Showing posts with label Danie. Show all posts
Showing posts with label Danie. Show all posts

Saturday, 15 November 2025

Saterdaglagmedisyne - Oom Willem en oom Danie


Twee senior burgers sit op die aftreeoord se stoep en ruil stories en kwinkslae uit. 

* Oom Danie besluit dat reëls op sy ou dag nie so lekker afgaan nie. Hy bel die eiendomsagent en reël 'n afspraak om na woonstelle te gaan kyk. Hy hou sommer dadelik van die eerste woonstel wat vir hom gewys is en die huur klink ook nie buitensporig nie. Iewers moet daar 'n kinkel in die kabel wees. Hy bevraagteken die klompie onnatuurlike vlekmerkies teen die plafon.
"O," sê die agent, "die vorige bewoner was 'n uitvinder wat met gevaarlike chemikalieë geëksperimenteer het."
Oom Danie: "Daardie vlekkies moet dan chemikalieë wees?"
Agent: "Nee, dit is die uitvinder."

* Toe Kimberley nog bioskope gehad het, is daar 'n opname gedoen oor die geweld wat daar deesdae in flieks is.  
Vraagsteller: "Oom, wat dink Oom van die geweld in die bioskope vandag?"
Oom Danie (dink so 'n bietjie): "Wel, ek sit gewoonlik heel aan die anderkant kant en dus let ek nie op wat die res van die fliekgangers doen nie ..."  

* Daar mos 'n begrafnis gehou word, maar daar was geen predikant te vinde nie, aangesien hulle almal by die sinode was. Die plaaslike afslaer word toe gevra om uit te help. Hy is heel gewillig om die diens waar te neem.
Hy begin toe ook: "Broers en susters, ons sal begin deur te sing van Psalm 146 vers 3. Wie sê vers 4? Wie sê 4? Wie sê 4?"

Saturday, 8 November 2025

Saterdaglagmedisyne - Oom Willem en oom Danie


Twee senior burgers sit op die aftreeoord se stoep en ruil stories en kwinkslae uit. 

* Oom Willem: "In my jongdae wou ek 'n meisie bietjie beïndruk met my skietvermoë. Ek vertel haar dat ek en 'n paar pêlle elke Saterdagoggend gaan voëls skiet het om ons oogkoördinasie te oefen."
Oom Danie: "Het julle regtig gaan skiet of was dit 'n opgemaakte storie?"
Oom Willem: "Wel, oordeel maar vir jouself. Ek vertel vir haar dat daar 'n ry eende langs die rivier sit en dat ek my geweer so geswaai het en 19 eende met een skoot geskiet het."
Oom Danie: "Moenie vir my sê sy het jou geglo nie."
Oom Willem: "Haar reaksie: 'Hoekom sê jy nie liewer maar 20 nie, Willem?'"
Oom Danie: "Daarmee stem ek volmondig saam."
Oom Willem: "Sal ek nou oor één eend lieg?"

* Oom Danie en oom Willem is lus vir 'n verandering van spyse en hulle besluit om te gaan uiteet.
Oom Danie: "En wat beteken dit? Daar is 'n vlieg in my sop!"
Kelner: "Ek weet nie. Ekl is 'n kelner - nie 'n fortuinverteller nie."

* 'n Ouerige bestuurder met 'n ewe ou Chev ry 'n klein mannetjie om en stamp hom 12 meter ver! Toe arresteer Kimberley se verkeerspolisie hom omdat hy die ongelukstoneel verlaat het. 

Saturday, 25 October 2025

Saterdaglagmedisyne - Oom Danie se doktersbesoek

Twee ou omies sit op die aftreeoord se stoep en ruil stories en kwinkslae uit.  

* Oom Danie: "Jy weet, hier in my middeljare het ek 'n bietjie gesondheidsprobleme gehad. Ek gaan toe dokter toe en sê vir hom dat ek probleme het met my asemhaling. Weet jy wat hy vir my sê?
Oom Willem: "Nee!"
Oom Danie: "Goed, ons sal 'n einde daaraan moet maak!"

* Oom Danie: "Ek verander toe van dokter vir 'n tweede opinie. En net om hom te toets, sê ek vir hom dat ek soos 'n elektriese draad voel."
Dokter se antwoord: "Hoe skokkend!!"

* Oom Danie: "Ek besluit toe dat die dokter my na 'n spesialis in Bloemfontein moet verwys. En ek vra dit toe ook. Daar aangekom, besluit ek dat ek eintlik soos 'n skaap opgetree het. En ek besluit toe ook om vir die dokter te sê dat ek nou soos 'n skaap voel."
Die spesialis se antwoord: "Dis slêêêêêg!!"

Saturday, 27 September 2025

Saterdaglagmedisyne - Oom Willem en oom Danie


* Twee ou omies sit op die aftreeoord se stoep en ruil stories en kwinkslae uit. Oom Willem het onlangs se ou motor verkoop. 
Oom Willem: "Jy weet, ou Danie, 'n ou motor is 'n ding wat sy eienaar in 'n goeie lopende toestand hou."

* Oom Danie: "Jy weet, my eerste vrou se ma het absoluut niks van my gehou nie. Tog het sy my toestemming gegee om met haar dogter te trou. Die huwelik het egter nie lank gehou nie." 
Oom Willem: "Hoekom het jy met haar dogter getrou as sy so 'n tiran was?"
Oom Danie: "Haar dogter was ongelooflik mooi, slim ... enige man se droomvrou. Na ons egskeiding het my gewese skoonma net een sin vir my uitgespoeg, voordat sy haar rug finaal op my gedraai het."
Oom Willem: "Kan jy nog onthou wat sy vir jou gesê het?
Oom Danie: "Natuurlik! Dit was heeeeerlik om vir 'n rukkie jou SKOONMA te kon wees!"
  
* Oom Danie: "Ek het op 'n stadium met 'n meisie uitgegaan wat een van 'n tweeling was."
Oom Willem: "Hoe het jy hulle uitmekaar geken?"
Oom Danie: "Maklik! Haar broer het 'n baard gehad!"