Showing posts with label Matteus. Show all posts
Showing posts with label Matteus. Show all posts

Sunday, 22 February 2026

Oomblik van stilte: Matt. 27:25

En die hele volk antwoord en sê: Laat sy bloed op ons en op ons kinders kom!

Pasop wat jy sê want jy kan jouself bind aan Satan se bose werke. Moenie vir Satan 'n deur oopmaak om in jou lewe te kom nie.
Israel, aangevoer deur die owerpriesters en oudstes, het Barábbas i.p.v. vir Jesus gekies.
Daarby het hulle gesê dat sy bloed oor hulle en hulle kinders kon kom.
En so het dit gebeur, 40 jaar later het die Romeine hulle byna uitgewis en is die hele Jerusalem verwoes en die Israeliete die wêreld vol weggevoer.
Tot vandag toe, 2000 jaar later, word Israel steeds getreiter en sterf nog baie van hulle (Hitler) op die slagveld.

Here, ek vra vergifnis as ek verkeerde dinge oor myself en my huis uitgespreek het. Here, ek bind ook ander vyandiggesinde mense se woorde wat oor my en my gesin uitgespreek is. Here ek bind myself en my gesin aan die Seun van God se bloedverbond en nou weet ek dat geen wapen wat teen my gesmee is, iets kan uitrig nie en dat elke woord wat teen ons uitgespreek is, in die gereg weerlê sal word. Ek en my gesin is nou maar eenmaal die geseëndes van die Here. Amen.

Sunday, 25 January 2026

Oomblik van stilte: Matt. 5:9 Afr.53

Salig is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem.

Ons moet nie iets goeds doen sodat ons deur die mens vereer kan word nie.
Ons linkerhand moet nie weet wat die regterhand doen nie.
Laat ons eerder dink, hoe ons 'n seën vir ander kan wees, as hoe ons geseën kan word.

Sunday, 14 December 2025

Oomblik van stilte: Matt. 6:12

Vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree.


Die lewe is so 'n wonderlike gáwe van GOD, ek wil nie één oomblik daarvan verlore laat gaan deur 'n wrok wat ek met my ronddra omdat ek níé kan vergewe nie.

En hóé vry voel ek, en hoe móói die dag, wanneer ek alles en almal, myself ingesluit, vólkome vergewe het. Die son skyn sommer helderder, die lied van die voëltjies klink sommer mooier, omdat ek vry is en deel kan wees van God se pragtige Skepping.

Die vergifnis wat my só vry maak, kom uit 'n hart vol liefde - die líéfde van Christus in my hart, wat geen plek het vir enigiets wat nie getuig van Sý liefde nie. In hierdie wonderliefde, lewe ek, dink ek en doen ek. Soos 'n nimmer-eindigende sirkel is dit om my gevou, en niemand met kwade bedoelings kan hierdie sirkel verbreek nie. Níémand kan my seermaak nie, want Jesus se liefde omvou my. Vry-en-bly kan ek saam met al my Jesus-vriende voortgaan op my pad van lig, vrý van die seer van die verlede en blý omdat ek só kan vergewe.

Gebed: In Gods genadige liefde vergewe ek myself en énigeen wat my te ná gekom het, omdat JÉSUS my vergewe het aan die ou ruwe houtkruis op Golgota.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Sunday, 22 June 2025

Oomblik van stilte: Matt. 12:21

En op sy Naam sal die heidene hoop.

Psalm 22:2+7+9+17b+19
Wie is Jesus?
Hy is die Lam van God, geslag en sy bloed het jou gereinig en geheilig.
Jesaja sê 'n Seun is vir ons gebore ...
Sy naam is Immánuel Jes. 7:15
Jes. 9:5 'n Kind is vir ons gebore, 'n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem; Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors (ook vers 6).

O Here. die koninkryk behoort aan U en die nasies sal U dien want U heers oor hulle (Ps. 22:29). Hef op julle hoofde, o poorte , ja verhef julle, ewige deure,  dat die Erekoning kan ingaan!(Ps. 24:7). Wie is tog die Erekoning? Die Here sterk en geweldig,  die Here geweldig in stryd. Op u Naam sal ek hoop. Amen.

Sunday, 8 December 2024

Oomblik van stilte: Matt. 12:24 en 32

Maar toe die Fariseërs dit hoor, sê hulle: Hy dryf die duiwels nie anders uit as deur Beëlsebul, die owerste  van die duiwels nie.
vers 32 sê Jesus: 
En elkeen wat 'n woord spreek teen die Seun van die mens, dit sal hom vergewe word; maar elkeen wat spreek teen die Heilige Gees, dit sal hom nooit vergewe word nie, nie in hierdie eeu nie en ook in die toekomende nie.

'n Ernstige boodskap teen hedendaagse Fariseërs en Godloënaars. Die Fariseërs het nooit kon dink watse verrykende gevolge hulle woorde dra nie; hulle het eintlik die Heilige Gees in Jesus beledig. Kom ons wees versigtig wat ons sê teenoor ander, sodat ons nie 'n oordeel oor onsself uitspreek nie. Lees gereeld die woord van God, mediteer oor die woord van God en bid vanoggend 
die woord van God, oor jouself, jou familie en vriende.

Dankie Vader vir u woord wat onder ons kom woon het. Ek bid U, dat U deur die onderskeiding van die Heilige Gees in my lewe, my sal leer om u woord reg te interpreteer. Leer my meer van die Vader en leer my om die hart van die Vader te spreek. Leer my om mense te versterk met u woord, In Jesus Naam, Amen. 

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Sunday, 16 August 2020