Friday, 15 May 2026

Boodskap uit 'n koevert: Die eerste keer

Die geloof dan is 'n vaste vertroue op die dintge wat ons hoop, 'n bewys van die dinge waat ons nie sien nie. Hebreërs 11:1  

Bid en doen
Twee dogtertjies het op pad skool toe hul tyd effens verspeel en was bang dat hulle laat sou kom.
"Kom ons kniel en bied dat ons betyds moet wees," sê die een toe.
"Nee, " sê die ander een, "kom ons hardloop terwyl ons bid."

Ons behoort nie net te bid nie, maar in die geloof ook tot handeling oor te gaan,
 wanneer dit vir ons duidelik is wat om te doen

Die eerste keer
Georg Müller, die man wat 'n weeshuis in die geloof gestig het en met kinders en al volkome van God vir hulle daaglikse lewensonderhoud afhanklik was, het by geleentheid gesê: "As die Here my hierdie keer teleurstel, sal dit die eerste keer wees."