Waar kry ek ’n finansiële beplanner?
* Vra jou vriende of hulle iemand reeds gebruik en kan aanbeveel.
* Indien jy nie daar geholpe raak nie, gaan na die webblad van die Instituut vir Finansiële Beplanning (FPI) by www.fpi.co.za.
* Dit word sterk aanbeveel dat jy net met ’n finansiële beplanner werk wat by die FPI geregistreer is.
* As jy iemand se naam het, kan jy na die Raad op Finansiële Dienste se webblad (www.fsb.co.za) gaan om te sien vir watter kategorieë van advies daardie persoon geregistreer is.
* Vertrou ook jou instink – as jy ongemaklik voel, vra vrae totdat jy gemaklik voel of loop weg. Die persoon met wie jy werk, moet vir jou alles op skrif gee en dit moet op so ’n manier verwoord wees dat jy presies weet waar jy staan en wat dit jou gaan kos. As jy nie gemaklik is oor die kostestruktuur of die deursigtigheid daarvan nie, is dit ’n rooi vlag.
* Die Pensioenkantoor beveel aan dat jy meer as een mening kry. Wees versigtig vir persone (“adviseurs”) wat vir jou sê: “Ek gaan na jou kyk, jy hoef oor niks bekommerd te wees nie, vertrou my, teken hier.”
* Goeie adviseurs met kundigheid en integriteit gee vir hul kliënte die volledige inligting, met ’n aanbeveling wat hy/sy dink die regte besluit is, sodat die kliënt die finale besluit neem.
* Daar is dus nie so iets soos “jy moet nou teken, anders gaan jy jou kans verbeur nie”. Onthou die goue reël: As iets te goed klink om waar te wees, is dit!

[Moenie jou geld in die water gooi nie!]

No comments:
Post a Comment