en na hom gegaan, sy wonde verbind en olie en wyn daarop gegooi. Hy het hom toe op sy eie pakdier gehelp en hom na ‘n herberg geneem en vir hom gesorg.
En toe hy die volgende môre weggaan, haal hy twee pennings uit en gee dit aan die eienaar van die herberg en sê vir hom: Sorg vir hom, en enige onkoste wat jy nog meer mag hê, sal ek jou betaal as ek terugkom. Lukas(10:33-35)
Die barmhartige Samaritaan het jammer gevoel vir hierdie man - sy gevoelens het positief gewerk en hy het daarvolgens gehandel. Kind van God , die Here het ons emosies gegee waarvolgens ons ook moet handel. Die regte dinge moet doen. Die barmhartige Samaritaan het gehandel volgens emosies. Hy het jammer gevoel. Jou emosies is ook God se instrument! Hy was in daardie oomblik 'n helper, 'n versorger, 'n herberg vir sy naaste. Kom ons elkeen leef Jesus se GESINDHEID uit en reageer op die barmhartigheid binne ons.
Here my God, skep in my 'n hart vol barmhartigheid! Help my om my naaste in nood raak te sien. Help my om positief te reageer op my gevoelens. In Jesus kosbare naam. Amen.
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]
No comments:
Post a Comment