'n Moeder gee werklik om vir jou.
'n Moeder sal jou
in haar gedagtes
en in haar gebede onthou ...
'n Moeder het reg van die begin
jou altyd liefgehad.
En sy sal staan by jou
In woord en gebed en daad!
Ons wil aan elkeen van ons inwoners en ook ons lesers 'n geseënde Moedersdag toewens. Dankie vir al julle liefde, opofferings, trane, harde werk en deursettingsvermoë toe julle self moeg en oorlaai was. Dankie vir die spore wat julle in jul kinders se lewens, maar ook in ander se lewens gelaat het. En saam met Jean Kyler McManus wil ons dankie sê vir die ontelbare gebede wat ons op die regte pad gehou het en nog steeds hou. In vandag se deurmekaar wêreld moet ma's hulle gebede verdubbel, want dis hierdie knielwerk wat kinders op hul voete hou. Vreugdewense.

No comments:
Post a Comment