Showing posts with label Ouderdom. Show all posts
Showing posts with label Ouderdom. Show all posts

Friday, 25 September 2026

Gedig: Die Goue Oes

Die pad was lank, die draaie baie,
deur somerhitte en wintervlae.
Elke rimpel vertel sy eie storie,
van klein oorwinnings en verbygaande glorie.

Ons soek nie meer na die wêreld se geraas,
of om die vinnigste wedloop te haas.
Die ware wysheid lê nou stil en diep,
in die drome wat ons sagkens aan die slaap gesus het.

Dis die kuns om met vrede terug te kyk,
om te weet die siel is ryk.
Nie aan goud of silwer of aardse besit,
maar aan liefde, genade, en die krag van bid.

So stap ons aan in die laatmiddaglig,
met 'n dankbare hart en 'n sagte gesig.
Want die aandwind bring 'n diep verstaan:
elke tree was die moeite werd gewees om te gaan.

[Geskryf deur 'n KI-assistent]

Friday, 18 September 2026

Gedig: Kyk in genade terug ...

Soms in stille tyd,
as die geraas van die lewe verdwyn,
kyk jy terug na die jare wat verbybly.
Die hande is gerimpel, maar die gees is sterk,
gevul met die wysheid van 'n leeftyd se werk.
Grys hare is 'n kroon van erfgoed en vreugd',
'n stille genade uit 'n vroeëre jeug.
[AI]

Friday, 3 July 2026

Gedig: Die Hantam

As ouderdom, wat alles breek, sy volmag oor my kry,
Dan gaan ek na die Hantam waar ek hoort
En dra demoedig wat ‘n mens van ouderdom moet ly,
Voordat hy aanklop by die hemelspoort.
Dit lyk vir my die Hantam is die vredevolste plek
Hieronder op die wêreld wat ons het
Hoe lank die somersdae daar hul warm goud sonskyn rek,
Hoe jubel daar die vinke in hul pret,
Hoe skitter daar die voorjaarsprag in kleure honderdtal,
Hoe verf die najaarberge met sy bruin,
En in die koue winterstyd hoe raas die waterval
En blink kapok op elke berg se kruin.
Die wilde bok wat voel sy krag verminder as hy stry
Soek rustyd in die skuiltes van sy soort.
As ouderdom, wat alles breek, ‘n houvas oor my kry,
Dan vlug ek na die Hantam waar ek hoort.

[C. Louis Leipoldt]

Friday, 19 June 2026

Gedig: Waterpas

Alles wat eers vas
en argumentloos regop in my was,
dit wat ek in ekwilibrium
skynbaar waterpas kon hou,
alles waaraan mens getrou
drome, gebede en gebeure meet,
het jy so ongeërg skuins kom stoot en nou
struikel planete en mane kosmies deurmekaar,
kompasse swaai versteur
sonder koers of rigting rond
en meer -
tyd maak nie meer sin nie,
daar is geen ouderdom aan ewigheid.

Ek dryf in die klein presisie van 'n lugborrel
heen en weer in 'n waterpas rond
en saans in drome wonder ek:
waar is hemel
waar is grond?

[Ilse van Staden: Watervlerk 2003]

Tuesday, 16 June 2026

Liewe Inwoner, jy maak 'n verskil ...

Fil 4:19 En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus.

* God weet wat Hy doen.
* Hy is ten volle in beheer van jou lewe - plaas jou vertroue op en in Hom.
* Hy weet waar elke deeltjie inpas.
* Hy weet waar jy in Sy Groot Meesterplan inpas en in Sy Koninkrykslegkaart.

Kom ons gaan verder ...
Jy sê dalk: "Maar waar pas ek in op hierdie stadium van lewe? Ek is in die winter van my lewe en my winterseisoen is nie meer lank nie."
* My liefste kosbare geliefde, jy pas in presies daar waar jy 'n verskil kan maak! Selfs in jou gevorderde ouderdom, maak jy nog 'n verskil. Glo dit en leef dit.

[Internet]

Thursday, 4 June 2026

*Jy kan nog baie dinge doen - maar jy moenie!

Jy kan op 'n hoë, leer klim ... maar jy moenie!
Jy kan op en af op die bed spring ... maar jy moenie!
Jy kan ’n storie begin met “In MY dae” ... maar jy moenie!
Jy kan (modieuse) geskeurde jeans dra ... maar jy moenie!
Jy kan op jou hurke sit en vinnig opstaan ... maar jy moenie!
Jy kan op die huis se dak rondloop ... maar jy moenie!
Jy kan oor ’n redelike groot plas water spring ... maar jy moenie!
Jy kan jou 3-jarige kleinkind probeer inhardloop ... maar jy moenie!
Jy kan jou broek sommer so in die loop uit- of aantrek ... maar jy moenie!
Jy kan ’n styfpassende help-my-beter-lyk-T-hemp dra ... maar jy moenie!
Jy kan met jou hande in jou sakke by ’n trap afloop ... maar jy moenie!
Jy kan by die toilet in die winkelsentrum verbyloop ... maar jy moenie!
Jy kan al die sakkies kruideniersware op een slag uit die kar dra ... maar jy moenie!
Jy kan probeer om die spyskaart te lees sonder jou leesbril ... maar jy moenie!
Jy kan kliphard kommentaar lewer op mense se voorkoms ... maar jy moenie!
Ja, JY KAN, maar JY MOENIE!!

[Dankie, René, vir die aanstuur van hierdie goeie raad!]

Thursday, 7 May 2026

Die stille Mei

Mei het stil-stil ingesluip ... soos daai eerste koue oggend waar jy dink dis nog herfs, maar jou tone weet dis al winter. 

En daar sit ons - hare in krullers, ’n warm koppie koffie in die hand, ’n warmwatersak wat sy eie persoonlikheid ontwikkel het - en ons besef: dis nie die ouderdom wat pla nie ... dis die “side effects!”

Daai knars in die knieë wat soos ’n ou houtvloer klink, die bril wat jy elke vyf minute soek terwyl hy al die tyd op jou kop sit, en die oomblik wanneer jy opstaan en vergeet hoekom jy opgestaan het! 

Maar weet jy wat?

Selfs met al hierdie “bywerkings,” is daar iets besonders aan hierdie seisoen van ons lewens.

Ons lag harder.
Ons waardeer die klein dinge meer.
Ons weet nou dat ’n koppie koffie nie net ’n drankie is nie - dis ’n oomblik van genade. 

Mei is hier - ’n nuwe maand, ’n nuwe kans om weer lig te bring, al voel ons soms soos daai hen met die krullers en die yssakkie!

Kom ons stap hierdie maand in met humor in ons harte, dankbaarheid in ons gees en ’n warm kombers naby genoeg vir noodgevalle. 

Mag Mei vir jou wees:
✨ vol lag
✨ vol vrede
✨ en net genoeg energie om elke dag met moed aan te pak

Onthou:
Ons raak nie oud nie ... ons raak net meer interessant! 

[Dankie, Valerie!]

Saturday, 20 December 2025

Saterdaglagmedisyne - Hoe om te weet of jy ouer word

* Alles pyn, en wat nie pyn nie, werk nie.
* Die glinstering in jou oog kom van die son wat op jou bifokalelense skyn.
* Jy voel soos die nag vantevore en jy was nêrens nie.
* Jou adresboekie bevat net name wat op MD eindig.
* Jy word uitasem van skaak speel.
* Jou kinders begin middeljarig lyk.
* Jy sluit by 'n gesondheidsklub aan en gaan nie daarheen nie.
* Jy begin om entoesiasme te oorleef.
* Jou verstand maak kontakte wat jou liggaam nie kan ontmoet nie.
* Jy ken al die antwoorde, maar niemand vra jou die vrae nie.
* Jy sien uit na 'n vervelige aand.
* Jou geliefkoosde deel van die koerant is: "Vandag 25 jaar gelede."
* Jou knieë swig en jou lyfband wil nie vasmaak nie.
* Jy is 17 om jou nek en 42 om die middel.
* Jy sien nie meer uit na jou volgende verjaardag nie.
* Dit put jou uit om langafstandoproepe te maak.
* Jou rug glip meer gereeld as jy uit.
* 'n Fortuinverteller bied aan om jou gesig te lees.
* Jy skakel die lig af om ekonomiese redes liewer as romantiese redes.
* Jy onthou vandag dat dit gister jou huweliksherdenking was.
* Jy skrik wanneer jy die eerste keer as Ou Toppie aangespreek word.
* Jy verrig middernagtelike arbeid na 9:00 in die aand.
* Jy slaan jou tande in 'n biefstuk en hulle bly daar.
* Jou pasaangeër laat die motorhuisdeur oopgaan wanneer jy 'n mooi meisie sien verbystap.
* Jy doen oefening deur as lykdraer op te tree vir jou vriende wat geoefen het.
* Jy het te veel plek in die huis en te min plek in die medisynekassie.
* Die beste deel van jou dag is verby wanneer die wekker afgaan. 

[Anoniem]

Wednesday, 11 June 2025

Die gebed van ’n bejaarde (digter onbekend)

As ek oud word, O Heer, maak my minsaam en lief
As alles te swaar word en so vol ongerief
As dit skyn of mense nie meer omgee vir my
As ek treurig en alleen voel, wil U tog by my bly.

As my liggaamskragte verswak elke dag
As alles te swaar word en so vol ongerief
As dit skyn dat mense nie omgee vir my
As ek treurig en alleen voel, wil U tog by my wees.

As ek my kwel en bekommer oor elke klein saak
As alles my steur en alles my raak
As ek dan vir ander tot las voel, o Heer
As ek dan tot U kom, troos my tog teer.

As die jare verbygaan so een vir een
As ek stil in my kamer soms sit en ween
As ek my hart voor U blootlê, o Heer
As ek so tot U kom, help my tog weer.

As ek miskien binnekort die doodsdal deurgaan
As ek eersdaags miskien voor U troon sal moet staan
As ek dan voor U kniel met bewing en vrees
Laat die bloed van Jesus my beskerming wees.

Saturday, 29 March 2025

Huisgenotjies: Oues van dae


* Teen die tyd dat 'n mens wys genoeg is om in jou spoor te trap, is jy te oud om die energie bymekaar te skraap om dit nie te doen nie.

* Jy weet jy is oud wanneer jou dokter en nie die verkeerspolisie nie, jou maan om rem aan te draai.

* Jy weet jy word  oud as jy jouself gelukkig ag omdat jy onthou het waar jy jou motor op die parkeerterrein gelos het.

* Jy weet jy word oud wanneer jy sukkel om jou rystoel aan die gang te kry

* Dis nogal moeilik om nostalgies te word wanneer jy niks meer kan onthou nie. 

Thursday, 19 September 2024

DIE LAASTE SEISOEN VAN DIE LEWE !!!

Die meeste van ons is nou in die laaste kwart van ons lewe en behoort hierdie interessante stukkie raad te lees. Stof tot nadenke.

Jy weet, tyd het 'n manier om vinnig te beweeg en jou onbewustelik te vang. Jare gaan so vinnig verby.
Dit voel soos gister toe ek jonk was en my nuwe lewe aangepak het. Tog, op 'n manier, voel dit soos jare gelede, en ek wonder waarheen al die jare gegaan het.

Ek weet dat ek hulle almal geleef het. Ek het 'n blik op hoe dit destyds was en van al my hoop en drome.

Hier staan ek nou in die laaste kwart van my lewe en dit vang my onverwags!!!

Hoe het ek so vinnig hier uitgegekom?

Waar het die jare heen gegaan en waarheen het my jeug gegaan??

Ek onthou goed wat ek gedink het as ek ouer mense gesien het. Ek het onder andere gedink dat daardie ouer mense jare van my denkpatroon en planne verwyder is en dat ek in die eerste kwartaal van my lewe is en dat hulle in die vierde kwartaal was. Ek kon myself nie in hulle skoene plaas of my ten volle indink hoe ek sou optree as ek so oud is nie.

Tog, hier is dit!! My vriende is afgetree en word grys, hulle beweeg stadiger en ek sien 'n ouer persoon in die spieël na my terugkyk. Sommige vriende is in 'n beter en ander in 'n slegter situasie as ek, maar ek sien die groot verandering. Hulle is nie meer jonk en lewenslustig nie. Maar, soos ek, begin hul ouderdom wys en ons is nou daardie ouer mense wat ons vroeër gesien het en nooit gedink het ons sou word nie.

Nou ervaar ek amper elke dag dat net om te stort 'n ware teiken vir die dag is en om 'n middagslapie te neem, is nie meer 'n bederf nie!! Dit is verpligtend, want as ek dit nie uit vrye wil doen nie, raak ek aan die slaap waar ek sit.

En so, het ek hierdie nuwe seisoen van my lewe binnegegaan, onvoorbereid vir al die pyne en die verlies aan krag en vermoë om dinge te gaan doen wat ek wens ek gedoen het, maar nooit gedoen het nie. Ten minste weet ek dat, al is ek in die laaste kwartaal en ek nie seker is hoe lank dit sal duur nie, dat wanneer dit verby is op hierdie aarde, dit alles verby is. 'n Nuwe avontuur sal dan begin!!

Ja, ek is spyt. Daar is dinge wat ek wens ek nie gedoen nie; dinge wat ek moes gedoen het, maar daar is werklik baië dinge wat ek bly is dat ek dit gedoen het. Dit is alles in 'n leeftyd.

As jy nog nie in die laaste kwartaal is nie, laat ek jou herinner dat dit vinniger sal aanbreek as wat jy dink. Wat jy ook al in jou lewe wil bereik, doen dit sommer nou. Moenie dinge te lank uitstel nie. Die lewe gaan vinnig verby. Doen vandag wat jy kan, want jy kan nooit seker wees of jy alreeds in die laaste kwartaal is of nie.

Jy het geen belofte dat jy al die seisoene van die lewe sal sien nie. So, leef vir vandag en sê al die dinge wat jy wil hê jou geliefdes moet onthou - en hoop dat hulle jou waardeer en liefhet vir al die dinge wat jy vir hulle gedoen het in al die afgelope jare.

'Lewe' is 'n geskenk aan jou ...! Wees gelukkig!!

Onthou, dit is gesondheid wat ware rykdom is en nie goud, silwer of eiendom nie.

Jy mag dalk dink: Om uit te gaan, is goed - maar om terug te keer huis toe, is baie beter !!!

Jy vergeet name - maar dis ook reg so, want sommige mense het alreeds vergeet dat hulle jou ooit geken het!!!

Jy besef, jy gaan nooit regtig goed wees in iets soos gholf nie – maar jy hou van die buitelewe. So doen dit.

Die dinge wat vroeër vir jou belangrik was om te doen, stel jy nie meer belang in nie - maar jy gee regtig nie meer om dat jy nie soveel daarin belangstel nie.

Jy slaap beter op 'n sitkamerstoel met die TV aan as in die bed - jy noem dit 'voorslaap'!!! As jy dit geniet, doen dit.

Jy mis die dae toe alles gewerk het met net 'n aan- en af-skakelaar!!!

Jy het baie klere in jou klerekas, waarvan jy meer as die helfte nooit weer sal dra nie – maar jy hou dit net vir ingeval !!

* Oud is goed. 
* Oud is gemaklik.
* Oud is veilig.
* Ou liedjies.
* Ou flieks.
* en - die beste van alles,
* Vriende van ouds!!!

So, bly gesond, ou Vriend.
Geniet 'n fantastiese dag.
Geniet 'n wonderlike kwartaal, in watter een jy ook al is!!!
Kyk mooi na jouself.

Tuesday, 11 June 2024

Dinsdag-denke: Wat beteken dit om oud te word?

Vir elke ouderdomsgroep beteken dit iets anders.

As jy in die laerskool is, dan is 21 al oud, en 50 stokoud! Maar 21 was lank terug daardie magiese getal waar jy skielik groot genoeg is om alles te kan doen wat jou hart begeer of wat die grootmense jou altyd verbied het om te doen. Op 21 het jy o.a. 'n sleutel gekry en was dit die verjaardag waarna jy die meeste uitgesien het. [Miskien kan iemand vir ons die storie agter die sleutel stuur, waar dit ontstaan het, asook die simboliese waarde daarvan of sommer net 'n lekker 21-storie.]

In jou twintigs is dertigs soos ’n berg voor jou, want dan voel dit of alles jou laaste kans is (vir vrouens wat nog nie getroud is nie, beteken dit jy gaan moontlik op die rak bly en was die etiket van oujongnooi om jou nek gehang.) Gedurende die jare word alles gedryf deur hormone - doen eers en dink later. Dit is woeste jare wat baie letsels kan laat agterbly vir die onverskilliges onder ons ... Miskien die waaghalsiges ook ...  Dis die jare van alles probeer - been there, done that.

In jou dertigs besef jy dié ouderdomstydgleuf is nie so sleg nie, want alles raak gevestig en daar is meer standvastigheid. Die gejaag van die twintigs is besig om te bedaar en plek te maak vir meer kalmte. Maar saam met die kalmte is daar ook soms stormwolke op die horison, veral wanneer die paartjie so tien jaar getroud is. Dis opmerklik hoe baie huweliksprobleme ontstaan wanneer mense so sewe of tien jaar getroud is en hoeveel van hulle nie die storm kan oorleef nie. Daar is seker ’n paar faktore soos die kinders wat gebore is, verg aanpassings in die verhouding. Die slypwerk aan mekaar begin in alle erns, veral met kinders in die prentjie en die druk om ’n suksesvolle loopbaan te vestig. Die verlange na die vryheid van die ongetroude lewe sonder verantwoordelikhede speel ook ’n belangrike rol, want die gevoel kan ontstaan dat dit nou of nooit is - nou om uit te klim of om vir die res van jou lewe aan die verhouding te werk. En daar is dikwels in so 'n verhouding een wat meer verantwoordelik as die ander een is en dan word die druppende kraan waarvan ons in die Bybel lees eerstehands ervaar.   

Veertigs raak amper weer ’n nagmerrie, amper soortgelyk aan die twintigs met die verskil - die twintigs wil alles doen voordat hulle rustig raak en begin settle, die veertigs wil alles weer probeer doen voordat hul dood of oor die wal is. Die veertigs word ook gedryf deur hormone - met die verskil - hul laaste stuiptrekkings wat dit veroorsaak. In die tyd is daar ook baie wat hul vryheid soek, want hulle verlang na wat hulle nie kon bereik of vind nie. Die ironie is dat sodra hulle die vryheid het om te gaan soek dan besef hulle dit was net ’n mirage wat hul najaag en dit wat hulle vang is slegs die wind wat niemand kan vashou nie. Dis ook ’n baie selfsugtige tyd want mense dink net aan hom- of haarself en glad nie aan die wederhelfte of die gesin nie.

Die jare word geken deur EK - ek wil hê, ek wil doen, ek wil ...

Die vyftigs raak weer rustig, daar is ’n kalmte en fokus wat saam met die jare kom. (Die op en af van jou ouderdomsgrafiek, is soortgelyk aan jou hart se grafiek.) Jy weet wie en wat jy is en jy begin vrede te maak met jou eie tekortkominge. In die huwelik het die meeste slypwerk reeds plaasgevind en die twee klippies lyk al amper dieselfde. Dis net so nou en dan wat daar ’n sandkorreltjie of wat in die mengsel inkom en so 'n effense growwigheid veroorsaak, maar die twee gladde klippe rol die sandkorreltjie gou fyn. Daar is ook ’n groter klem op die geestelike welsyn as op die materiële.

Die besef is gevestig, ... ek is oor die helfte van my lewe ..., die jare wat oorbly is hoogs waarskynlik minder as dit wat verby is. ’n Brandende behoefte begin in die hart te ontstaan om God beter te leer ken, om Sy wil op te soek, ... om reg te maak vir die onvermydelike en my deel vir die kerk te doen.

Hierdie jare, soos wat baie ook verwys na die goue jare kan voorwaar goue jare wees as jy bereid is om te luister na die Stem van die Almagtige wat voortdurend roep en daarna smag om saam met jou maaltyd te kom hou. Daar is ’n diepe besef dat ons soveel jare verspil het om die materiële na te jaag en dat ons ons Hemelse Vader afgeskeep het. Waar sou ons al in ons geestelike groei nie gestaan het as ons die soeke al jare gelede begin het nie. Vyftig plus jaar is 'n lang tyd.

Ons het onsself te kort gedoen aan die mees wonderlike seëninge wat daar op ons gewag het, al wat ons moes doen was om te vra en te dien. Ons het kosbare jare verspeel.

Daar is soveel mense wat kla oor die ouderdom en dat hulle nie oud wil word nie, hulle kla oor die skete en kwale wat daarmee saamgaan. Hulle is ongelukkig omdat hulle nie meer so lekker kan sien nie of ook nie meer so goed kan hoor nie, in plaas daarvan dat hulle dink hoe geseënd was hulle om vir 60 jaar goed te kon sien en maklik te kon loop - seëninge wat ons aanvaar het terwyl ons deur die eerste 50 of 60 jaar van ons lewe gehardloop het by wyse van spreke.

Hoekom dank ons nie eerder Vader vir die wonderlike geleentheid dat ons die goue jare kan beleef nie, dat ons ’n tyd ingaan wat daar vir ons geleentheid is om reg te maak voor dit te laat is?

Hoeveel sou die een wat voortydig gesterf het, nie gee vir net een dag ekstra om die saak met God reg te maak nie?

Wees dankbaar vir die ouderdom want dit is aan jou geskenk, elke dag is ’n geleentheid om tot Vader te keer, moenie die tyd wat daar nog is, verspil met die wêreldse dinge en klagtes nie. Min kinders wil oud word as hulle na die voorbeeld kyk wat die bejaarde dikwels projekteer.

Daar is ’n gesegde: Met grysheid kom wysheid. Maar dit is nie in alle gevalle waar nie, maar die dankbare gryses het altyd wysheid. 

Laat ons vandag in die dankbaarheid leef dat die ouderdom 'n genadegawe is wat nie almal beskore is nie en dat ons meer bevoorreg as baie ander is wat nie die kans het om hulle Ewigheidsaak reg te maak nie.

Dis nie aldag maklik om die ouderdom te hanteeer nie, maar ons kon die voortvarendheid en onbekendheid van ons vroeër jare beleef, die finansiële onstabiliteit, ons kon ons tieners se nukke en grille oorleef, waarom verkies ons om dan in ons goue jare in 'n hoek te gaan sit en te kla? 

Die probleem lê nie by sit nie, maar wel by kla ...

Sunday, 17 March 2024

Die seën van 'n bejaarde ...

Geseënd is jy, as jy verstaan dat my hande bewe en my voete stadig geword het.

Geseënd is jy, as jy daaraan dink dat my ore nie meer goed kan hoor nie.

Geseënd is jy, as jy weet dat my oë nie meer goed kan sien nie, as jy nie kwaad word as ek die mooiste koppie laat val of omdat ek vir die soveelste maal dieselfde storie vertel nie.

Geseënd is jy, as jy my toelag en my vra na die dae van my jeug. Ek hou daarvan om van my kinderjare en grootwordjare te vertel.

Geseënd is jy, as jy sagkens met my omgaan, my stille trane begryp en my laat voel dat iemand vir my omgee.

Geseënd is jy, as jy langer by my bly as dit oral donker word en as jy my hand vashou wanneer ek alleen die nag moet in, die nag van die dood.

Geseënd is jy -  as ek in die hemel kom, sal ek die sterre vir jou aansteek.

Friday, 2 February 2024

Vermeerder jou lag per dag ...

Indien jy Faceboek het, klik HIER en lees gerus die ware Jakob. Andersins kan jy afrol en verder lees. 

Hoe kan 'n mens te werk gaan om meer te lag as alles rondom jou nie lagwekkend is nie?

Hier is 'n paar wenke om meer lag in jou lewe te bring:

Maak 'n humorlêer - amper soos vroeër jare se plakboeke.
Vul dit met snaakse strokiesprente, gesegdes en grappies, soos jy dit raakloop. Blaai deur jou lêer as dinge besonder somber en stresvol lyk.
Jy sal lekker lag en dinge binne 'n japtrap weer in perspektief kan sien.

Kuier saam met vriende. Gelag is aansteeklik, kontak dus 'n paar vriende wat jou gemoed kan ophelder.

Bel 'n vriend wat jou gemoed verstaan en sal lig met sy/haar humor. 

Kyk na 'n aanlynvideo. Tik "snaakse video's" op jou gunsteling soekenjin en kies uit al die beskikbare keuses.

Skakel die TV aan. Met meer kanale as ooit tevore is daar altyd iets snaaks om na te kyk. (Dis nou as jy gelukkig is om 'n skottel te besit.)

Helder jou omgewing op waar jy die meeste ure per dag deurbring. Sit snaakse foto's van vriende en geliefdes teen jou muur, ook dié van jouself toe jy jou in 'n 'n snaakse situasie bevind het.

Speel met jou troeteldier. Diere stel ons in staat om onmiddellik te ontspan, en hulle bereidwilligheid om speelse aktiwiteite aan te pak, is 'n groot bron van vreugde.

Neem 'n lag-joga-klas. Lag-joga-lesse is die nuutste fiksheidsgier en word deesdae regoor die wêreld beoefen. Miskien is jy gelukkig om 'n klas naby jou te hê.

Doen sommige van die dinge wat jy as kind gedoen het vir ontspanning. Gaan na die dieretuin, 'n pretpark, boul of swaai! Jy sal vind dat hierdie aktiwiteite jou heeltemal wegneem van al die "swaar" dinge. En die ontsnapping sal wonders vir jou houding en gemoed doen.

Laastens, maak lag 'n prioriteit. Beplan elke dag tyd om iets te doen wat jou laat lag. As alles anders misluk, begin net lag. Selfs as gelag gedwonge is, bied dit baie van dieselfde voordele. Jy kan ontdek dat dit genoeg is om spontane lag te laat opwel.

Jy het 'n keuse: jy kan voortgaan om 'n 'grootmens' te wees, en al die frustrasies en teleurstellings in die lewe jou te laat onderkry, of jy kan lewenskragtigheid selfs in die moeilikste omstandighede inbring.

Maak glimlag 'n deel van jou lewe, en jy sal waarskynlik elke dag ten volle geniet en minder tyd by die dokter spandeer.

Klik HIER om sommer op die blog 'n paar goeie grappe te lees.

Friday, 26 January 2024

Lag jou siektes en sorge weg

Indien jy Faceboek het, klik HIER en lees gerus die ware Jakob. Andersins kan jy afrol en verder lees.
 
Ons het almal die ou spreekwoord gehoor dat lag die beste medisyne is. En soos baie volkswyshede, is daar meer as net 'n tikkie waarheid daarin.

Die Ou Testament verwys selfs na die genesende eienskappe van humor. Alhoewel ons voorouers dit nie wetenskaplik kon verklaar nie, het hulle intuïtief geweet dat lag goed was vir die liggaam sowel as die siel.

Meer onlangs beskryf Norman Cousins ​​in sy boek "Anatomy of an Illness" hoe hy homself genees het van 'n ernstige siekte deur humor te beoefen. Hy het glo ou Marx Brothers-flieks gekyk en gereeld onbedaarlik gelag.
Hy glo sy eie lag het sy siekte genees. Hy het daarna 'n lang en gesonde lewe gelei - tot in sy 80's!

Vandag het ons 'n beter begrip van hoe lag menslike fisiologie affekteer.

Hier is 'n hele paar maniere waarop lag jou gesondheid kan bevoordeel:

Dit verminder pyn. Ons liggame produseer hormone in reaksie op lag, wat pyn dood. Dit staan bekend as endorfiene.

Lag versterk die immuunstelsel deur die produksie van teenliggaampies te verhoog en die beskermende selle van die liggaam, soos T-selle, te aktiveer.

Herhalende gelag veroorsaak dat die liggaam op soortgelyke maniere reageer as op matige oefening,
Versterk die immuunfunksie. 'n Goeie buiklag verhoog die produksie van T-selle, interferon en immuunproteïene wat globuliene genoem word.

Cholesterol - Lag verlaag slegte cholesterol (LDL) en verhoog goeie cholesterol (HDL).

Lag is goed vir die brein. Lag kan ook die verstand verskerp. Proefpersone wat byvoorbeeld 20 minute lank na 'n snaakse video gekyk het, het beter gevaar met korttermyngeheue toetse as die studente wat 20 minute stil gesit het sonder om die video te kyk.

Lag kan jou lewensduur verleng.

Lag is beslis 'n noodsaaklike deel van gesonde veroudering.

Dit verminder spanning. As ons onder stres is, produseer ons kortisol-hormone. Lag verlaag die kortisolvlakke aansienlik en bring die liggaam in 'n meer ontspanne toestand.

Een van die belangrikste voordele van lag is dat dit stres verminder - byna onmiddellik.

Was jy al ooit in 'n ongemaklike situasie wat gebreek is omdat iemand 'n grap gemaak het?

Gelag stel 'n oorvloed vriendelike hormone vry, terwyl dit die vlak van streshormone verlaag. Lag verlaag die vlakke van kortisol en epinefrien, dit is hormone wat vrygestel word as die liggaam onder spanning verkeer.

Lag is natuurlik goed vir die hart. Lag verhoog die vloei van bloed na die hart, wat die bloeddruk laat daal.

Daarbenewens neem bloedvloei toe as jy na 'n komiese film kyk in teenstelling met 'n spanningsvolle film.

Die toename in bloedvloei na die kyk van 'n komedie is gelykstaande aan die toename tydens ligte oefening.

'n Goeie voorskrif vir 'n gesonde hart kan dus wees om te oefen, reg te eet en 'n paar keer 'n dag te lag.

Die ander goeie nuus is dat humor 'n positiewe uitwerking op die intellektuele en emosionele funksionering het.

Dit help om lewensbeproewinge en verdrukkings in 'n gesonde perspektief te plaas deur dit minder ernstig te laat lyk.

Lag help ons om vrees te oorkom.

Dit laat ons onsself minder ernstig opneem.

Dit aktiveer en verhoog ons kreatiwiteit.

[Dankie, Estelle, dat jy hierdie stukkie met ons deel.]

Sunday, 27 August 2023

Besin oor die ouderdom ...

Besef julle die enigste tyd in ons lewens wanneer jy ouer wil wees, is wanneer ons kinders is?

Jonger as tien, is jy so opgewonde oor ouer word, jy dink sommer in desimale.
"Hoe oud is jy?" 
"Ek is vier en 'n half"
Jy's nooit 36 en 'n half nie, jy's vier en 'n half, amper vyf.
Dis die geheim.

Nou's jy 'n tiener, niemand kan jou keer nie, jy spring sommer na die volgende syfer toe.
"Hoe oud is jy?"
"Ek gaan binnekort 16 wees"
Jy kan nou 12 wees, maar uiteindelik gaan jy 16 wees.

Dan kom die groot dag, jy word 21.
Selfs die woord klink soos 'n seremonie.
Ja ... jy WORD 21!

Dan raak jy 30.
Wat's besig om te gebeur?
Hel, jy klink soos suurmelk.
Jy't geRAAK, wat het verander ?
Jy WORD 21, jy RAAK 30.

Dan NADER jy 40 ... nee, bly daar!

En jy BEREIK 50.

Jy WORD 21, jy RAAK 30, jy NADER 40,

Jy BEREIK 50, en dan MAAK jy dit tot by 60.

"Goeie genugtig. Ek't nie gedink ek gaan dit maak nie"

Jy WORD 21, jy RAAK 30, jy NADER 40,

Jy BEREIK 50, en dan MAAK jy dit tot by 60.

Teen daardie tyd het jy al so baie momentum opgebou, jy TREF 70.
Daarna is dit 'n dag tot dag ding.
Jy TREF Woensdag ...

In jou 80's, jy TREF middagete,
jy TREF slaaptyd.
Jy's nie seker of jy gaan wakker word nie.
Jy koop nie meer beleggings nie.

Aarde, jy koop nie eers groen piesangs nie.

Dis nog nie die einde nie.

In jou 90's gaan jy weer agteruit.

"Ek was NOU NET 93"

As jy 100 sien, gebeur daar 'n vreemde ding.

Jy raak weer soos 'n kind - "Ek's 100 en 'n half ..."

Thursday, 24 August 2023

Ouderdom

In ouderdom neem ons almal toe van dag tot dag,
ons lewe vlieg by ons verby;
dit is die boodskap van die klok se slag.
Tog, dis tyd wat benut moet word;
genadetyd ...
Kort is die aardse tyd,
en lank die ewigheid!

Sunday, 25 June 2023

Dink daaroor: Wysheid oor die grysheid

Gedurende my kinderjare was daar baie min bejaardes. Vandag het die situasie verander. In winkels, op strate, in ons kerke is die witkoppe feitlik oral oorheersend. In ons dorpe en stede rondom ons skiet aftreeoorde en ouetehuise op soos paddastoele. As ons kyk na gemeentes se samestelling van lidmate (in SA en die UK), sou ons verwag dat die klem vandag in die kerklike bediening op bejaardesorg sou val. In baie gemeentes gebeur dit. In baie gevalle word feitlik niks in hierdie verband gedoen nie.

Die behoeftes van bejaardes is egter meer as net finansieel. Baie bejaardes voel die woorde van Prediker 12 aan die lyf: hande bewe, bene beweeg moeilik, kan nie meer behoorlik kou nie, oë moet twee maal kyk om te sien, hande is altyd by die ore om goed te kan hoor, stem is dof, slaap is min. Hierdie feitlik opgebruikte liggaamsdele veroorsaak dat die ou mensies bang en onseker is oor feitlik al die aspekte van die lewe. Daarby dra talle die smart oor die verlies van ’n lewensmaat, oor kinders en kleinkinders en vriende wat nie meer daar is nie of ver in ’n ander land woon. Dan is daar ook nog die onsekerheid oor en die vrees vir die daagliks veranderende samelewing met politieke ontstuimigheid, en by dit alles die dood wat nader is as ooit tevore.

Mag dít nooit van ons gesê word nie: Julle het my verwerp toe ek oud geword het, my alleen gelaat toe my kragte ingegee het (Ps 71: 9 en 10).

(Erkenning aan Prof. Bieks Beukes (Emeritus))

Gebed

Here, ek is een van die mense wat oud genoem word.
Laat my in my laaste treë nie alleen nie.
My lewe het eenmaal waarde en sin gehad.
Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag.
Ek het gewerk, gelei, invloed uitgeoefen.
Wat ek gedoen het, skuif weg, al hoe verder weg.
Ek bid U, bewaar my van bitterheid,
Van die drang om my kennis en my kranigheid te bewys,
Van die gevaar om te sê dit was alles reg.
Ek wil leer om te laat los.
Ek wil my op niks anders as u goedheid verlaat nie.
Laat U my nie los nie!
Amen.

Jörg Zink (Uit: ’n Keur van wysheid, Nina Smit, 2004) 

[Klik HIER vir nog verrykende boodskappe.]

Saturday, 18 February 2023

Spesiaal vir pensionarisse - 'n bietjie humor vir julle...

Geskryf deur AG Visser

Wanneer jy iemand op straat raakloop, word daar mos gewoonlik gegroet. As jy graag tien-teen-een 'n liegstorie wil hoor, vra dan net vir die persoon hoe gaan dit.

Natuurlik is die antwoord: "Goed dankie",  al gaan dit ver van goed af.

Hier volg 'n paar komiese antwoorde op die vraag: Hoe gaan dit?

1. Baie goed ... ek het vanoggend darem mos bo die grond wakkergeskrik.

2. Wel, opgestaan en self aangetrek.

3. Ek het mooi opgestaan en my ou stokke dra my nog.

4. Nie te goed nie ... ek het soveel pyn dat ek nie eens plek het vir almal nie.

5. Ag, my Vriend, ek kla nie oor my pyne nie, want ek kry dit verniet.

6. Dit gaan baie goed, elke pyn is op sy regte plek.

7. Ek hou links en gaan regs verby.

8. Ek is darem nog padwaardig, maar moet net nie my "bonnet" oopmaak nie.

9. Wel, wel, wel, ek kners op my agtertande en glimlag met my voortande.

10. Ek drink uit die piering, want die beker loop oor van blydskap. 

11. Vandat ons laas gesien het, het ek nog nie nuwe, vars klagtes bygekry nie.

12. Ek voel vandag soos 'n kriek wat Doom ingekry het, ek beur al na die een kant toe.

13. Ek voel soos 'n appelkis wat met swak spykers aanmekaar geslaan is.

14. Dit gaan op-en-af en heen-en-weer soos met 'n bak jellie wat onrustig is.

15. Dit gaan tussen sleg en verskriklik.

16. Ek druk maar deur al maak dit seer.

17. My punte lê maar laag.

18. Nee, vandag is ek nie Daan nie, ek is gedaan.

19. Ag, my Maat, my enkels is geswel, my knieë pyn verskriklik, my heupe gee probleme ... en deesdae is my nek en my rug ook nie so lekker nie, en dan is ek nog siek OOK.

20. Opdraand, maar darem vorentoe ... 

[Dankie, Elmari Guy, vir die glimlag op ons gesig.]

Friday, 17 February 2023

Hulle het gesê - oor die ouderdom ...

Hoe ouer ons word, hoe korter word ons liggame en hoe langer word ons stories.
ROBERT QUILLEN

Tagtig is 'n wonderlike ouderdom ... as jy negentig is.
ABEL GREEN

Jy weet jy word oud as alles wat nie opdroog nie, begin lek.
WITCOFF SE WAARHEID

Ná 60 behoort almal van ons aan die swakker geslag.
WOODY ALLEN

Pret is soos lewensversekering – hoe ouer jy word, hoe meer kos dit.
FRANK KIN HUBBARD

Ek is nou op die ouderdom waar ek moet bewys dat ek net so goed is soos wat ek nooit was nie.
REX HARRISON

Ek is nou op daardie ouderdom waar ek niks meer met ’n knypie sout kan neem nie.
MATT WOHLFARTH

Die mense het drie ouderdomme – jeug, middeljare en: "Jy lyk wonderlik!"
FRANCIS SPELLMAN

HULLE HET GESÊ: "OUDERDOM IS NIE VIR SISSIES NIE."

Ouderdom is soos om ’n nuwe beroep te leer - en nie een wat jy self gekies het nie.
JACQUES BARZUN

Ek bly weg van natuurlike kos. Op my ouderdom het ek al die preserveermiddels nodig wat ek kan kry.
GEORGE BURNS

’n Volwasse is iemand wat nie meer vertikaal groei nie, net horisontaal.
KEVIN GOLDSTEIN-JACKSON

Ouderdom is iets wat nie saak maak nie, behalwe as jy ’n kaas is.
BILLIE BURKE

Die kuns is om groot te word sonder om oud te word.
CASEY STENGEL

Vesel is ’n eetbare stof wat goed is vir jou spysvertering en jou langer laat lewe, sodat jy nog ses of agt jaar lank vesels kan eet. 
RICK BAYAN

Jy weet jy word oud wanneer kinders begin aantrek soos wat jy jare gelede aangetrek het. 
DAVID BRENNER 

[Dankie, Valerie, vir hierdie tong-in-die-kies-waarhede.]