heavenly album, what would He have photographed today.

There where you shouted the cashier in the bank, or where you swore the petrol joggie. Or would there be pictures where you helped the old woman across the road, or gave a hungry child a packet of food.

Only you will know what pictures God took of your life today. Let's live so that we won't be ashamed when that photo album is opened.

Tuesday 25 July 2023

Dinsdag-denke: Armand Jan Bouwer - 'n ware verhaal

Armand Jan Bouwer, wat tans by Denel Aerostructures in Kempton Park werk, het ʼn beroering veroorsaak toe hy op 2 Maart 2018 ʼn goue medalje by die Suid-Afrikaanse karatekampioenskap in Pretoria gewen het. Wat sy prestasie so uniek en anders as dié van ander gouemedaljewenners maak, is dat Armand VACTERL-sindroom oorkom het – ʼn toestand wat kardiovaskulêre, maag- en ruggraatprobleme insluit.

Armand is op 7 Februarie 1996 in Benoni, Gauteng, gebore. Op agt maande het hy ernstige hartprobleme ontwikkel. Dokters het sy familie in kennis gestel dat hy hartversaking het en sy enigste hoop op oorlewing was ʼn opehartoperasie. Hy het sy eerste operasie ondergaan toe hy drie dae oud was. Hy was agt uur lank in die teater en dokters was nie hoopvol dat hy sou oorleef nie.

Op 12 het Armand pynlike prikkels in sy arms en bene ontwikkel. Dokters het bevind dat sy skoliose van 32 grade tot 82 grade vererger het; dit het geweldige druk op sy rugmurgsenuwees veroorsaak. Die enigste manier om totale verlamming te voorkom, was ʼn spinale fusie om die ruggraat reguiter te maak sodat die druk op die senuwees verlig kon word. Na ʼn uitputtende, 10 uur lange operasie het Armand kwaadaardige hipertermie ontwikkel – ʼn allergiese reaksie op die narkosegas. Na 32 ampules van die teenmiddel teen die narkose het Armand begin reageer. Hy is gestabiliseer en was 11 dae in ʼn koma. Ongelukkig kon die spinale fusie nie voltooi word nie en sy ruggraat kon dus ook nie reguiter gemaak word nie. Hy het egter die kwaadaardige hipertermie oorleef - die eerste oorlewende van dié siekte in 112 jaar. Na hierdie beproewing het Armand 12 kg in twee weke verloor en amper geen spiermassa oorgehou nie. Hy was agt maande lank in die hospitaal en dokters het sy familie op die ergste voorberei omdat hy inwendig bly bloei het.

Maar weer het Armand ander planne gehad; hy het aanhou veg en oorleef. Hy moes van voor af leer om te loop, sit, staan en alledaagse takies te verrig. As gevolg van die onvoltooide spinale fusie het Armand net 30% longkapasiteit, maar hy het sy skooljaar met gemiddeld 79% geslaag.

Op 18 Januarie 2016 het Armand besluit sy fisiese beperkings gaan hom nie stuit nie en hy het saam met sy oudste broer by die Goju Karate Academy aangesluit. Hy sê die enigste gestremdheid in die lewe is ʼn negatiewe houding.

Armand is nou 22 jaar oud en weeg slegs 40 kilogram, maar hy sy liggaam het reeds ʼn gedaantewisseling ondergaan. Onder sensei Marius Madgwick en sensei Tarryn Madgwick se vaardige leiding kan hy al 30 opstote en 11 optrekke doen. Hy het ʼn blou gordel en sê niks gaan hom keer om sy swart gordel te kry nie.

[Besoek die web vir inligting]

Monday 24 July 2023

Vandag se internetgebed vir jou

Vader, ek is nie goed onder druk nie.
Die prentjie wat gewys word, is nie altyd so mooi nie.
Ek vermoed dis omdat my geloof nie stewig genoeg in U gegrond is nie.
Help my om my geloof in U te versterk, sodat dit die winde en storms van die lewe kan deurstaan.
In Jesus se Naam.
Amen.

'n Mens sterf en sien God naderkom met 'n groot reistas in Sy hand ...

Hulle begin praat ...

God:"Kom my kind, dis tyd om te gaan."
Mens: "So gou? Maar ek het nog baie planne om ..."
God: "Jammer. Dis tyd om te gaan."
Mens: "Wat is in die tas?"
God: "Jou besittings."
Mens: "U bedoel my goed? Soos geld en klere en ..."
God: "Al daardie goed was nooit joune nie, dit behoort aan die Aarde."
Mens: "Is dit my herinneringe?"
God: "Nee, dit behoort aan Tyd."
Mens: " Is dit my talente?"
God: "Nee, dit behoort aan Omstandighede."
Mens: "Is dit my vriende en familie?"
God: "Nee, dit behoort aan die Pad deur jou geloop."
Mens: " Is dit my huweliksmaat en kinders?"
God: "Nee, dit behoort aan jou Hart."
Mens: "Dan moet dit my liggaam wees!"
God: "Nee my kind, dit behoort aan Stof."
Mens: "Dan is dit beslis my siel!"
God: "Ongelukkig is jy verkeerd. Jou siel behoort aan My."

Moedeloos en hartseer vat die mens die tas by God en maak dit oop ...

Leeg ...

Hartgebroke vra die mens: "Het ek dan nooit iets besit nie?"
God: "Dis reg, ja. Jy het nooit iets besit nie."
Mens: "Maar, wat wàs dan ooit myne?"
God: "Oomblikke. Elke oomblik wat jy geleef het, was joune. Jy het nét oomblikke besit."

Daarom ...
  • Doen goed, in elke oomblik.
  • Dink goed, in elke oomblik.
  • Lééf, in elke oomblik.
  • Hê lief, in elke oomblik.
  • Dank God vir elke oomblik.
Die lewe is net 'n oomblik:
  • Léwe dit ...
  • Geniét dit ...
  • Liéf dit ... elke oomblik
[Dankie, Rosetta Venter, vir hierdie bydrae.]

Sunday 23 July 2023

Grandparents' Day


  • Thanks for all of your love, support, and wisdom.
  • Thanks for all the ways you spoil me.
  • I'm grateful for all the fun times we've shared.
  • Thanks for taking such good care of me.
  • Thanks for teaching me so much.
  • You're so much fun to be around.
  • I’ve learned so much from you.
  • You’re one of the kindest people I know.

Happy Grantparents Day

Saturday 22 July 2023

Dankfees: 29 Julie 2023

Kom besoek gerus die beroemde Disneyland teen 'n baie bekostigbare prys. Die wisselkoers is uitstekend en geen paspoorte en toustanery is nodig nie ... 'n Een maal in 'n leeftyd geleentheid vir alle kinders. Een van die vele celebs vir die dag is Mickey Mouse wat spesiaal vir die kinders gaan kom sing en dans - hierdie is die hoogtepunt van 'n baie spesiale kuier!

Gee vroulief die naweek af en kom koop 'n heerlike ete saam met poeding om die gesin te bederf. Bring jou vriende en bure saam. 

Waar: Dutoitspan-gemeente, Dyerplek, Beaconsfiel, Kimberley
Wanneer: Saterdag, 29 Julie 2023

SIEN JOU DAAR!!

Tuesday 18 July 2023

67 minute vir Mandeladag vir die onsigbares langs die pad

67 minute een keer per jaar is nie baie gevra nie en tog is daar nie baie mense wat gehoor daaraan gee nie. 

Een van die heerlike uitreike was Hester Kok, personeellid van Kimberley se ACVV, wat besluit het dat 18 Julie só in die middel van die winter is, dat warm vetkoek met maalvleis nie net die mense met 'n warm eetdingetjie in die hand gaan los nie, maar ook met 'n warm hart.

Werklose mense wat so hoopvol langs die pad staan in die hoop om 'n werkie vir die dag te kry, word dikwels onsigbaar vir ons wat elke dag verby hulle ry.

Die voorbereiding is met baie liefde aangepak en almal was betrokke by die uitdeel.





Dinsdag-denke: Voetspore in die sand

Een nag het ek ’n droom gehad.
Ek het gedroom dat ek op die strand loop en gebeure uit my verlede het voor my afgespeel.

In elke toneel het ek twee rye voetspore in die sand gesien: myne en die Here Jesus s’n.

Toe die laaste toneel voor my afspeel‚ het ek teruggekyk na die voetspore in die sand en merk toe op dat daar soms net een ry spore was.

Dit was telkens gedurende die eensaamste en droewigste tye in my lewe!

Dit het my gehinder en ek het gevra: “Here‚ toe ek begin het om U te volg‚ het U beloof dat U my nooit in die steek sal laat nie.
Hoekom was daar dan net een ry spore gedurende daardie moeilike tye in my lewe? Ek kan nie verstaan waarom U‚ in die tye wat ek dit die nodigste gehad het‚ my verlaat het nie.”

Die Here het geantwoord: “My liewe kind! Ek het jou lief en sal jou nooit verlaat nie. Die tye wat jy net een ry spore gesien het was die tye toe Ek jou gedra het.”

Thursday 13 July 2023

Basaar: 29 Julie 2023 - omkring die datum

29 Julie is om die draai en so ook Dutoitspan Kerk se jaarlikse basaar. Kom kuier gerus vir ons. Vanjaar is die basaar op die kerkterrein self. Daar is vir elke smaak iets by die basaar: kuns, boeke, 'n groot verskeidenheid eetgoed, vermaak vir die kinders en heerlike geselskap van al die Dutoitspanners! 
Kontak gerus die kerkkantoor vir verdere inligting by 053 842 1100.

Tuesday 11 July 2023

ACVV Kimberley: SOCIAL WORK POST


Closing date for applications will be on the 14th of July 2023

If you have received no feedback by 31st of July, please see your application as unsuccessful.

Minimum requirements:
  • Degree in Social Work.
  • Registration with the SACSSP and Proof of payment for 2022/2023
  • Knowledge of developmental social work, Children’s Act and Child Protection Services
  • Computer Literacy
  • Valid Driver’s Licence
  • Police Clearance Certificate
  • Child Protection register screening and feedback that your record is clear to render services to children and families.
  • Afrikaans & English proficiency.
Salary and benefits negotiable within the scale of the ACVV.
Send Complete CV to the Regional Manager Northern Cape email: stella@acvv.org.za

Dinsdag-denke: Die verhaal van die klein miertjie

Daar is ‘n pragtige verhaal van ‘n klein miertjie wat op die oor van ‘n groot olifant saamgery het. Op ‘n stadium moet die olifant ‘n rivier oorkruis waarvan die stroom baie sterk is. Die enigste manier om die rivier veilig oor te steek is om oor die wankelrige hangbrug te loop. Trappie-vir-trappie, en al swaaiend, loop die olifant stadig oor die hangbrug wat net-net die swaar gewig kan dra. Uiteindelik is die olifant en die miertjie veilig oor die brug, toe die die miertjie sê: “Sjoe, maar daardie brug het ons twee nou behoorlik laat bewe.”

Alhoewel die miertjie nie vreeslik hard gewerk het om die brug oor te steek nie, was dit tog die twee van hulle wat sáám die brug oorkruis het.

Dit is dieselfde met ons wat die pad saam met Jesus aanpak. Hy is ons Leidsman en krag terwyl ons die pad saam met hom stap

Monday 10 July 2023

Vandag se internetgebed vir jou: Ek kan nie bid ...

Ek kan nie bid ONSE as ek net vir myself leef nie
Ek kan nie bid VADER as ek nie Sy kind geword het nie
Ek kan nie bid WAT IN DIE HEMELE IS as ek nog aardsgebonde is nie
Ek kan nie bid LAAT U NAAM GEHEILIG WORD as ek dit ydellik gebruik nie
Ek kan nie bid LAAT U KONINKRYK KOM as ek nie Sy woord uitdra nie
Ek kan nie bid LAAT U WIL GESKIED as ek altyd my eie sin wil hê nie
Ek kan nie bid om my DAAGLIKSE BROOD as ek spandabelrig lewe
Ek kan nie bid SOOS ONS ONS SKULDENAARS VERGEWE as ek met ‘n wrok rondloop nie
Ek kan nie bid LEI ONS NIE IN VERSOEKING as ek met sonde speel nie
Ek kan nie bid AAN U BEHOORT DIE KONINKRYK as ek Jesus nie dien nie
Ek kan nie bid EN DIE KRAG as daar nog vrees in my hart is nie
Ek kan nie bid EN DIE HEERLIKHEID as die eie ek my lewe regeer nie
Ek kan nie bid TOT IN EWIGHEID as ek nie Sy koms verwag nie
Ek kan nie sê AMEN as ek nie glo soos ‘n kind nie.

Sunday 9 July 2023

Dankbare hart

By ’n pragtige foto van ’n sonsopkoms is die volgende aanhaling van John Lennon: “When you do something noble and beautiful and nobody noticed, do not be sad. For the sun every morning is a beautiful spectacle, and yet most of the audience still sleeps.”

Dit kan ’n mens nogal moedeloos maak as jy elke dag jou bes doen en niemand sien dit eers raak nie. As dit weer gebeur, kan jy weet: God het dit raakgesien. Hy sien alles wat jy doen, en Hy glimlag wanneer jy die dinge doen wat Hy van sy kinders vra.

Van jou kant af kan jy ’n punt daarvan maak om die dinge wat jou man en kinders vir jou doen, raak te sien en vir hulle dankie te sê. En natuurlik ook al die dinge wat God jou uit genade gee. So kan jy ’n kransie van dankbaarheid en waardering om elke dag span en vir jouself ’n wenjaar maak.

GEBED: Here, help my om meer dikwels my waardering teenoor U en my hartsmense uit te spreek. Ek loof U dat U altyd die dinge wat ek probeer reg doen, raaksien. Amen.

[Hierdie oordenking is geneem uit GESKENK VAN GENADE deur Nina Smit]

Friday 7 July 2023

ACVV Kimberley: SOCIAL WORK POST


Closing date for applications will be on the 14th of July 2023

If you have received no feedback by 31st of July, please see your application as unsuccessful.

Minimum requirements:
  • Degree in Social Work.
  • Registration with the SACSSP and Proof of payment for 2022/2023
  • Knowledge of developmental social work, Children’s Act and Child Protection Services
  • Computer Literacy
  • Valid Driver’s Licence
  • Police Clearance Certificate
  • Child Protection register screening and feedback that your record is clear to render services to children and families.
  • Afrikaans & English proficiency.
Salary and benefits negotiable within the scale of the ACVV.
Send Complete CV to the Regional Manager Northern Cape email: stella@acvv.org.za

Thursday 6 July 2023

Thank you to all our volunteers ... you are angels


Volunteers
"Are just ordinary people with extraordinary
Hearts.
They offer the gift of their time
To teach, to listen, to help, to inspire, to build,
To grow, to learn.
They expect no pay,
Yet the value of their work knows no limit …
They know the unexpected joy
Of a simple hug.
They have planted tiny seeds of love
In countless lives.
Volunteers
Are just ordinary people
Who reach out
And take a hand
And together
Make a difference
That lasts for a lifetime."

Tuesday 4 July 2023

Dinsdag-denke: Die skoene

Ek was vars gestort en netjies geskeer. Ek het my mooi das nog eenkeer reggetrek en toe vertrek. Ek het net betyds by die kerkbank ingeskuif en wou net my oë toemaak in gebed toe ek uit die hoek van my oog 'n paar skoene sien wat langs my ingeskuif het.

Ek het gesug ... was dit nou nodig om so naby aan my te sit dat ons skoene aanmekaar geraak het? Ek het my oë gesluit ... ONSE Vader ... toe onthou ek dat die Here ook sy Vader is ... Maar nog steeds ontsteld wonder ek of hy nie net sy skoene kon skoonmaak nie. Die skoene se punte was afgekrap ... ‘n dik laag stof het op die skoene gelê en sowaar daar was nog ‘n gat aan die kant van die skoen.

Sekerlik het die man geen skaamte of trots nie ... DANKIE VIR U SEËNINGE het die gebed aangegaan. “Amen,” het die paar skoene langs my hardop gesê.

Ek het so hard probeer om op die gebed te konsentreer, maar elke keer het my oë gedwaal na die paar skoene langs myne. Sekerlik moet ons altyd probeer om op ons beste te lyk wanneer ons by die kerkdeure instap. Wel, sekerlik het hierdie paar skoene langs my nie baie moeite gedoen nie.

Die gebed het geëindig en die lofsange het begin. Die paar skoene langs my het met volle oorgawe saamgesing. Met oë gesluit en hande omhoog, het die skoene uit volle bors met diep oortuiging die lofliedere aan ons Skepper geoffer.

Ek was seker dat nie net die Here nie, maar die hele dorp hierdie man se lofliedere gehoor het. En toe kom die tyd vir die offergawe. Ek het n stewige bydrae ingegooi, en toe die bordjie aangegee na die skoene langs my. Daar was diep in die sakke gekrap ... eers die een en toe die ander een en diep onder in die sak is sy bydrae uitgehaal en met ‘n helder geklink het die muntstukkie in die pragtige silwer bord geval.

Ek het gesteurd na die skoene langs my gekyk, maar hy het so ‘n salige uitdrukking op sy gesig gehad. So dankbaar dat hy wel iets gehad het om te gee.

Toe was dit tyd vir die Woord. En laat ek nou maar eerlik wees, dit het my tot in my siel verveel, tot ek na die skoene langs my se gesig gekyk het.

Groot trane het by sy wange ofgerol ... Hy het met diep aandag geluister ... en ek het gewonder wat ek dan gemis het. Ek was so besig met die skoene en die oordeel in my hart dat ek die seëning van die Woord totaal en al gemis het. Sy hart was vol ... sy honger was gestil ... en ek, ek het gewonder waarom ek dan nog so leeg gevoel het.

Toe besef ek; ek het nie soos die skoene langs my gekom met ‘n verwagting nie ... daarom het ek niks ontvang nie en sy beker loop oor. Golwe skuldgevoel het oor my gespoel en ek het geweet die stukkende skoene het my vandag ‘n baie duur les geleer.

Dit was ons gewoonte om altyd na die diens vreemdelinge te laat welkom voel, en na die slotgebed het ek my hand na die skoene uitgesteek. Die gesig was oud en verrimpeld van baie son en weer en die hand wat myne vasvat was vol eelte.

Die skoene het na my gekyk en gesê: My naam is Charlie en ek is so bly om jou te ontmoet. Sy oë was vol hartseer en pyn. Ek kom al ‘n paar maande hier, maar jy is die eerste om my te groet. Ek weet my kleredrag is nie op standaard nie, maar ek probeer baie hard om altyd op my beste te lyk, en ek politoer gereeld my skoene maar die lang stap hierheen op die stofpad laat dit altyd weer vuil en vol stof.

My hart het begin pyn en ek het swaar gesluk aan die groot knop in my keel. Ek was stil, want ek het geweet as ek iets sou sê sou my woorde leeg en blikkerig klink teenoor die opregtheid van die stukkende skoene.

Ek het weer sy vereelte hand gedruk en toe met trane bely: Jy het my siel aangeraak en vandag het jy my ‘n groot les geleer ... dat die mooi van die mens in sy hart lê en nie in sy blink nuwe skoene nie.

Dankie dat jou skoene vandag vir my ‘n groot les geleer het. Dat daardie vuil stukkende skoene my geleer het om anders te sing, om meer intens te luister en om altyd met ‘n verwagting te kom sodat ek vol en tevrede kan uitstap.

Ek wil julle vanoggend met die volgende vraag los: hoe kyk JY na die kinders in jou klas, na die kinders se ouers, na jou medegelowiges, na hulle wat jou pad kruis? Trek jy jou neus vir hulle op omdat hulle ‘skoene nie blink nie’ en vol ‘gate’ is? Kom ons leer vandag almal iets uit hierdie pragtige verhaal.

God sê in Sy woord dat die mens na die buitekant kyk, maar God na die binnekant, na die hart van ‘n mens. Waarna kyk jy? Wat sal God by JOU kry?

[Besoek hierdie webwerf vir nog kosbare lesse]