wat nou hier lees, STYF VAS.
Ek het jou TRANE gesien, sê die HERE.
Ek ken jou HARTSEER en pyn.
Jou SMART en verlange.
Daar was die kere dat jy
jouself AAN DIE SLAAP gehuil het.
TRANE het jou kos geword.
Maar Ek GRYP IN, sê die HERE.
Ekself sal jou trane AFDROOG.
Jy sal weer deur My BLOMTUIN stap
en sing en dans van VREUGDE.
Jy sal weet dat EK jou nie
in jou KRISISUUR verlaat het nie.
Jou grootste KRISIS,
word jou grootste GETUIENIS.
Ek sal jou ook GEBRUIK
om ander te TROOS in hulle SMART.
Jy sal altyd onthou dat
Ek jou trane AFGEDROOG het.
Dat Ek jou ROUKLERE uitgetrek het
en vir jou FEESKLERE aangetrek het.
Jy ervaar My asemrowende TROOS
en liefde ook nou terwyl jy hier lees.
Dankie JESUS.
Amen
Hansie Smit

No comments:
Post a Comment