Pablo Casals het baie jare terug al gesê: "In omgee lê die lewe se diepste betekenis."
Omgee is sonder ego en dit beweeg altyd uitwaarts. Iemand wat omgee, besef en verstaan ʼn ander se nood en behoefte, en voorsien dan so goed as moontlik in daardie behoefte. Een van hierdie agtergrondwerkers is Francois Crauwcamp. 'n Stille werker wat 'n berg of liewer 'n ton mieliemeel verskuif, sonder dat 'n haan daarna kraai.

Hier staan Lerato Motshabi, Poppie Riet en Sina de Bruyn in die kombuis van Ons Huis waar een van die stoppunte was.
Dankie Francois dat jy ons nie verbygegaan het nie!
No comments:
Post a Comment