Showing posts with label Mieliemeel. Show all posts
Showing posts with label Mieliemeel. Show all posts

Saturday, 9 November 2024

Resep: Mieliemeel-maalvleiskasserol

'n Maklike, eenvoudige en goedkoop resep, maar baie lekker.
Bestanddele
1 koppie mieliemeel
2 koppies water
1 tl sout
1 ui, grof gekap
Halwe groen soetrissie (in blokkies gesny)
15 ml olie
500 g maalvleis
knippie braaivleisspeserye
sout en peper
60 ml tamatiesous
1 tamatie in skywe gesny  
2 eiers
Halwe koppie melk

Metode
Voorverhit oond tot 180 grade C
Smeer 'n oondvaste bak.
Meng die mieliemeel, water en sout in 'n kastrol en kook tot gaar.
Roer gereeld.
Sorteer die ui en soetrissie in die olie tot sag.
Voeg maalvleis by en braai tot gaar - maar nie bruin nie.
Geur met braaivleisspesery en sout en peper.
Voeg die tamatiesous by en meng.
Meng hierdie mengsel met die mieliepap en skep in die voorbereide bak.
Plaas tamatieskywe bo-op en geur liggies met sout en peper.
Klits die eiers en melk saam en giet bo-oor.
Bak sowat 30 minute of tot die eiermengsel gestol het.
Genoeg vir 4-6 mense

Wenk
Bedien met groen slaai of heerlike mengelslaai.

[Hierdie resep is een van die inwoners se staatmakerresep]

Saturday, 2 November 2024

Resep: Mieliemeelvetkoek

Bestanddele
2 koppies krummelpap
1,5 koppie melk (kan suur- of karringmelk ook gebruik)
2 eiers
sout na smaak
2,75 tl bakpoeier
1.5 koppie koekmeel

Metode
  • Klits eiers, melk en sout saam.
  • Voeg pap by - meng goed.
  • Sif meel en bakpoeier by - meng goed.
  • Bak in warm olie soos gewone vetkoek.  
Een van die inwoners het 'n klompie mieliemeelresepte met Ons Huis gedeel wat die volgende paar Saterdae  geplaas gaan word.

Saturday, 26 October 2024

Resep: Mieliemeelmuffins

Bestanddele
2 koppies mieliemeel
2 koppies koekmeel
5 ml sout
35 ml bakpoeier
3 groot eiers
500 ml melk
1 blikkie sweetcorn
1 blikkie heelpitmielies
250 g botter of magarien, gesmelt

Metode
  • Voorverhit die oond tot 180 grade C.
  • Klits eiers en melk saam.
  • Voeg die mielies en botter by en meng goed.
  • Voeg die mieliemengsel by die droë bestanddele en meng liggies.
  • Skep die beslag in groot muffinpannetjies.
  • Bak vir 30-35 minute of tot goudbruin en gaar.
  • Laat vir 10 minute in die pan afkoel.
  • Haal 12 heerlike groot muffins uit.
  • Geniet!!
Een van die inwoners het 'n klompie mieliemeelresepte met Ons Huis gedeel wat die volgende 4 Saterdae  geplaas gaan word.

Saturday, 19 October 2024

Resep: Mieliebrood op die braaivleisvuur

Bestanddele 
500 ml koekmeel
15 ml bakpoeier
2 ml sout
125 ml suiker (opsioneel)
1 blikkie geroomde mielies (sweetcorn)
3 eiers

Metode
  • Meng al die droë bestanddele saam.
  • Klits eiers goed.
  • Voeg nou die geroomde mielies en geklitste eiers by droë bestanddele - meng goed.
  • Smeer ’n klein ysterpot rojaal met botter.
  • Sit die deeg in en bak oor matige kole tot gaar.
  • Baktyd: 45-55 minute.
Wenk:
Sit’n paar kole op die deksel sodat die bokant ook mooi kan verbruin.
Geniet broodjie met heerlike druiwekonfyt of waatlemoenstrukke 

Een van die inwoners het 'n klompie mieliemeelresepte met Ons Huis gedeel wat die volgende paar Saterdae geplaas gaan word.

Saturday, 12 October 2024

Resep: Mieliemeelbrood

Bestanddele
1,5 koppie melk
2 koppies mieliemeel
1 tl sout
4 eetlepels botter of margarien
3 eiers, goed geklits
2 tl bakpoeier

Metode
  • Verhit 1 koppie melk.
  • Meng die res van die melk met die mieliemeel.
  • Voeg aangemaakte meel, sout en botter by warm melk - meng goed.
  • Laat afkoel.
  • Voeg geklitste eiers en bakpoeier by.
  • Sit mengsel in klein gesmeerde broodpannetjie.
  • Bak vir 30-40 minute teen 180 grade C.
[Een van die inwoners het 'n klompie mieliemeelresepte met Ons Huis gedeel wat die volgende paar Saterdae geplaas gaan word.]

Tuesday, 29 October 2019

Omgeeharte deel graag omgeesakkies uit ...

Ons  lewe in moeilike tye. Emosioneel, finansieel en spiritueel. Dis 'n mondvol, maar in kort kom dit daarop neer dat ander se probleme en moeilike omstandighede móét vir my saak maak.

Pablo Casals het baie jare terug al gesê: "In omgee lê die lewe se diepste betekenis."

Omgee is sonder ego en dit beweeg altyd uitwaarts. Iemand wat omgee, besef en verstaan ʼn ander se nood en behoefte, en voorsien dan so goed as moontlik in daardie behoefte. Een van hierdie agtergrondwerkers is Francois Crauwcamp. 'n Stille werker wat 'n berg of liewer 'n ton mieliemeel verskuif, sonder dat 'n haan daarna kraai.

So oor die provinsie se grense heen werk hy en daarom die groot dankie. 'n Stewige bord Vrystaatse mieliepap sit net daardie ekstra sonenergie in die rustende ou bene ...

Hier staan Lerato Motshabi, Poppie Riet en Sina de Bruyn in die kombuis van Ons Huis waar een van die stoppunte was.

Dankie Francois dat jy ons nie verbygegaan het nie!