Monday 10 July 2023

Vandag se internetgebed vir jou: Ek kan nie bid ...

Ek kan nie bid ONSE as ek net vir myself leef nie
Ek kan nie bid VADER as ek nie Sy kind geword het nie
Ek kan nie bid WAT IN DIE HEMELE IS as ek nog aardsgebonde is nie
Ek kan nie bid LAAT U NAAM GEHEILIG WORD as ek dit ydellik gebruik nie
Ek kan nie bid LAAT U KONINKRYK KOM as ek nie Sy woord uitdra nie
Ek kan nie bid LAAT U WIL GESKIED as ek altyd my eie sin wil hê nie
Ek kan nie bid om my DAAGLIKSE BROOD as ek spandabelrig lewe
Ek kan nie bid SOOS ONS ONS SKULDENAARS VERGEWE as ek met ‘n wrok rondloop nie
Ek kan nie bid LEI ONS NIE IN VERSOEKING as ek met sonde speel nie
Ek kan nie bid AAN U BEHOORT DIE KONINKRYK as ek Jesus nie dien nie
Ek kan nie bid EN DIE KRAG as daar nog vrees in my hart is nie
Ek kan nie bid EN DIE HEERLIKHEID as die eie ek my lewe regeer nie
Ek kan nie bid TOT IN EWIGHEID as ek nie Sy koms verwag nie
Ek kan nie sê AMEN as ek nie glo soos ‘n kind nie.

No comments:

Post a Comment