Showing posts with label Poem. Show all posts
Showing posts with label Poem. Show all posts

Friday, 24 July 2026

Poem: Call unto HIM

It is no shame
to call on HIS NAME
when you hurt
when you are in pain
Call on HIS name
Call onto YHWH he is ever so near
to HIM you are precious oh so precious my dear
Call unto YHWH reach out to HIM
HE will lighten your burden
give you a new song to sing
He will strengthen your body your spirit and mind
In HIM alone peace you will find
just call out to YHWH the creator of all
HE will take your hand – pick you up when you fall.

~ André Dré Duvenage ~ © (12-10-2013)

Friday, 10 July 2026

Gedig: Korreltjie sand

Korreltjie korreltjie sand
klippie gerol in my hand
klippie gesteek in my sak
word korreltjie klein en plat

Sonnetjie groot in die blou
ek maak net ’n ogie van jou
blink in my korreltjie klippie
dit is genoeg vir die rukkie

Kindjie wat skreeu uit die skoot
niks in die wêreld is groot
stilletjies lag nou en praat
stilte in Doodloopstraat

Wêreldjie rond en aardblou
korreltjie maak ek van jou
huisie met deur en twee skrefies
tuintjie met blou madeliefies

Pyltjie geveer in verskiet
liefde verklein in die niet
Timmerman bou aan ’n kis
Ek maak my gereed vir die Niks

Korreltjie klein is my woord
korreltjie niks is my dood

* Ingrid Jonker (Korreltjie sand)

Friday, 3 July 2026

Gedig: Die Hantam

As ouderdom, wat alles breek, sy volmag oor my kry,
Dan gaan ek na die Hantam waar ek hoort
En dra demoedig wat ‘n mens van ouderdom moet ly,
Voordat hy aanklop by die hemelspoort.
Dit lyk vir my die Hantam is die vredevolste plek
Hieronder op die wêreld wat ons het
Hoe lank die somersdae daar hul warm goud sonskyn rek,
Hoe jubel daar die vinke in hul pret,
Hoe skitter daar die voorjaarsprag in kleure honderdtal,
Hoe verf die najaarberge met sy bruin,
En in die koue winterstyd hoe raas die waterval
En blink kapok op elke berg se kruin.
Die wilde bok wat voel sy krag verminder as hy stry
Soek rustyd in die skuiltes van sy soort.
As ouderdom, wat alles breek, ‘n houvas oor my kry,
Dan vlug ek na die Hantam waar ek hoort.

[C. Louis Leipoldt]

Friday, 26 June 2026

Gedig: Siembamba

Woorde: Tradisioneel en C.J. LANGENHOVEN: Vers 1, 2, 3, 4, 5
Musiek: S.A. Volkswysie; verwerk: H. PIETER VAN DER WESTHUIZEN, 1978

Siembamba, mama se kindjie,
Siembamba, mama se kindjie
--draai sy nek om, gooi hom in die sloot;
trap op sy kop dan is hy dood.

[C.J. Langenhoven]

Siembamba, Siembamba,
Mame se kindjie, Siembamba!
Vou maar jou handjies saam, my kind:
Hoor tog hoe huil die noordewind!
Hier in die kamp is alles stil,
Net maar die wind waai soos hy wil;
Net maar jy self kan kreun en steun:
Niemand sal hoor nie, niemand, seun!
Almal is besig! Oor die land
Drywe 'n wolk van die noordekant -
Swart soos die rook uit die skoorsteen puil,
Swart soos die nag, en nes roet so vuil:
Vou maar jou handjies dig tesame
Sluit maar jou ogies, en se ame!

Siembamba, Siembamba,
Mame se kindjie, Siembamba!
Jy, wat die hoop van ons nasie is;
Jy, wat ons volk so min kan mis;
Jy, wat moet opgroei tot 'n man;
Jy, wat moet plig doen, as jy kan:
Jy, wat geen deel aan die oorlog het;
Jy, wat moet sing uit pure pret -
Jy moet verkwyn in 'n kinderkamp,
Jy moet vir vrede word uitgestamp:
Vou maar jou handjies dig tesame,
Sluit maar jou ogies, en se ame!

Siembamba, Siembamba,
Mame se kindjie, Siembamba!
Kinkhoes en tering, sonder melk:
Bitter vir jou is die lewenskelk!
Daar is jou plek, by die graffies daar -
Twee in een kussie, 'n bruilofspaar!
Alles vir ons wat die oorlog hou -
Alles vir ons, en niks vir jou:
Jy het van ons jou plig geërwe -
Plig om as kind vir ons land te sterwe!
Al wat jy wen, is dat ons onthou:
Meer was die vryheid as kind of vrou!
Vou maar jou handjies dig tesame,
Sluit maar jou ogies, en se - ame!

[C. Louis Leipoldt [1880-1947]

[Klik HIER vir meer inligting.]

Friday, 19 June 2026

Gedig: Waterpas

Alles wat eers vas
en argumentloos regop in my was,
dit wat ek in ekwilibrium
skynbaar waterpas kon hou,
alles waaraan mens getrou
drome, gebede en gebeure meet,
het jy so ongeërg skuins kom stoot en nou
struikel planete en mane kosmies deurmekaar,
kompasse swaai versteur
sonder koers of rigting rond
en meer -
tyd maak nie meer sin nie,
daar is geen ouderdom aan ewigheid.

Ek dryf in die klein presisie van 'n lugborrel
heen en weer in 'n waterpas rond
en saans in drome wonder ek:
waar is hemel
waar is grond?

[Ilse van Staden: Watervlerk 2003]

Friday, 12 June 2026

Gedig: As kind al het jy in jou gemoed ...

[Kom maak 'n draai by die webwerf van dr. Jacques du Plessis en geniet die gedigte en verse wat ryk aan herinneringe is. Klik HIER en kuier sommer 'n hele naweek hier rond. Stuur gerus die adres vir jou kinders en kleinkinders oorsee.]

As kind al het jy in jou gemoed ...

beleggings gemaak
dat jou oudag oukei sal wees,
dat jy 'n lekker lang somer sal hê,
opgevolg deur 'n pragtige kleurryke en rustige herfs
gevolg deur 'n skielike winterryp
(want dis mos onvermydelik)
wat jou kwansuis kortstondig sou plattrek
en dan daai winterbries jou liggie doof.

Die oumanspad is soms 'n lang, lang winter
wat jou nie wil vergewe of laat gaan nie
of 'n herfs sonder blare, maar veldbrande
of 'n somer van sweet en droogte
of 'n lente sonder bloeisels en bye

ag, en sommigetjies sien nie eens die lente deur nie,
gekome en gegane sonder herinneringe; ontslape sade

"Luister, gee maar my kierie en pyne terug,
... kom, kom, laat ons aanstap."

Friday, 5 June 2026

Gedig: Winter

Nou lê die aarde nagtelang en week
in die donker stil genade van die reën,
en skemer huise en takke daeliks bleek
deur die wit mistigheid en suising heen.
Dis alles ryk en rustig van die swaar
geheime wasdom wat sy paaie vind
deur warm aarde na elke skeut en blaar,
en ver en naby alles duister bind
in vog en vrugbaarheid en groot verlange;
tot ons ’n helder middag skielik sien
die gras blink, en die jong graan teen die hange,
en weet dat alle rus die lewe dien:
hoe kon ek dink dat somer ryker is
as hierdie groei se stil geheimenis?

* N P van Wyk Louw

[Bron: HIER]

Friday, 29 May 2026

Gedig: Aaispaai

Ek vra vir Ma wat sy verstaan
onder die woordjie ewigheid.
Sy sê: daar is geen tyd,
maar alles gaan net aan en aan.

Dit moet dan iets beteken
soos 'n Royalbakpoeierblik
met prent op prent geteken:
jy kry net blik op blik op blik.

[DJ Opperman: Kuns-mis 1964] 

Klik gerus HIER vir inligting oor die digter.

Friday, 22 May 2026

Gedig: Sypaadjiemense

Sypaadjiemense Sypaadjiemense
Beweeg soos skimme in die straat verby
Sypaadjiemense Sypaadjiemense
Beweeg gesigloos voor my hart verby

ek wens ek kon ‘n kiekie-kyk
hoe jou wêreld diep daar binne lyk
‘n stukkie van jou drome leen
ek wonder wie jy is

ek wens ek kon die taal verstaan
waarin jy jou gedagtes baan
ek wens ek kon ‘n oomblikkie
jou lewenspaadjie deel

Sypaadjiemense Sypaadjiemense
Beweeg soos skimme in die straat verby
Sypaadjiemense Sypaadjiemense
Beweeg gesigloos voor my hart verby

miskien is dit dalk beter so
want as ons iets van almal weet
die hartseer dalk te swaar te veel
die liefde dalk te mooi

stap maar bymekaar verby
ek bly ek en jy bly jy
‘n enkelpaadjie iewers heen
ek wens ek kon verstaan

Sypaadjiemense Sypaadjiemense
Beweeg soos skimme in die straat verby
Sypaadjiemense Sypaadjiemense
Beweeg gesigloos voor my hart verby

Sypaadjiemense Sypaadjiemense
Beweeg soos skimme in die straat verby
Sypaadjiemense Sypaadjiemense

Nikita

[Bron HIER]

Friday, 15 May 2026

Gedig: Die inhoud van hulle huis

om die wêreld klein te kry, mak in miniatuur:
'n potplant as teken van woeste natuur
tyd deur 'n horlosie afgerond
'n geskoolde troeteldierhond
'n mat is 'n mandala in die portaal
op die rak 'n woordeboek van die inwonertaal
yskasmagnete wat soos ikone versier
'n waterkleurstorm hang teen die muur
verniste hout en skoongewaste ruite
raam vir hulle die wêreld daar buite

[Loftus Marais: Staan in die algemeen nader aan vensters 2008]

Thursday, 14 May 2026

Ascension Day by Malcolm Guite

We saw his light break through the cloud of glory
Whilst we were rooted still in time and place
As earth became a part of Heaven’s story
And heaven opened to his human face.
We saw him go and yet we were not parted
He took us with him to the heart of things
The heart that broke for all the broken-hearted
Is whole and Heaven-centred now, and sings,
Sings in the strength that rises out of weakness,
Sings through the clouds that veil him from our sight,
Whilst we our selves become his clouds of witness
And sing the waning darkness into light,
His light in us, and ours in him concealed,
Which all creation waits to see revealed .

Sunday, 10 May 2026

Moedersdaggedagtes van Jean Kyler McManus

'n Moeder ken jou werklik.
'n Moeder gee werklik om vir jou.
'n Moeder sal jou
in haar gedagtes
en in haar gebede onthou ...

'n Moeder het reg van die begin
jou altyd liefgehad.
En sy sal staan by jou
In woord en gebed en daad!

Ons wil aan elkeen van ons inwoners en ook ons lesers 'n geseënde Moedersdag toewens. Dankie vir al julle liefde, opofferings, trane, harde werk en deursettingsvermoë toe julle self moeg en oorlaai was. Dankie vir die spore wat julle in jul kinders se lewens, maar ook in ander se lewens gelaat het. En saam met Jean Kyler McManus wil ons dankie sê vir die ontelbare gebede wat ons op die regte pad gehou het en nog steeds hou. In vandag se deurmekaar wêreld moet ma's hulle gebede verdubbel, want dis hierdie knielwerk wat kinders op hul voete hou. Vreugdewense.

Friday, 8 May 2026

Gedig: Namibië

Soos ’n ryp vrug, reg om gepluk te word
wag hierdie land sy besoeker in.
Begeer hy om te onthul
skatte van eers, kosbaarhede van nou.

So ’n dorre land
almal deel saam, die hegte band.
Hy wil verras
met flenters van kameeldoringbas.

Hy wil oes
die verwering van roes.
Swart koue yster, so kul
boorlinge, so gul.

Verlate langs ’n sandroos
lê eens mens - nou net beendere, sielloos …
Geroeste skeepsgeraamtes
beur deur die sand,
geen oorlewing, daar gestrand
saam deel hul ’n laaste lêplek.

Tot duinsand hul eendag
heel bedek.

Namibië, land met kontras.
Hy lok jou uit, hy wil verras
inwoner en gas.
Pak sy mooi, sy roes en eensaamheid,
binne-in jou hart
se tas.

[Ina van Vuuren - bron]

Friday, 1 May 2026

Gedig: Die werkersdag-groet

Vir hulle wat vroeg opstaan,
en met 'n glimlag deur die dag gaan.
Vir hulle wat saai en oes,
en vir die samelewing sorg en oppas.
'n Groot dankie aan elke werker,
julle maak die lewe soveel sterker.
Geniet hierdie welverdiende rus,
mag julle dag met vreugde wees gekus.

Friday, 24 April 2026

Poem for Reflection: Met the Master Face to Face

I had walked life's way with an easy tread,
Had followed where comforts and pleasures led,
Until one day in a quiet place,
I met the Master face to face.

With station and rank and wealth for my goal,
Much thought for my body but none for my soul,
I had entered to win in life's mad race,
When I met the Master face to face.

I built my castles and reared them high,
Till their towers pierced the blue of the sky,
I had sworn to rule with an iron mace,
When I met the Master face to face.

I met Him and knew Him and blushed to see,
That His eyes full of sorrow were fixed on me;
As I faltered and fell at His feet that day,
My castles melted and vanished away.

Melted and vanished, and in their place,
Naught else could I see but the Master's face.
And I cried aloud, "Oh, make me meek,
To follow the steps of Thy wounded feet."

My thought is now for the souls of men,
I have lost my life to find it again,
E'er since one day in a quiet place,
I met the Master face to face.
by Lorrie Cline

Friday, 17 April 2026

Gedig: Leef jou lewe

Daar is lewe, daar is hoop
Moet nie jou siel aan twyfel uitverkoop
Daar is wysheid wat met jare kom
Moet nie jou lewe bind aan vrae en hoekom's

Leef jou lewe heeltemal leeg
Laat niks jou verhinder of jou laat bewe
Sorgeloos en vry, dis hoe dit hoort
Laat niks jou verhinder, lewe voort

Daar sal 'n dag kom wat genoeg genoeg sal wees
Waar jou roete dalk so anders, as nou sal wees
Leef net voluit, tyd sal leer
Daar kom goedheid en guns, weer 'n keer

[Anoniem]

Friday, 27 March 2026

Gedig: Vroegherfs

Die jaar word ryp in goue akkerblare,
in wingerd wat verbruin, en witter lug
wat daglank van die nuwe wind en klare
son deurspoel word; elke blom word vrug,
tot selfs die traagstes; en die eerste blare val
so stilweg in die rook-vaal bos en laan,
dat die takke van die lang populiere al
teen elke ligte môre witter staan.
O Heer, laat hierdie dae heilig word:
laat alles val wat pronk en sieraad was
of enkel jeug, en vér was van die pyn;
laat ryp word, Heer, laat U wind waai, laat stort
my waan, tot al die hoogheid eindelik vas
en nakend uit my teerder jeug verskyn.

[N.P. van Wyk Louw]

Klik HIER

Friday, 20 March 2026

Gedig: Die Vlakte ('n Uittreksel van die gedig)

Strofe 1
Ek slaap in die rus van die eeue gesus,
ongesien, ongehoord,
en dof en loom in my sonnedroom,
ongewek, ongestoord.
Tot die yl-bloue bande van die ver-verre rande
skuif my breedte uit,
wyd-kringend aan die puur al-omwelwend asuur,
wat my swyend omsluit.

Strofe 4
Soos ‘n vlokkie skuim uit die sfere se ruim
kom ‘n wolkie aangesweef,
maar hy groei in die blou tot ‘n stapelbou
van marmer wat krul en leef -
kolossaal monument op sy swart fondament,
waar die bliksem in brul en beef.
En o, met my is die windjies bly:
hul spring uit die stof orent
en wals en draai in dwarrelswaai
oor my vloer, van ent tot ent;
die gras skud hul wakker om same te jakker
tot hy opspring uit sy kooi
en soos mane en sterde van jaende perde
sy stingels golf en gooi.
Met dof-sware plof, soos koeëls in die stof,
kom die eerste druppels neer,
tot dit ruis alom so deur die gebrom
en gekraak van die donderweer.
Met kloue vooruit om te gryp en buit
jaag ‘n haelwolk langs verby,
soos ‘n perde-kommande wat dreun oor die lande
vertrap en gésel hy -
en sy lyke kleed sien ek ver en breed
in die awendson gesprei.

* Jan F. Celliers

[Ons kuier by die ouer digters, want dit is die gedigte wat vasgelê is in ons inwoners se geheue. Lees Die Vlakte proe-proe en kyk hoe beskryf dit die storm.]

Friday, 13 March 2026

Gedig: Vertrou op die Here

Vertrou op die Here
met al jou probleme.
Vertrou op die Vader
Hy help jou op die daad.

Dink nie aan môre
gee Hom al jou sorge.
Vertrou op die Here
gee Hom al jou probleme.

Jesus weet alles
gee Hom jou pak.
Vertrou op die Here
met al jou probleme.

Jesus maak dit beter
dis nie vergete.
Vertrou op die Here
met al jou probleme.

[Bron: Here, mag ek? Kosmos-gedigte Ina de Beer]

Friday, 6 March 2026

Gedig: In die Hoëveld

In die Hoëveld, waar dit oop is en die hemel wyd daarbo,
Waar kuddes waaigras huppel oor die veld,
Waar ’n mens nog vry kan asemhaal en aan ’n God kan glo,
Staan my huisie, wat ek moes verlaat vir geld.

En as ek in die gange van die myn hier sit en droom
Van die winde op die Hoëveld, ruim en vry,
Dan hoor ek die geklinkel van my spore, saal en toom,
Sawens as ek bees of skaap toe ry.

Op die Hoëveld, waar dit wyd is, waar jy baie ver kan sien,
(Die ylblou bring ’n knop dan in jou keel)
Staan my huisie nog en wag vir my, wag al ’n jaar of tien,
Waar die bokkies op die leigrafstene speel.

Maar as die tering kwaai word en ek hoor die laaste fluit,
Dan sweef ek na die Hoëveld op die wind
Ek soek dan in die maanlig al die mooiste plekkies uit
Waar ek kleiosse gemaak het as ’n kind.

* Toon van den Heever (1894-1956)