Met jou menslike oog sal jy niks sien nie, net die Heilige Gees kan jou oë open en die heerlikheid en heerskappy van God aan jou uitwys.
Oral om jou is die heerlikheid van God; om jou is die mooiste en beste heerlikheid van God sigbaar.
God wil Homself vandag aan jou openbaar.
Soek God en vra na Hom en Hy sal aan jou openbaar gemaak word.
Terwyl die engele saam sing, bewe die drumpelposte van God se huis en rook vul sy huis.
Dankie, Here, vir u engele wat aan U lof toebring. Die engele ken God en besing sy glorie dag en nag en sal nooit ophou om God te verheerlik nie; selfs die deurposte bewe terwyl die roepers dit uitroep: "Heilig heilig is die Here van die leërskare." In aanskoue daarvan het Jesaja sy onreinheid gesien en besef dat hy verlore is. Maar God sal my aanraak en ek sal ook uitroep: Heilig, heilig, heilig is die Here van die leërskare. Amen.
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

No comments:
Post a Comment