Kinderbeskermingsweek in Suid-Afrika vind plaas van 29 Mei tot 5 Junie 2026. Dit val onder die breër, maandlange viering van Kinderbeskermingsmaand. Vanjaar se nasionale veldtog se tema is:
"Werk saam om geweld teen kinders te beëindig."
Koop 'n groen strikkie en dra dit vir hierdie week by die werk of sommer net dorp toe en as iemand jou uitvra oor die groen strikkie, is dit die ideale geleentheid om oor kindermishandeling, boelie en beskerming te praat. Kontaknommer om van die strikkies te bekom:
053 831 2413
Moenie uitstel nie, kry sommer NOU jou groen strikkie!

No comments:
Post a Comment