Sunday 30 August 2020

Die 5 Solas

Luister HIER na die preek van vandag





















Die 5 solas
Enkele skrifgedeeltes
(luister na die preek vir nog gedeeltes)



1.
Sola Gratia
Hand. 15:11; Ef. 2:1-10; Rom. 3:23-24



2.
Solus Christus
Joh. 14:6; Hand. 4:12; 1 Joh. 2:22-23



3.
Sola Fide
1 Joh. 2:22-23; Hebr. 4:1-3; Hebr. 11:6;
1 Joh. 3:9-14



4.
Sola Scripture
1 Sam.15:23; Ps.119; Joh.17:17



5.
Soli Deo Gloria
Jes. 48:11; Ps. 115:1; Es. 20:9; Ps.46:11




Sondag: Covid-19-erediens

Ds. Ensie Enslin
Vandag het ons weer die voorreg om na ds. Ensie Enslin te luister. Hierdie oggenderediens bring hy ten spyte van die Covid-19-inperking. Raak rustig, terwyl jy deel in die diens.

Loflied: U is waardig om die Boek te neem
(Klik HIER om te luister)

Tema: Bybelsondag: Die 5 solas - met die klem op alleen.

Skrifgedeelte: 2 Tim. 3:1 - 4:8

Slotlied: Soos 'n man van die Woord (Klik HIER)

Dutoitspan-seënwense.

Kerkdiens 30 Augustus 2020 (Druk op die woord kerkdiens om die boodskap van ds. Enslin te aktiveer - dit maak oop in OneDrive: Klik dan op die driehoek.)

Thursday 27 August 2020

Psalms: oorsig

Klik HIER om 'n oorsig te kry van die Psalms

Gebed vir 'n goeie reënseisoen

Klik HIER om na vandag se gebed vir reën te luister.
Dankie, Alinda Somers wat hierdie gebed met ons deel.

Bankbesonderhede



Inspirasie: Hou jou vurk - die beste kom nog!

‘n Jong vrou wat met kanker gediagnoseer is, is aangeraai om haar “dinge in orde te kry” aangesien sy net drie maande oorgehad het. Sy laat kom toe haar predikant om haar wense met hom te bespreek. Sy het gesê watter liede sy gesing wou hê, watter teksvers hy vir sy preek moes gebruik, ens.

Alles is noukeurig neergeskryf, maar net toe die predikant wou loop, sê sy: “Daar is net nog een ding. Dis baie belangrik. Ek moet begrawe word met ‘n vurk in my regterhand.”

Die predikant het nie mooi geweet wat om te sê nie en toe sê die vrou: “Verbaas dit u?”

“Wel, ja” het die predikant geantwoord, “ek verstaan nie mooi nie.”

Die vrou sê toe haar ouma het altyd ‘n verhaal vertel wat sy gebruik het om mense te bemoedig. Sy is dikwels na sosiale geleenthede en na belangrike etes genooi. Wanneer die eetgerei van die tafels verwyder is, was daar gereeld iemand wat gesê het: “Hou jou vurk; die beste kom nog.” Dit was wonderlik!

“As ek daar in my kis met die vurk in my hand lê, moet die mense wonder en dan moet u vir hulle sê die beste kom nog.”

Trane het in die predikant se oë gekom, want hy het geweet die vrou het ‘n beter begrip van wat op haar wag as die meeste ander mense.

Dit het toe presies so gebeur. Almal het gewonder wat die vurk in haar hand doen.

In sy boodskap kon die predikant sy gesprek met die vrou en wat die vurk vir haar beteken het, met die aanwesiges deel en afgesluit met die woorde: “Hou jou vurk; die beste kom nog!”

Tuesday 25 August 2020

Gebed van dank

Klik HIER om na vandag se dankgebed te luister.
Dankie, Alinda Somers wat hierdie gebed met ons deel. 

Monday 24 August 2020

Sunday 23 August 2020

Sondag: Covid-19-erediens

Ds. Ensie Enslin
Vandag het ons weer die voorreg om na ds. Ensie Enslin te luister. Hierdie oggenderediens bring hy ten spyte van die Covid-19-inperking. Raak rustig, terwyl jy deel in die diens.

Tema: Wanneer niks meer sin maak nie

Skrifgedeelte: Romeine 8

Teksvers: Romeine 8:18; 26-28

Dutoitspan-seënwense.

Kerkdiens 23 Augustus 2020 (Druk op die woord kerkdiens om die boodskap van ds. Enslin te aktiveer - dit maak oop in OneDrive: Klik dan op die driehoek.)

Druppels Hoop: Kort Psalm-boodskappies

Klik gerus HIER indien jy een van die Psalms wil lees.

Sondag: Covid-19-erediens

Klik HIER om na die diens uit die hartjie van
die Karoo te luister. Dankie, Christelle Hattingh,
wat hierdie boodskap met Ons Huis-lesers deel. 

Ds. André Theron is 'n brugpredikant hier. Hy is
'n omgee-uitreik-predikant wat uithelp waar sy
dienste benodig word. Victoria-Wes is sy vierde
bruggemeente, vandat hy afgetree het.  

Miss Clara’s Prayer

You’ve done it again, Lord.
You’ve done it again.
You are good, and You are mighty,
and You are merciful! 
And You keep taking care of me
when I don’t deserve it.
Praise You, Jesus! You are Lord….
Raise up more that will call upon Your name.
Raise up those that love You, and seek You,
and trust You.
Raise ‘em up, Lord!
Raise ’em up!
Lord, we need a generation of believers
who are not ashamed of the gospel!
We need an army of believers, Lord,
that hate to be lukewarm, and will stand on
Your Word above all else!
Raise ’em up, Lord!
Raise ’em up!
I pray for unity among those that love You.
I pray that You open their eyes so that they can see Your truth, Lord.
I pray for Your hand of protection and guidance.
Raise up a generation, Lord, that will take light into this world;
that will not compromise when under pressure; that will not cower, Lord, when others fall away!
Raise ’em up, Lord, that they will proclaim that there is salvation in the name of Jesus Christ!
Raise up warriors, Lord, who will fight on their knees,
who will worship you with their whole hearts, Lord!
Lord, call us to battle, that we may proclaim King of Kings, and Lord of Lords!
I pray these things with all my heart.
Raise ’em up, Lord!
Raise ’em up!

Saturday 22 August 2020

Inspirasie: 'n Gunstige tyd vir John Wayne

Die ouer fliekvlooigarde sal vir John Wayne onthou. Hy was ʼn geliefde akteur en filmmaker in die dae van die Western flieks. Vir drie dekades was hy onder die top 10 “boxoffice draws” in Amerika.

Hy is in 1979 oorlede.

ʼn Storie wat drie weke voor sy dood gebeur het, het onlangs my pad gekruis ...

Robert Schuller was een van Amerika se bekendste Televisie-Evangeliste. Hy het in een van sy programme vertel van sy tienerdogter wat in ʼn motorfietsongeluk was en dat die dokters sê hulle sal haar een been moet afsit.

John Wayne het dit gehoor en stuur vir haar ʼn boodskap:

“Dear Cindy, sorry to hear of your accident. Hope you will be all fine soon”. John Wayne.

Sy het die boodskap gekry en dadelik vir hom ʼn boodskap geskryf:

“Liewe mnr. Wayne, ek het jou boodskap gekry. Dankie.
Ek hou baie van jou. Ek sal okey wees want Jesus sal my help.
Mnr. Wayne, ken jy vir Jesus? Ek hoop regtig dat jy Jesus ken.
Ek kan nie dink dat die hemel volmaak sal wees sonder John Wayne nie.
As jy nie vir Jesus ken nie, hoop ek dat jy nou jou hart vir Jesus sal gee.
Sien jou in die hemel.” Cindy.


Sy het die briefie in ‘n koevert gesit, toegeplak en voorop geskryf "John Wayne"

Op daardie oomblik kom iemand haar besoek. “Wat doen jy?” vra hy. “Ek het ‘n brief aan John 
Wayne geskryf, maar weet nie hoe om dit by hom te kry nie,” sê sy. “Toevallig sien ek hom vanaand by ‘n dinee,” sê hy. “Gee dit vir my, ek sal dit vir hom gee.”

Daar was twaalf vriende wat die aand saam om die dinee tafel gesit en gesels en skerts het.

Gelukkig voel die vriend die briefie in sy baadjiesak en sê: ”Haai Duke, (John se bynaam) ek was vandag by Schuller se dogter. Sy het vir jou ʼn briefie geskryf. Hier is dit!” 

Terwyl almal aangaan met hulle vrolike gesels, maak John die koevert oop en lees die brief. Hy het stil geword en begin huil.

Een van die vriende sien dit en vra verbaas: “Duke, wat makeer? Is daar fout?”

“Ek wil vir julle hierdie brief lees,” sê hy en lees dit. Hy begin weer te huil.

Hy wys na die vriend wat die brief gebring het en sê: “You go and tell that Little girl that right now,
in this restaurant, right here, John Wayne gives his heart to Jesus Christ and I will see her in heaven.”

Drie weke daarna is hy oorlede.

Dis ʼn merkaardige storie van begin tot die einde.

Wat vir my veral merkwaardig is, is dat die Here ʼn tiener gebruik het in Sy Koninkrykswerk.

Uit: Ds Chris Eramus ‘STORIES VAN HOOP’ Die Here gebruik tieners. Verw ACR

[Klik HIER vir nog inspirasiestories]

Navraag oor die "spookasemroos"

Klik HIER vir meer inligting
as jy die sade van Amerika
af wil bestel.
Waar kry 'n mens saad of plantjies van hierdie pragtige plant in Suid-Afrika? As enige iemand die antwoord op hierdie vraag het, deel dit asseblief met Ons Huis-lesers. 'n Google-soektog het so 3 webwerwe opgelewer waar 'n mens dit kan bestel en dan word dit na SA toe verskeep - 2 webwerwe het gesê dat hulle nie voorraad het van hierdie gewilde plant nie.

En dan kan jy HIER klik om na 'n baie kort video te kyk oor hoe maklik die plant in die regte omstandighede aard. Die plant is bekend as "Prairie Smoke" en dit is 'n inheemse plant van Suid-Amerika. Dit blyk dat die WA-boodskap wat voeër die rondte gedoen het, en wat ook op hierdie blog geplaas is, foutiewe inligting bevat. Ten spyte daarvan dat dit nie die "Roos van Saron" is nie, bly dit ongelooflik mooi. 


R 1039,00 vir 80 sade

Klik HIER om na een van die webwerwe te 
gaan waar dit bestel kan word.

















Klik op prent om leesbaarheid te verhoog.

Old Lives Matter

Click HERE to put a smile
on your face. 

Thursday 20 August 2020

Die Psalm-reeks ...

Ons is byna aan die einde van die Psalm-reeks!

Ja, die eerlike worsteling met die swaar en seer van die lewe word so intiem gedeel dat dit ‘n mens ‘intrek’ in die trauma van die Psalmis, want ons kan ook assosieer met dieselfde stryd in ons binneste.

Maar elke Psalm het ook ‘n ligstraaltjie!

Hier na die einde ervaar ons die hoogtepunt van die Psalms: lof, eer, dank, aanbidding, vrede en vreugde in God.

Die aangrypende: Die Almagtige Sterke ‘Gentle Giant’-God, buig neer om die fynste kleinste brose mens in sy krisis te help.

Mag die Psalms ‘n nuwe lied in jou hart opwek.


Die duiwel gebruik kraaie ...


Tuesday 18 August 2020

BOTTLES OF UBUNTU

Help us feed vulnerable children during COVID-19.
Your donation of soup ingredients will help a child to thrive.
Please contact your nearest ACVV office, CYCC or Drop-in Centre.

Help ons om kwesbare kinders tydens COVID-19 te voed.
'n Donasie van sopbestanddele sal 'n kind help floreer. 
Kontak asb. u naaste ACVV-kantoor, kinder- en jeugsorgsentrum of invalsentrum.

#BottlesOfUbuntu #BottelsUbuntu #YourChildIsMyChild #ChildProtection #BeskermKinders

Monday 17 August 2020

Sunday 16 August 2020

Geseënde Sondag ...

Dankie, Tommy, dat jy hierdie wense met
ons deel. 

Sondag: Covid-19-erediens

Ds. Ensie Enslin
Vandag het ons weer die voorreg om na ds. Ensie Enslin te luister. Hierdie oggenderediens bring hy ten spyte van die Covid-19-inperking. Raak rustig, terwyl jy deel in die diens.

Tema: Waarom moet die Woord van God in my leef?

Skrifgedeelte: Psalm 119:1-3; 55-57; 67-68; 71-74; 81; 103-105; 114; 130-133; 140-148; 161-162; 172-176

Teksvers: Psalm 119:57 en 105

Dutoitspan-seënwense.

Kerkdiens 16 Augustus 2020 (Druk op die woord kerkdiens om die boodskap van ds. Enslin te aktiveer - dit maak oop in OneDrive: Klik dan op die driehoek.)

Matteus 6:26


Saturday 15 August 2020

The famous Polish pianist


I am impressed by an incident that happened during Ignace Paderewski's career. The famous Polish pianist agreed to play a concert organized by two Stanford University students working their way through school. Paderewski's manager said they would have to guarantee the artist a fee of $2,000. The boys agreed and eventually the concert was held.

Though the two student promoters worked hard, they took in only $1,600. Discouraged, they told Paderewski of their efforts and handed him the  $1,600 with a note promising to pay him the balance of $400. But the  artist tore up the note and gave them back the $1,600. "Take your  expenses out of this," he said, "give yourselves each 10% of what's left for your work, and let me have the rest."
Years later, Paderewski was faced with feeding the people of his war-ravaged Poland. Amazingly, even before a request was made, thousands of tons of food were sent to Poland by the United States.

Paderewski later traveled to Paris to thank Herbert Hoover, who headed  up the US relief effort.

"That's all right, Mr. Paderewski," said Hoover,

"I knew that the need was great. And besides, though you may not  remember it, I was one of the two college students whom you generously helped when I was in need."

Paderewski reaped a harvest he had sown years before. And so it is. When we give, we receive. Maybe not exactly the thing we gave, and maybe not at the time it was given.

It is also true that when we give from our hearts, when we give in a  spirit of love and compassion, we receive even more than we gave. It's a  basic law of successful living. Powerful enough to change a life.

Read more inspirational stories HERE as well as HERE.

A badge of courage


Thursday 13 August 2020

The master plan-webinaar

Julle is welkom om nog tot môreaand (Vrydag) vir die Zoom Webinaar (Engels) in te skryf. Ds. TC du Toit stuur Saterdag die skakels. Die aanbieding is die nuutste verwerking van DiePLAN-werkswinkel o.l.v. Frans Hancke. As jy belangstel, stuur asb. dadelik 'n WhatsApp aan TC & vra om te registreer vir die webinaar: Ds TC du Toit - +267 72 879 653

Gelukkige mense ...


Dankbaarheid

Ds. Reyneke: "Dankbaarheid is een van die mooiste deugde van ‘n mens, terwyl ondankbaarheid so ‘n mens bitter geweldadig, ‘n monster-rebel maak ... Elke mens het soveel ‘stof’ tot dankbaarheid ...
Ek het jare gelede ‘n tannie in ‘n oueteheuis in Despatch gereeld besoek. 'Hoe gaan dit vandag met tannie?' Haar antwoord was byna woordeliks dieselfde: 'Dominee, ek kan nie my seëninge tel nie. Ek maak hulle bymekaar in groot bondeltjies, en dan tel ek hierdie bondeltjies, soos die liedjie ons leer - een vir een!'"

1 Peter 4:10


Wednesday 12 August 2020

Liedboek: lied 200 - U goedheid, Heer, kan ons nie peil nie

U goedheid, Heer, kan ons nie peil nie -
wie word daardeur nie diep getref!
Niks anders bring vir ons die heil nie -
ons wil ons hart tot U verhef.
Aan U alleen ons dank en ere -
U wat ons in U liefde lei.
U sal ons nooit vergeet nie, Here -
U wil ons in u waarheid lei.

U is die Heer wat ons gemaak het,
voor U kom ons, u skepsels staan;
U is die Heer wat steeds gewaak het,
deur wie ons gans en al bestaan.
U bring in ons gemoed die vrede,
U sterk ons gees met nuwe krag;
U gee u lig ook oor ons rede -
dis U van wie ons heil verwag.

Sou ek, o Heer, U nie vereer nie,
sou ek u goedheid nie verstaan?
Sou U my raad gee, ek nie leer nie,
die weg wat U my wys nie gaan?
Nee, Heer, U rig my wil en strewe;
u Woord bly my gedurig by.
Vul met u liefde ook my lewe
om my in alles U te wy.

Klik HIER om na lied 200 te luister.
Luister HIER na die Afrikaanse Christen Kerk (ACK), Christchurch, New Zealand.
Luister gerus na die vertolking van hierdie lied deur die Kwasizabantu Choir. Klik HIER.

Our grandchildren are priceless ...


Monday 10 August 2020

Psalm 107

Klik HIER om na Don Moen se Psalm 107
te luister. Gaan kyk ook na sy ander video's
 op YouTube.
Ds. Reyneke: "Vandag se skakel van Don Moen is besonders en vir elke mens wat iets van depressie beleef … wees tog net eerlik met jouself! Die lewe om jou smeer op jou gemoed af, whether you like it or not! Luister na Don Moen se He Knows My Name. Seënwense"

Be a rainbow ...


Sunday 9 August 2020

Sondag: Covid-19-erediens

Ds. Ensie Enslin
Vandag het ons weer die voorreg om na ds. Ensie Enslin te luister. Hierdie oggenderediens bring hy ten spyte van die Covid-19-inperking. Raak rustig, terwyl jy deel in die diens.

Tema: Wie weet miskien is dit juis met die oog op 'n tyd soos hierdie dat jy is waar jy is. Die Here God het jou geplaas daar waar jy 'n verskil kan maak.

Skrifgedeelte: Ester 3 en 4
Ester 7:5; 9-10

Dutoitspan-seënwense.

Kerkdiens 9 Augustus 2020 (Druk op die woord kerkdiens om die boodskap van ds. Enslin te aktiveer - dit maak oop in OneDrive: Klik dan op die driehoek.)

Blomme en voëlsang op Vrouedag


Dankie, Marguerite Pienaar, dat jy hierdie
besondere video met ons deel. Ons weet
almal dat die natuur die heel beste medisyne
vir die mens se gemoed is. Wanneer die 
kamermure druk, veral in hierdie Covid-tyd,
bring dit bring vrede in die kleine.

Geseënde Vrouedag


Saturday 8 August 2020

God voorsien in jou behoeftes ...


Dankie, Valerie Kilian, wat hierdie Covid-aktuele
video met ons deel. Kyk dit en deel dit met
mense wat voel dat hulle op hierdie tydstip in
hulle lewe die stryd alleen stry.
Wonderwerke gebeur vandag nog ...

Thursday 6 August 2020

In ligter luim ...

Dankie, Valerie Kilian, wat hierdie stukkie humor
in ons dag sit. Gaan maak 'n draai
HIER vir
nog 'n glimlag of twee.