Monday, 8 September 2025

Vandag se internetgebed vir jou: My genade is vir jou genoeg

Dankie, liefdevolle Heer, dat ons kan weet dat ons altyd in u gedagtes en in u Vaderhart is. Dankie vir die wete dat U vir ons almal ewe lief het en dat nie één van ons belangriker is as die ander nie. Dankie, Vader, dat ons die SEKER wete kan hê dat U ons liefhet met 'n ongelooflike liefde. Dankie dat ons ook vir mekaar kan bid. Gaan vandag met élkeen wat hierdie gebed lees. Vou hulle toe met u liefde, sodat hulle u warmte kan voel in 'n wêreld wat dalk sy koue kant na hulle toe gedraai het. Gaan met elkeen wat siek, alleen of hartseer en in pyn verkeer, fisies of geestelik. Droog hulle trane af en troos hulle soos Ú alleen kan troos, omdat U ook hartseer en verwerping ken. In JESUS kosbare Naam bid ek dit. AMEN
 

My genade is vir jou genoeg.

My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.
[2 Kor. 12:9]

No comments:

Post a Comment