* Twee ou omies sit op die aftreeoord se stoep en ruil stories en kwinkslae uit. Oom Willem het onlangs se ou motor verkoop.
Oom Willem: "Jy weet, ou Danie, 'n ou motor is 'n ding wat sy eienaar in 'n goeie lopende toestand hou."
* Oom Danie: "Jy weet, my eerste vrou se ma het absoluut niks van my gehou nie. Tog het sy my toestemming gegee om met haar dogter te trou. Die huwelik het egter nie lank gehou nie."
Oom Willem: "Hoekom het jy met haar dogter getrou as sy so 'n tiran was?"
Oom Danie: "Haar dogter was ongelooflik mooi, slim ... enige man se droomvrou. Na ons egskeiding het my gewese skoonma net een sin vir my uitgespoeg, voordat sy haar rug finaal op my gedraai het."
Oom Willem: "Kan jy nog onthou wat sy vir jou gesê het?
Oom Danie: "Natuurlik! Dit was heeeeerlik om vir 'n rukkie jou SKOONMA te kon wees!"
* Oom Danie: "Ek het op 'n stadium met 'n meisie uitgegaan wat een van 'n tweeling was."
Oom Willem: "Hoe het jy hulle uitmekaar geken?"
Oom Danie: "Maklik! Haar broer het 'n baard gehad!"

No comments:
Post a Comment