Saturday 18 February 2023

Spesiaal vir pensionarisse - 'n bietjie humor vir julle...

Geskryf deur AG Visser

Wanneer jy iemand op straat raakloop, word daar mos gewoonlik gegroet. As jy graag tien-teen-een 'n liegstorie wil hoor, vra dan net vir die persoon hoe gaan dit.

Natuurlik is die antwoord: "Goed dankie",  al gaan dit ver van goed af.

Hier volg 'n paar komiese antwoorde op die vraag: Hoe gaan dit?

1. Baie goed ... ek het vanoggend darem mos bo die grond wakkergeskrik.

2. Wel, opgestaan en self aangetrek.

3. Ek het mooi opgestaan en my ou stokke dra my nog.

4. Nie te goed nie ... ek het soveel pyn dat ek nie eens plek het vir almal nie.

5. Ag, my Vriend, ek kla nie oor my pyne nie, want ek kry dit verniet.

6. Dit gaan baie goed, elke pyn is op sy regte plek.

7. Ek hou links en gaan regs verby.

8. Ek is darem nog padwaardig, maar moet net nie my "bonnet" oopmaak nie.

9. Wel, wel, wel, ek kners op my agtertande en glimlag met my voortande.

10. Ek drink uit die piering, want die beker loop oor van blydskap. 

11. Vandat ons laas gesien het, het ek nog nie nuwe, vars klagtes bygekry nie.

12. Ek voel vandag soos 'n kriek wat Doom ingekry het, ek beur al na die een kant toe.

13. Ek voel soos 'n appelkis wat met swak spykers aanmekaar geslaan is.

14. Dit gaan op-en-af en heen-en-weer soos met 'n bak jellie wat onrustig is.

15. Dit gaan tussen sleg en verskriklik.

16. Ek druk maar deur al maak dit seer.

17. My punte lê maar laag.

18. Nee, vandag is ek nie Daan nie, ek is gedaan.

19. Ag, my Maat, my enkels is geswel, my knieë pyn verskriklik, my heupe gee probleme ... en deesdae is my nek en my rug ook nie so lekker nie, en dan is ek nog siek OOK.

20. Opdraand, maar darem vorentoe ... 

[Dankie, Elmari Guy, vir die glimlag op ons gesig.]

1 comment:

  1. Dit nou sommer baie genirt en lekker gelag

    ReplyDelete