Showing posts with label Familie. Show all posts
Showing posts with label Familie. Show all posts

Friday, 17 October 2025

Vrydag-flits: Vergroot jou familie

* Reik uit, gee om en brei jou familie uit. Neem ’n ouma of oupa by 'n aftreeoord of 'n ouetehuis aan.

* Daar is inwoners wat geen familie het nie en 'n kort kuiertjie so af en toe of  'n telefoonoproep kan 'n reuse verskil maak aan hulle daaglikse bestaan.

* Dink hieroor en voeg die daad by die woord. Kontak die kantoor en vra hoe jy betrokke kan raak by 'n inwoner.

* Kontaknommer:  053 842 1141 (Ons Huis se nommer)

Friday, 1 August 2025

My plekkie in Sy hemelhuis

Om ouer te word is nie maklik nie. 

Jy is soveel meer broos en kwesbaar as jonger mense. Jy mis familie en vriende wat nie meer daar is nie, sommige in ouetehuise en ander reeds na die Vaderhuis. Daar is so baie wat jy nog wou doen, maar die krag, energie en tyd ontbreek - want jy word al meer bewus dat jou jare vorentoe nie meer so baie is soos “agtertoe” in die verlede nie. 

Jou liggaam raak broser en jou hart kwesbaarder. 

Talle goedjies begin pla, soos jou balans wat nie meer is soos wat dit behoort te wees nie. Jou visie en gehoor wat al hoe meer en meer verswak. Al hoe meer medisyne kom by jou medisynelysie en jou eersehulptassie word vol goedjies wat belowe om jou energie te gee. Jy raak meer bewus van jou alleenheid - en vir sommige mense van hul eensaamheid. Jy word nie meer na plekke saamgenooi nie en jy vra ook nie self nie, omdat jy dalk al een of twee keer afgejak is. 

Dis nie meer vir jou so lekker om in jonger groepe geselskappe te wees nie, want jy word al meer bewus dat mense in die geselskap verby jou of bo-oor jou kyk - jy is maar net daar, maar nie deel van die geselskap nie. Daar word vir iemand anders in die geselskap gevra hoe dit met jou gaan, in plaas daarvan om direk die vraag aan jou te vra. Wanneer jy by ‘n geselligheid is, kry almal soms geskenkies - maar die jonger garde vergeet of dink nie dis nodig dat jy ook enetjie kry nie. 

Trane vloei soveel makliker - trane van vreugde, verlange of hartseer, maar sakdoekies daarvoor is nie nodig nie, want die Heer vee dit self af  - wanneer Hy afbuk na jou en sy arms om jou vou en in die mooiste woorde verseker van Sy Ewige Liefde vir jou. En wanneer Hy saggies uit Sy Woord met jou praat en jou vertel dat Hy 'n plekkie gereed kry vir jou in Sy Hemelhuis, weet jy dat jy niks meer nodig het as hierdie Vader van jou nie! 

En nuwe lewensenergie soos ‘n vars waterval bruis skielik in jou en jy weet jy móét vir ander híérdie storie van jou en jou Hemelvader vertel! 

[Dankie, Valerie!]

Sunday, 27 July 2025

Gedig: Ek is nog by julle ...

Aan almal wat my liefhet,
Ek weet dat julle my liefhet 
Ek het julle ook lief
Julle mag my miskien nie meer sien nie,
maar ek lewe nog, in julle harte
in julle gedagtes en in julle laggies.
So moet asseblief nie ophou
saam met my lag nie.
Ek wil hê julle moet gelukkig wees.
Moenie ophou aan my dink nie,
want ek dink aan julle.
Ek wil hê julle moet weet, ek is gelukkig.
Ek het geen pyn en geen trane nie,
waar ek is, is net vrede.
Eendag sal ons weer ontmoet,
tot dan, weet net, ek is met julle, in julle harte. 

Tuesday, 15 October 2024

Oupas en oumas - onvergeetlike invloede in ons lewens


[Dankie, Elmari, wat hierdie kosbare stukkie aangestuur het - klik op die prent vir 'n duideliker beeld.]
 

Friday, 29 December 2023

Storie: Kersfees, vakansietradisies en verandering.


Daar was 'n versoek of drie om meer stories te plaas. Met die nuwe jaar om die draai en baie van die inwoners wat nie gaan kuier nie, plaas ons so 'n ekstra storie of wat. Geniet die kersfeesstories.  

Kersfees, vakansietradisies en verander - klik HIER om die heerlike herinneringe te lees in Seegogga se Bloggie (sommer woordjies wat waai in die wind en miskien aanklank sal vind).

Saturday, 17 April 2021

Wednesday, 24 February 2021

'n Tuiste is ...

My oupa en ouma skep 'n tuiste vir ons.