Showing posts with label Glimlag. Show all posts
Showing posts with label Glimlag. Show all posts

Thursday, 3 September 2026

Ouma se wenke: Matte (vervolg)

* Biervlekke kan uit 'n mat verwyder word deur dit met wit asyn te vryf.

* Indien troeteldier op die mat geürineer het, gooi koeksoda daarop. Los rukkie en stofsuig soos gewoonlik of meng 4 eetlepels brandspiritus, 4 eetlepels wit asyn, 4 eetlepels "Scrubb's Cloudy Ammonia" en 1 liter warm water. Spuit met sproeikannetjie op die kol en borsel deeglik.

* Om ink uit matte te haal - neem karringmelk en 'n skoon lap - gooi karringmelk op die ink en druk op met die lap totdat die ink uit is. Was dan die plek met warm water en ammoniak.

* Sodawater of wit asyn haal gewoonlik hardnekkig vlekke soos rooiwyn en bloed uit matte uit.

* Stop 'n skoon vloerlap in 'n plastiek groentesakkie en was jou matte daarmee. Verwyder kolle op 'n mat met 1 deel witasyn en 3 dele water.

* Waar ink op 'n mat gemors is - trek jy dit dadelik op met kladpapier, vryf die kol met 'n lap wat in gekookte melk gedoop is en vryf daarna met 'n droë lap.

[Idioom: Met al hierdie raad, hoop ek dat ons spoedig die vlekke in skaakmat gaan sit.] 

Thursday, 20 August 2026

Ouma se wenke: 'n Paar los gedagtes

* As iets net 10 minute gaan neem om te doen, doen dit dadelik.

* As jy geld met respek hanteer, sal geld jou met respek hanteer.

* Iemand is net so moeilik as wat jy hom toelaat om te wees.

* As jy nog instaat is om iets te kan doen ... doen dit.

* Doen dinge die eerste keer reg.

* Leer nuwe vaardighede aan.

* Ondersteun mekaar al verskil ons van mekaar.

[Idioom: Iemand se hande sterk.]

Thursday, 13 August 2026

Ouma se wenke: Vinnige geurhupstoot

* My ouma Alida het altyd ‘n knippie sout in die pot moerkoffie op die stoof gegooi. Vir ekstra geur.

* 'n Vriendin van my gooi altyd 'n knippie sout in haar Milo. Dit bring glo Milo se besondere smaak uit.

* Voeg vars suurlemoen- of lemmetjieswiggies, 'n paar mentblare of komkommerskyfies by water vir 'n skoon, verfrissende smaak.

* Vries heel bessies (soos aarbeie of bloubessies) of sitrusskil in jou ysblokkiesbakke en gooi dit by jou vrugtesap vir ekstra geur en kleur.

* Voeg 'n knippie kaneel, neutmuskaat of kardemom by jou koffiemoer voordat jy dit brou. 

[Idioom: Iemand se tee bitter maak!]

Thursday, 16 July 2026

Ouma se wenke: Die lewe gaan nie net oor oorlewing nie

Vandag stel ek vir André Duvenage aan die woord:
* Die lewe gaan nie net oor oorlewing nie. 
* Dit gaan daaroor om 'n verskil te maak in jou eie asook ander mense se lewens. 
* 'n "Verskil maak" beteken nie noodwendig dat jy die wêreld vir almal moet verander nie, maar jy kan ten minste vir een persoon op 'n slag 'n POSITIEWE verskil maak. 
* Dit vereis nie noodwendig intellektuele vermoë, finansies, supermenslike krag of enige buitengewone vermoëns nie. 
* Dit neem soms net 'n eenvoudige glimlag ... 
* 'n vriendelike gebaar of 
* partykeer het iemand net nodig om met iemand te gesels wat werklik na hulle LUISTER. 
* Gaan maak vandag 'n verskil, gee daardie glimlag, maak daardie koffie vir jou kollega ... wees die gewillige oor ... 
* Klein vriendelike dade is wat WERKLIK die wêreld verander.

[Idioom: Verf 'n glimlag op iemand se gesig.]

Saturday, 6 June 2026

Saterdaggenotjies: Koos van der Merwe

Koos gaan poskantoor toe om 'n telegram vir sy ma te stuur. (Dit was in die dae voor selfone,WA's en toe die poskantoor nog bestaan het.)
Nadat al die vorms ingevul is, sê die man agter die toonbank vir Koos: "Jy moet R10 vir die aflewering betaal."
"Dis heeltemal belaglik," sê Koos vies. "Los maar die aflewering. Ek sal vir my ma 'n brief skryf en vir haar sê dat sy die telegram by die poskantoor moet gaan haal."

ooOOoo 

Gehoor van die blommeverkoper wat vir Koos op straat voorgekeer het met die voorstel om 'n bos blomme vir sy meisie te koop?
"Ek het nie 'n meisie nie," is sy reaksie.
"Maar koop dan 'n bos blomme vir jou vrou," antwoord die blommeverkoper.
"Ek het nie 'n vrou nie," is sy antwoord.
"Nou koop dan twee bosse blomme vir jou geluk."

ooOOoo 

My buurman, Koos, se hond heet Vraat.
Ek: "Hoekom gee jy vir jou hond so 'n eienaardige naam?"
Koos: "Want hy hap gedurig."

ooOOoo 

Saturday, 3 January 2026

Saterdaggenotjies: Koos van der Merwe

Een van die inwoners gaan vir sy kinders in Australië kuier. Op Sydney moet hy op 'n kleiner redery oorklim. Dis etenstyd op die klein lugredery se vliegtuig en die lugwaardin vra die spesifieke passasier of hy iets wil eet.  

"Wat is my keuses?" vra hy.

"Ja of nee." 

ooOOoo

Koos gaan apteek toe om sjampoo te koop.
"Vir droë of vetterige hare?" vra die apteker.
"Vir vuil hare," sê Koos.

ooOOoo

Koos van der Merwe gaan na 'n winkel wat spesialiseer in boumateriaal en vra vir 3 500 000 bakstene.
"Sjoe! Wat bou jy?" vra die winkelassistent.
''n Braai," sê ou Van.
"Drie en 'n halfmiljoen bakstene vir 'n braai? Is jy doodseker jy het nie 'n berekeningsfout gemaak nie?"
"Ja, Boet ... my woonstel is op die 14de vloer."

ooOOoo

Friday, 29 August 2025

Gedig: Jy kan ...

Jy kan trane uitstort dat sy weg is,
of jy kan glimlag omdat sy geleef het.
Jy kan jou oë toemaak en bid dat sy terug sal kom,
of jy kan jou oë oopmaak en sien wat sy oor is.
Jou hart kan leeg wees omdat jy haar nie kan sien nie,
of jy kan vol wees van die liefde wat jy gedeel het.
Jy kan môre jou rug draai en leef gister,
of jy kan gister môre gelukkig wees.
Jy kan haar net onthou dat sy weg is,
of jy kan haar geheue koester en laat lewe.
Jy kan huil en dink,
wees leeg en draai jou rug.
Of jy kan doen wat sy wil hê:
glimlag, maak jou oë oop, hou lief en gaan voort.

[David Harkins , Britse kunstenaar, 1958-]

Saturday, 17 May 2025

Saterdaglagmedisyne: Dokters


"Ek het dringend 'n bril nodig," sê die man vir die oogarts.
"Hoekom dink jy so?" vra die oogarts.
Die man sê: "Ek is 'n inbreker van beroep en toe ek nou die aand 'n brandkluis wil oopmaak, begin die radio speel."
  
ooOOoo

"Nou wat beplan jy om aan daardie ekstra gewig te doen wat jy met jou saamdra?" vra die dokter vir die pasiënt.
"Ek kan net nie gewig verloor nie," sê die pasiënt. "Ek moet 'n ooraktiewe skildklier hê."
"Die toetse wys dat jou skildklier heeltemal normaal is," sê die dokter. "As daar iets is wat ooraktief is, is dit jou vurk."

ooOOoo

Die ontvangsdame hardloop by die dokter se spreekkamer in. Sy sê: "Dokter, dokter, daar's 'n spook in die ontvangskamer. Wat moet ek doen?"
Die dokter sê: "Sê vir hom ek kan hom nie sien nie."

Saturday, 14 December 2024

Saterdaglagmedisyne: tandartse


'n Vrou bel haar tandarts toe sy 'n yslike rekening van hom ontvang.

"Ek's geskok," kla sy verontwaardig. "Dis drie keer meer as wat jy my normaalweg laat betaal. Gaan jou tariewe oornag op?"

"Ja, ek weet," sê die tandarts, "maar jy het so hard gegil terwyl ek jou tand gestop het, dat jy twee ander pasiënte die skrik op die lyf gejaag het, en hulle gaan nou na 'n ander tandarts." 

ooOOoo

'n Man besoek verlede week die tandarts en sê vir hom: "Wat kan ek doen met hierdie geel tande van my?"
Die tandarts antwoord: "'n Bruin das sal dalk mooi daarby pas ..."

ooOOoo

'n Vrou en haar man moet noodgedwonge hul vakansie onderbreek om die tandarts te besoek.
"Ek wil die tand getrek hê, en ek wil nie inspuitings hê nie, want ons is baie haastig," sê die vrou. "Trek net die tand so gou moontlik sodat ons weer in die pad kan val."
Die tandarts was nogal beïndruk. "Jy is 'n baie sterk vrou," sê hy. "Watter tand is dit?"
Die vrou draai na haar man en sê: "Wys hom jou tand, Skat."

Friday, 4 October 2024

World Smile Day 2024


Smiling is infectious, you catch it like the flu,
When someone smiled at me today, I started smiling, too.
I passed around the corner, and someone saw my grin.
When he smiled I realized, I’d passed it on to him.
I thought about that smile, then I realized its worth,
A single smile, just like mine, could travel round the earth.
So, if you feel a smile begin, don’t leave it undetected
Let’s start an epidemic quick, and get the world infected!

[Karen McLendon-Laumann]

World Smile Day is celebrated on the first Friday in the month of October every year. The message of the World Smile Day is “Do an act of kindness. Help one person smile.”

The idea of World Smile Day was coined and initiated by Harvey Ball, a commercial artist from Worcester, Massachusetts. He is known to have created the yellow Smiley Face in 1963. The World’s first World Smile Day was held in the year 1999 and has been held annually since.

After Harvey died in 2001, the “Harvey Ball World Smile Foundation” was created to honour his name and memory.

The slogan of the Smile Foundation is “Improving this world, one smile at a time.”

Thursday, 25 July 2024

Maak die lewe die moeite werd

'n Moeder vertel in 'n tydskrifonderhoud van haar besigheid wat verskuif het en dat die nuwe perseel se groot vertoonvensters uitkyk op 'n baie besige spoorlyn. Die treine het nooit vinnig beweeg op hierdie stuk spoorlyn nie. Haar vierjarige dogtertjie het groot vreugde geput uit die treine wat elke dag, 'n paar keer op 'n dag daar verbygery het. Sy het naderhand die tye van die treine geken, dan het sy vinnig na die groot vertoonvensters gehardloop en vir die treindrywer en die kondukteur gewaai.

Met tyd het hulle ook begin terugwaai, en later het hulle die trein se toeter geblaas as hulle verbykom. Dit het haar dogtertjie se dag gemaak en met 'n groot glimlag op die gesiggie en ogies wat skitter van lekkerkry, het sy op en af gespring en gewaai en gelag.

Dit het vir drie jaar so aangegaan. Toe het dit tyd geword dat haar dogtertjie skool toe moes gaan en na sy haar die eerste dag afgelaai het, het sy baie hartseer na haar werk teruggekeer. Sy het die trein hoor aankom en by die groot venster gaan staan en terwyl die trein verbygekom het, kon sy sien almal se oë soek na die klein figuurtjie wat altyd so vol vreugde vir hulle gewaai het. Sy het by die venster gaan staan en baie hartseer so liggies vir hulle gewaai.

Die volgende dag was dit dieselde en sy het 'n kennisgewing gemaak wat gesê het dat haar dogtertjie nou skoolgaan.

Maar die volgende dag het die trein weer verbygekom en dit was vir haar asof hulle stadiger gery het en die oë het gesoek na die klein lyfie.

Twee dae later het die trein weer verbygekom en die volgende oomblik het dit gestop en oor die spoorlyne het die kondukteur gehardloop en by die voordeur ingekom. Hy het verduidelik wie hy was en wou net weet waar die vriendelike dogtertjie was. Tranerig het die moeder verduidelik dat sy nou skoolgaan en dat sy 'n kennisgewing in die venster gesit het. Hy sê toe dat hulle die kennisgewing gesien het, maar dit nie kon lees nie, en hulle was bekommerd dat sy dalk siek was.

Toe sê hy vir die moeder dat dit die hoogtepunt van sy dag was. Hy het deur groot probleme gegaan en hy was menige dag so moedeloos en as hulle hier verbygery het en haar skitterogies en groot glimlag gesien het, dan het hy sommer vergeet van al sy laste en probleme en dan was die dag sommer mooier.

Wat beteken jou menswees vir ander ...? Voel hulle sleg en depressief as hulle naby jou was of is jy soos die dogtertjie ... 'n ligstraal vir ander wat se stryd baie swaar is. Maar ten spyte van hulle moeilike omstandighede, is jou teenwoordigheid vir hulle 'n ligstraal en om net jou glimlag te sien, is vir hulle so 'n aanmoediging dat hulle sommer beter voel.

Onthou die Woord sê dat ons blydskap in die Here ons beskutting is.

Georgie.

[Dankie, Anoniem, vir die aanstuur van hierdie stukkie. Klik HIER vir nog boodskappe.]

Thursday, 17 June 2021

Wednesday, 22 April 2020

Dit is weer tyd vir 'n bietjie oefening.

Gaan maak gerus 'n draai by ons
Huisgenotjies-bladsy. En gee die lagspiere
goeie oefening.

Wednesday, 15 April 2020

Die ligter sy van die lewe ...

Gaan maak gerus 'n draai by ons Huisgenotjies-bladsy. En gee die lagspiere goeie oefening.

Thursday, 1 August 2019

Sunday, 9 December 2018

Thursday, 29 March 2018

Glimlag...

Ons almal glimlag in dieselfde taal...